{"id":6298,"date":"2009-10-26T07:36:52","date_gmt":"2009-10-26T07:36:52","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6298"},"modified":"2009-10-26T07:36:52","modified_gmt":"2009-10-26T07:36:52","slug":"die-nuwe-rektor-versaak-akademie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6298","title":{"rendered":"Die nuwe rektor versaak akademie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Professor Jonathan Jansen, nuut aangestelde rektor van die Universiteit van die Vrystaat, het \u0149 stang in die bek gekry.  Dit was net \u0149 kwessie van tyd voordat Jansen se versoenende houding  jeens blankes, deur Cosatu en die Ministerie van Ho\u00ebr Onderwys ondersoek, gekritiseer en verdoem sou word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sy terugtrek van die aanklagte teen die sogenaamde \u201cReitz-vier\u201d se onskuldige video-opname, oor \u0149 dekades-lange tradisie van inlywing in \u0149 universiteitskoshuis, staan die politici nie aan nie. Daar sal tot op die laaste sent terugbetaal word vir die skynbare verdrukking en onmenslikhede van die verlede, hede en toekoms.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is juis hier, met Jansen se intrapslag as opperhoof van \u0149 akademiese instelling, waar hy sy grootste fout gemaak het. As akademikus moes hy hom eerstens toegespits het op die akademiese probleme van die Universiteit van die Vrystaat. Maar helaas het hy, soos in die geval van die baie aanstellings in ho\u00eb poste, waar ervaring nie noodwendig as kriterium gebruik word nie, in die versoeningslaggat getrap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Universiteit van die Vrystaat, of Kovsies, soos dit algemeen bekend staan, het een van die beste mediese fakulteite in die land gehad. Nie net wat die opleiding van dokters en spesialiste betref nie, maar ook waar dit gekom het by mediese navorsing. Hierdie fakulteit is tans gedegenereer tot die swakste in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die toekoms van die Universiteit van die Vrystaat se skool vir geneeskunde is in die gedrang weens onder meer \u2019n gebrek aan geldelike steun en belangstelling. Die kans is groot dat hierdie fakulteit dus gaan sluit. En dit, waar ons met die situasie in Suid-Afrika sit, waar slegs 0,58% dokters per 1000 mense opgelei word. In derdew\u00eareldse lande soos Mexiko en Brasili\u00eb word tans twee dokters per 1000 mense opgelei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens professor Andries Stulting, waarnemende hoof van die UV se skool vir geneeskunde, is daar is \u2019n algehele ineenstorting van mediese- en hospitaalstelsels in die Vrystaat. Daar  kan nie eens meer minder belangrike operasies gedoen word nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Pasi\u00ebnte met breuke en katarakte word nie meer geopereer nie. Mense word blind en kan dan nie hul werk doen nie. Stulting het ges\u00ea hulle het nie eens die mees basiese benodigdhede nie en tot agt pasi\u00ebnte word noodwendig in vierbed-sale geprop.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Elders in die land gaan dit beslis nie beter nie. By die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad moet ongevalle pasi\u00ebnte tot drie dae wag voordat daar  \u0149 bed beskikbaar is. Intussen moet hulle op stoele rondsit of op hospitaaltrollies op stoepe of in die gange l\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar word dus \u0149 swart prentjie geskep vir die toekoms van hospitale en mediese sorg in Suid-Afrika.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar gesonde babas wat sterf en mense wat totaal blind word omdat \u0149 eenvoudige katarak-operasie nie kan uitgevoer word nie, blyk nie vir mense soos Blade Nzimande en al die groot monde by Cosatu \u0149 prioriteit te wees nie. Hulle versprei eerder propaganda oor die onmenslike witman en verwoes die toekoms van vier blanke seuns wat seer sekerlik, n\u00e1 hulle studies, positief tot die land se toekoms sou kon bydra.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">demo games casino<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Professor Jonathan Jansen, nuut aangestelde rektor van die Universiteit van die Vrystaat, het \u0149 stang in die bek gekry. Dit was net \u0149 kwessie van tyd voordat Jansen se versoenende houding jeens blankes, deur Cosatu en die Ministerie van Ho\u00ebr Onderwys ondersoek, gekritiseer en verdoem sou word. Sy terugtrek van die aanklagte teen die sogenaamde &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6298\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die nuwe rektor versaak akademie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[4752,4975,7192],"class_list":["post-6298","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-jansen","tag-kovsies","tag-medies-ouvs"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6298","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6298"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6298\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6298"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6298"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6298"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}