{"id":6343,"date":"2009-10-29T07:27:38","date_gmt":"2009-10-29T07:27:38","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6343"},"modified":"2009-10-29T07:27:38","modified_gmt":"2009-10-29T07:27:38","slug":"curriebeker-n-ligblou-en-oranje-dekade","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6343","title":{"rendered":"Curriebeker: \u2018n Ligblou en Oranje dekade"},"content":{"rendered":"<p>Dit het met wit-en-blou strepies begin, maar die Curriebeker het hierdie afgelope dekade \u2018n besliste Ligblou en Oranje skynsel gehad, en daarmee aangedui dat die sentrum van voetbalmag in hierdie land Noord en Sentraal geskuif het. Nadat die soutwatertipes, die Haaie en die WP, die eerste twee Curriebekereindstryde van die dekade beding het, het die Boere van Bloemfontein en Pretoria, oorgeneem en die kompetisie algeheel oorheers. Van 2002 tot hierdie jaar was ten minste \u00f3f die Blou Bulle \u00f3f die Kolletjieskatte in elke eindstryd en het hulle sewe van die agt trofe\u00eb gewen. Die enigste uitsondering was die Haaie se gelukskootjie verlede jaar toe hulle Sir Don se Koppie van \u2018n lustelose Noord-Transvaal weerhou het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2002 het \u2018n herrysende Ligblouspan onder \u2018n uitgeslape en besielende Joost van der Westhuizen teen alle verwagtinge in \u2018n formidabele Leeuspan 37-7 geklop. Dit was die dag wat Loftus sy Liefling ontdek het in Derick Hougaard wat sy pad tot in die rekordboeke gedrop-geplace-en-gescore het. Hulle het hulle plek as die prim\u00eare voetbalkrag in Suid-Afrika gekonsolideer met Curriebekersukses in 2003. Dit wou voorkom asof dit die begin van n\u00f3g \u2018n Ligblou dinastie was, soos die Buurman van Zyl-era van die tagtigerjare. Maar onder die Vaalrivier was \u2018n ander mag besig om te versamel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die spelerkweekhuis van Suid-Afrika, die Vrystaat, het daarin geslaag om genoeg spelers uit die greep van die tjekboek te hou om \u2018n span te konstrueer. Dit was een van daardie spanne wat soos \u2018n familiesaak besigheid gedoen het. Hardebaardbroers soos Os du Randt en Naka Drotske het omgesien na kleuterboeties soos Philip Burger, Meyer Bosman en Michael Claassen. Swakplekke soos die lynstane en op losskakel is versterk, onderskeidelik met \u2018n onbesonge kragtoring in Corniel van Zyl en die onverstoorbare Willem de Waal.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vrystaat het hulle verskyning in die boonste geledere van Suid-Afrikaanse voetbal aangekondig met \u2018n skokoorwinning oor die Kaapse pronkperdjies op \u2018n nat Nuweland in 2004.. Tegnies gedril deur Peet Kleynhans en strategies geslyp deur die Von Clausewitz van rugby, Rassie Erasmus, het hulle die WP uitoorl\u00ea en uitgelewer aan die skopstewel van Willem \u201cdie Generaal\u201d de Waal. Die Noord-Transvalers het die stang vasgebyt om die eindstryd te wen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2005 het Erasmus sy skrumpet vir die afrigterskeps verruil en onmiddellik sy merk met onverwagse en soms uitspattige innoveringe gemaak. Onthou tog d\u00e1\u00e1rdie discoligte op die paviljoendakke! Naka Drotsk\u00e9 is bevorder tot kaptein. Anderkant die halfeindrondtes het di\u00e9 twee spanne mekaar w\u00e9\u00e9r ontmoet vir die laaste skermutseling van die seisoen. Die Noord-Transvalers was die volslae gunstelinge en het inderdaad hulle neuse tot reg voor die einde voor gehad, net om \u2018n les te leer wat hierdie seisoen oorbekend geraak het: As die Vrystaters binne trefafstand is, is hulle dodelik. Dit was \u2018n tikskoppie van Tewe du Bruyn wat Meyer Bosman opgevolg het. Dit het ewe skalks buite bereik van grypende Pretoriaanse hande gedobber en Bosman het dit op volle vaart ontmoet, dit onder die armholte geb\u00eare en deurgenael vir die wendrie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In 2006 het JP Nel en Philip Burger hulle venyn gewys en drie\u00eb uitgeruil. Die wedstryd was \u2018n soen-jou-suster met die eindtelling 28 elk. In 2007 het die Super 14-sukses die Bulle getap en die Vrystaters het vir eens as gunstelinge by die eindwedstryd opgedaag, di\u00e9 keer teen Transvaal. Die Leeus het die kleiner Katte geskud en het die wedstryd behoorlik opgesluit gehad voordat hulle die Noord-Transvaalse les verontagsaam het en noodlottig gekwes is deur die Cheetahs wat in die laaste paar minute onweerstaanbaar was en twee drie\u00eb gedruk het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Verlede jaar was dit weer die Blou Bulle wat die roete tot in die eindstryd gevolg het, waar hulle vir eens te tam was om \u2018n desperate Natal-span se aanslag af te weer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En so vir 2009, tussen die twee spanne van die dekade.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie gaan wen? Wel, hou Praag m\u00f4re dop, want d\u00e1n sit ek my kop op \u2018n blok.<\/p>\n<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/zdorov-e-i-ujut\/transport\/velosipedy\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0432\u0435\u043b\u043e\u0441\u0438\u043f\u0435\u0434<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/11\/08\/191249.html\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit het met wit-en-blou strepies begin, maar die Curriebeker het hierdie afgelope dekade \u2018n besliste Ligblou en Oranje skynsel gehad, en daarmee aangedui dat die sentrum van voetbalmag in hierdie land Noord en Sentraal geskuif het. Nadat die soutwatertipes, die Haaie en die WP, die eerste twee Curriebekereindstryde van die dekade beding het, het die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6343\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Curriebeker: \u2018n Ligblou en Oranje dekade&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[],"class_list":["post-6343","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6343","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6343"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6343\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6343"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6343"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6343"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}