{"id":6304,"date":"2009-10-27T05:18:36","date_gmt":"2009-10-27T05:18:36","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6304"},"modified":"2009-10-27T05:18:36","modified_gmt":"2009-10-27T05:18:36","slug":"blanke-oudstryders-deur-sanw-afgejak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6304","title":{"rendered":"Blanke oudstryders deur SANW afgejak"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/10\/1sai.jpg\" border=\"0\" title=\"Oudstryders welkom - solank jy nie blank is nie\" \/>Oud-lede van \u2018n peloton wat met onderskeiding aan die Grensoorlog deelgeneem het, is toestemming geweier om hulde aan gevalle makkers in Bloemfontein te bring. 1 Suid-Afrikaanse Infanteriebattaljon in Tempe, Bloemfontein, het aanvanklik onderneem om \u2018n dinee vir die peloton tydens hulle 25-jarige re\u00fcnie aan te bied. Hierdie re\u00ebling is onverwags eensydig deur die SANW gekanselleer. Die peloton het wel Vrydagmiddag \u2018n welwillendheidsbesoek aan die eenheid gebring, maar is van die gronde verdryf toe hulle toestemming gevra het om na die Muur van Herinnering te gaan om veral die herinnering van hulle toenmalige pelotonsersant, Pierre Digue, te eer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens majoor John Meyer van 1 SAI, is die peloton se versoek om hulle dinee in die eenheid se klub\u00a0 te hou, deur generaalmajoor TM Nkabinde, van die Infanterieformasie in Pretoria gekanselleer. Hy s\u00ea die peloton het \u2018n uiters eerbiedige brief aan die eenheid gerig waarin hulle vra om die dinee daar te hou en selfs so ver gegaan het om hulle krygsdeskundigheid tot die eenheid se beskikking te stel. Generaalmajoor Nkabinde het ges\u00ea dat die peloton nie die regte kanale gevolg het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cNatuurlik\u00a0 het ons die regte kanale gevolg,\u201d het \u2018n ontstoke meneer Paul Stone, hoofaankoper van \u2018n nasionale sporttoerustingmaatskappy, ges\u00ea. \u201cOns het op die regte plek begin. Ons het die eenheid gekontak en twee van ons lede het selfs \u2018n afspraak gemaak en daarheen gery vir \u2018n vergadering. Waar wil die generaal h\u00ea moet ons begin?\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie twee lede is hoflik deur majoor Meyer en sammajoor van Helden ontvang en planne vir die dinee, waarvoor die peloton sou betaal, is gesmee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gort was behoorlik gaar toe die peloton eers ingelig is dat \u2018n staptoer deur die eenheid goedgekeur is en binne minute daarna meegedeel is dat die eenheidsbevelvoerder, luitenantkolonel Baker, hulle beveel het om die terrein te verlaat. Dit is veral toe hulle verbied is om die Muur van Herinnering met die naam van Sersant Digue daarop, te besoek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cAl hulde wat ek aan hom kon bring, was om die plaatjie met sy naam daarop in die HK met my duim skoon te vryf,\u201d het \u2018n bewo\u00eb meneer Charles Dunstan van Pretoria ges\u00ea. \u201cTwee van ons pelotonlede het gehelp om hom te begrawe, en nou word ons verbied om voor die Muur te vergader om sy herinnering te eer.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gustav Venter, Praag-rubriekskrywer en lid van die peloton, s\u00ea hy het geen twyfel oor wat die rede agter die weiering is nie: \u201cDis skreiende rassisme, niks anders nie. As dit \u2018n swart peloton was wat daar wou vergader, sou die generaal inskiklik gewees het. Maar ons is wit en hulle is bang vir ons. Ons het die vyand in 1984 onder die blaker geskop en dit ontsenu hulle.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die peloton, bekend as die Hoof van die Le\u00ebr se Peloton, het met welslae aan Operasie Askari in 1983 deelgeneem. Volgens die destydse Hoof van die Le\u00ebr, generaal Jannie Geldenhuys, het die Suid-Afrikaanse Weermag tydens di\u00e9 operasie verskeie lankgekoesterde gebooie van gemeganiseerde oorlogvoering herskryf, veral in die manier waarop die hoogs mobiele, maar relatief dun gepantserde Ratel-infanteriegevegsvoertuig, gebruik is om Russiese tenks te vernietig. \u201cVoor d\u00edt gebeur het,\u201d het generaal Geldenhuys ges\u00ea, \u201cwas dit \u2018n onbetwyfelde gebod dat slegs \u2018n tenk \u2018n ander tenk kan vernietig.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die peloton het besluit om die terrein vreedsaam te verlaat. \u201cEk het respek vir majoor Meyer en die manier waarop hy ons ontvang het, \u201c het mnr. Venter ges\u00ea. \u201cDit is die enigste rede hoekom ek ingestem het om die eenheid vreedsaam te verlaat. Maar ek was gereed om die plek af te breek. En moenie fout maak nie, met hierdie peloton agter my, selfs na 25 jaar, kon ons dit gedoen het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nkabinde is net nog \u2018n senior offisier wat sy rang aan vergeldingsaksie te danke het. Het hy \u2018n dag se behoorlike basiese of ander opleiding ontvang? Ek glo nie. As hy het sou hy die basiese beginsels van milit\u00eare hoflikheid verstaan het. Dis as gevolg van sulke arrogansie en onbeholpenheid dat die nuwe weermag so \u2018n patetiese grap is.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Venter en mnr. Stone het wel instruksies verontagsaam en in \u2018n paar oomblikke van stilte hulde aan hulle gevalle kameraad by die Muur van Herinnering gebring.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/10-podvesnye-lyustry\">\u043b\u044e\u0441\u0442\u0440\u044b \u043f\u043e\u0434\u0432\u0435\u0441\u043d\u044b\u0435 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u043d\u0435\u0442 \u043c\u0430\u0433\u0430\u0437\u0438\u043d<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0430<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oud-lede van \u2018n peloton wat met onderskeiding aan die Grensoorlog deelgeneem het, is toestemming geweier om hulde aan gevalle makkers in Bloemfontein te bring. 1 Suid-Afrikaanse Infanteriebattaljon in Tempe, Bloemfontein, het aanvanklik onderneem om \u2018n dinee vir die peloton tydens hulle 25-jarige re\u00fcnie aan te bied. Hierdie re\u00ebling is onverwags eensydig deur die SANW gekanselleer. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6303,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[7194,7195,7196,7199,171,21089,7198,7197,21108],"class_list":["post-6304","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-suider-afrika","tag-blanke-oudstryders-deur-sanw-afgejak","tag-generaal-jannie-geldenhuys","tag-generaal-tm-nkabinde","tag-grensoorlog","tag-gustav-venter","tag-nuus","tag-paul-stone","tag-pierre-digue","tag-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6304","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6304"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6304\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6303"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6304"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6304"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6304"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}