{"id":6326,"date":"2009-10-28T07:08:41","date_gmt":"2009-10-28T07:08:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6326"},"modified":"2009-10-28T07:08:41","modified_gmt":"2009-10-28T07:08:41","slug":"regs-is-nie-n-vloekwoord-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6326","title":{"rendered":"Regs is nie &#8216;n vloekwoord nie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">In Suid-Afrika word die begrip van linkse of regse politiek in die laaste tyd anders gedefinieer as voorheen. Politiek word baie meer ekonomies bedryf. Vandag word na die linkses verwys as die sosialiste en die regses as die kapitaliste. Daar is afwagting in die land, nie om te sien of Suid-Afrika se politiek links gaan draai nie, maar om te sien hoe ver links die skuif gaan wees. Mnr Pravin Gordhan, minister van finansies, kondig vandag sy mediumtermyn bestedingsraamwerk aan. Alles dui daarop dat daar \u2018n groot skuif na links gaan plaasvind.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is absoluut die teenoorgestelde van wat tans in Europa aan die gang is in die politiek. Hier word links en regs nie meer volgens ekonomiese maatstawwe gedefinieer nie, maar tree etnisiteit en nasionalisme weer op die voorgrond. In Brittanje is die verregses besig om skielik baie veld te wen. Een van die grootste vyande van die Afrikaner sedert koningin Victoria, Kitchener en Rhodes, is Peter Hain.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie eers hy kon slaag in sy pogings om die Britse Nasionale Party, die verregse party van Brittanje, van die BBC se programme af te hou nie. Die Britse Nasionale Party se leier, Nick Griffin, het in \u2018n onderhoud met die BBC erken dat hy al \u2018n verhoog met die Ku Klux Klan gedeel het. Hy het ook al voorheen verkondig dat die Joodse slagting van die Tweede W\u00eareldoorlog heeltemal oordryf word. Peter Hain het dalk rede tot kommer, want met \u2018n onlangse peiling het 22% van alle Britte aangedui dat hulle dit oorweeg om vir die Britse Nasionale Party te stem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elders op die Europese vasteland is die tendens dieselfde. Die politieke golf word deur ekstremistiese regse partye gery. Sou daar nou \u2018n verkiesing in Nederland plaasvind, kan die openlik nasionalistiese party, Partij voor de Vrijheid, \u2018n meerderheid behaal. In Vlaandere is die regse Vlaams Belang, een van die sterkste partye. In die Skandinawiese lande, Denemarke, Noorwe\u00eb en Swede, was daar die afgelope tyd \u2018n kwaai ruk na regs. Al hierdie lande se regerende partye is slegs aan bewind omdat hulle in koalisie met regse en verregse partye is. Aanduidings is dat regse partye soos die konserwatiewe Hoeyre van Swede, met die volgende verkiesings die bewind sal oorneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In Itali\u00eb, Spanje, Portugal, Oostenryk, Switserland, Hongarye, Tsjeggi\u00eb en Pole kom min of meer soortgelyke situasies voor. Oral is regse koalisies en bondgenootskappe aan bewind. Nasionaliste, Konserwatiewes en selfs Fasciste.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die redes vir hierdie regse swaai kan eerstens toegeskryf word aan die bedreiging wat die toestroming van Moslems uit Noord-Afrika en Turkye vir die etniese en godsdienstige identiteit van Europe\u00ebrs inhou. Tweedens is daar ook die grys identiteit wat aan volke gegee word deur toenemende integrasie op alle vlakke van die samelewing, wat deur die Europese Unie teweeg gebring word. Etniese- en volksidentiteit is dus besig om in Europa sterk op die voorgrond te tree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Om as konserwatief, regs of verregs beskou te word, is dus allermins \u2018n skande. Dit wys eerder dat jy jou reg uitoefen, soos die mense in Europa, om \u2018n volkstrots te mag h\u00ea en jou polities te skaar, by die groep wat na jou en mense soos jy, se belange omsien.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/nasosnoe-oborudovanie\/bytovye-nasosy-dlya-doma-i-sada\/avtomaticheskie-stancii\">\u043d\u0430\u0441\u043e\u0441\u043d\u043e\u0439 \u0441\u0442\u0430\u043d\u0446\u0438\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/17.05.2017\/aktsiya_za_chiste_dovkillya_startovala_v_harkove_i_oblasti\">\u041b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In Suid-Afrika word die begrip van linkse of regse politiek in die laaste tyd anders gedefinieer as voorheen. Politiek word baie meer ekonomies bedryf. Vandag word na die linkses verwys as die sosialiste en die regses as die kapitaliste. Daar is afwagting in die land, nie om te sien of Suid-Afrika se politiek links gaan &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6326\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Regs is nie &#8216;n vloekwoord nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[7212],"class_list":["post-6326","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-regs-links-politiek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6326","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6326"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6326\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6326"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6326"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6326"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}