{"id":6272,"date":"2009-10-25T05:54:09","date_gmt":"2009-10-25T05:54:09","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6272"},"modified":"2009-10-25T05:54:09","modified_gmt":"2009-10-25T05:54:09","slug":"transformasie-is-iets-wat-met-ander-mense-gebeur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6272","title":{"rendered":"Transformasie is iets wat met ander mense gebeur"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Ek is nie \u2018n groot aanhanger van die uiters vervelige spel, sokker, nie. Dit is vir my interessanter om 90 minute lank na \u2018n muur te staar as wat dit is om te kyk hoe 22 sissies die bal doelloos (dikwels letterlik en figuurlik) heen en weer skop, en dan op teatrale wyse neerval en krul van nagebootste pyn as iemand skeef vir hulle kyk. Dit is veral kommerwekkend om te sien met hoeveel geesdrif sommiges mekaar omhels wanneer daar wel \u2018n doel aangeteken word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten spyte daarvan dat Suid-Afrika loshande die rykste land op die kontinent is, en oor \u2018n poel van sowat vyftig miljoen sokkergeesdriftiges beskik, is die Azaniese sokkerspan se vertonings pateties, om die minste daarvan te s\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Alhoewel ek nie \u2018n sokkerkenner is nie, sou ek terloops nie verbaas wees as \u2018n span met Afrikanersokkerspelers gevul, die Piesang-Piesangs ore sou aansit nie. Sokker vereis nie brute krag nie maar goeie vaardighede en vinnige denke, wat verduidelik waarom Europese en Suid-Amerikaanse lande di\u00e9 spel oorheers, en waarom dit uitsonderlik is as \u2018n Afrikaspan die kwarteindrondte haal. As SAFA wel ernstig iewers wil kom met internasionale sokker, sou ek aanbeveel hulle gaan werf spelers by Affies of Grey-kollege.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe dit ook al sy, dit lyk ten tye van die skryf hiervan feitlik na \u2018n uitgemaakte saak dat die Brasiliaan, Carlos Parreira, vanmiddag om 14h00 aangewys gaan word as die jammerlike Banana-Bananas, jammer, Bafana\u2013Bafanas, se afrigter. Die perskonferensie vind op die lughawe plaas, kort n\u00e1 die landing van die vlug uit Sao Paolo.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat vir my wel baie interessant is oor Parreira se aanstelling, sou dit gebeur, was dat die laaste paar wedstryde met hom aan die stuur voor hy terug is Brasili\u00eb toe net so swak was soos di\u00e9 onder sy opvolger, nog \u2018n Brasiliaanse Portugees, Joel Santana. Nietemin was daar skynbaar nie eens \u2018n enkele swart afrigter wat die pos kon vul nie. SAFA het stellig drie maal na mekaar verkies om \u2018n buitelander aan te stel (Parreira, Santana en moontlik weer Parreira.) Clive Barker was die blanke afrigter wat aan die stuur was toe die Piesang-Piesangs wel effens suksesvol was. Waarom het SAFA so min vertroue in die swart afrigters? Waar is julle mooipraatjies oor rassistiese transformasie n\u00f3\u00fa, SAFA? Snaaks hoe die vooruitsig van \u2018n vernedering in 2010 veroorsaak dat die transformasieonderrok so lelik begin uithang.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Presies dieselfde verskynsel vind mens by die swart politieke elite. Wanneer dit lewensbelangrik is, soos dat die Piesang-Piesangs goed moet vertoon tydens die Sokkerw\u00eareldbeker, is net die beste goed genoeg. Dan vlieg alle praatjies oor die sogenaamde belangrikheid van rassistiese transformasie by die venster uit, en gaan dit suiwer om meriete, om die beste man vir die pos.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jacob Zuma is deur \u2018n blanke advokaat, Kemp J Kemp, verdedig. Die boodskap: wanneer dit oor Zuma se eie belang gaan, is transformasie van sekond\u00eare belang en vereis Zuma die beste, al is die beste blank.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Robert Mugabe kan blankes eenvoudig nie uitstaan nie, behalwe as Mugabe self siek is. Dan spring dit op \u2018n vliegtuig vir behandeling in die blanke Spanje. Weg is Mugabe se swart bewussyn. Ek verkwalik Mugabe nie hieroor nie. As iemand \u2018n breinoperasie op my moet uitvoer, sal ek verkies dat dit nie \u2018n dokter is wat toelating tot die mediese fakulteit <a href=\"http:\/\/www.news24.com\/Content\/SouthAfrica\/Politics\/1057\/7ffa708ca97b4fc999745f79a37eb998\/13-06-2008-11-35\/UCT_admission_policy_racist\">op grond van sy velkleur<\/a> en nie sy akademiese prestasie verkry het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Soos Julius Malema heeltemal korrek uitwys, weet die ANC-regime waar sy brood gebotter is. Ministers van finansies of die hoofde van die Ontvanger van Inkomste is kleurlinge of Indi\u00ebrs, want die ANC wil h\u00ea dat die plundery van die blanke belastingbetaler met die maksimum doeltreffendheid moet plaasvind, iets wat \u2018n Afrikaan skynbaar as hoof diskwalifiseer. Mens moet jou afvra waarvoor die ANC bang is, dat hulle SARS liefs aan \u2018n Indi\u00ebr toevertrou? Vrees hulle stellig dat \u2018n Afrikaan aan die hoof van SARS sy eie departement sal plunder nes <a href=\"http:\/\/moneymail.moneyweb.co.za\/mailstreams\/clickthrough?u=anton_barnard&amp;d=yahoo.co.uk&amp;miid=3333&amp;mid=3065&amp;l=5&amp;a=\">hierdie RA-aanstellings maak<\/a>?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wanneer dit in hul eie belang is, of dit nou met sokker, hofsake, hul eie gesondheid of hul geldsake is, is transformasie vir Afrika se elite iets wat met ander mense moet gebeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><strong><em>Lees Anton Barnard se woernaal, <\/em><a href=\"http:\/\/antonbarnard.praag.co.za\/\">SAmizdat<\/a>.<\/strong><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/products\/9-lyustry\">\u043b\u044e\u0441\u0442\u0440\u044b \u043e\u0442\u0435\u0447\u0435\u0441\u0442\u0432\u0435\u043d\u043d\u043e\u0433\u043e \u043f\u0440\u043e\u0438\u0437\u0432\u043e\u0434\u0441\u0442\u0432\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/atn.ua\/obshchestvo\/prokuratura-trebuet-zabrat-zemlyu-v-centre-harkova-u-nedobrosovestnogo-arendatora\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek is nie \u2018n groot aanhanger van die uiters vervelige spel, sokker, nie. Dit is vir my interessanter om 90 minute lank na \u2018n muur te staar as wat dit is om te kyk hoe 22 sissies die bal doelloos (dikwels letterlik en figuurlik) heen en weer skop, en dan op teatrale wyse neerval en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[7165,7166,6723,222,6034,21133,4835,7164],"class_list":["post-6272","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-bafana-bafana","tag-carlos-parreira","tag-jacob-zuma","tag-regstellende-aksie","tag-robert-mugabe","tag-c115-sokker","tag-transformasie","tag-transformasie-is-iets-wat-met-ander-mense-gebeur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6272","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6272"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6272\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6272"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6272"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6272"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}