{"id":6192,"date":"2009-10-18T06:37:12","date_gmt":"2009-10-18T06:37:12","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6192"},"modified":"2009-10-18T06:37:12","modified_gmt":"2009-10-18T06:37:12","slug":"zimbabwe-maak-gereed-vir-nuwe-choleravlaag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6192","title":{"rendered":"Zimbabwe maak gereed vir nuwe choleravlaag"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/10\/zim_cholerageval.jpg\" border=\"0\" title=\"Cholerageval in Zimbabwe\" \/>Werkers strompel deur stinkende modder in &#8216;n sloot waarin skoon drinkwater en rou riool syfer in een van Harare se buurte wat verlede jaar die ergste deur die cholera-epidemie getref is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die herstelwerk verteenwoordig &#8216;n wedloop om die stad se rioolstelsel te probeer herstel voor die re\u00ebnseisoen in November begin, wanneer gesondheidswerkers vrees dat die watergeleide siekte weereens kan uitbars.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die drie meter diep sloot loop deur Usuf Austin se inrypad en strek die lengte van sy blok, wat die gesin dwing om oor die gat te spring om in hul huis te kom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar hy is heel tevrede om die span werkers die stukkende pype te laat herstel wat verantwoordelik gehou word vir die epidemie wat meer as 4 200 mense doodgemaak het en byna 100 000 laat siek word het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die riool het daaglikse, 24 uur per dag, uitgelek&#8221; toe cholera vir die eerste keer in Augustus 2008 toegeslaan het, s\u00ea hy.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Die rioolwater meng met die re\u00ebnwater gedurende die re\u00ebnseisoen,&#8221; voeg hy by.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die epidemie het verlede jaar uitgebreek toe n\u00e1verkiesingsgeweld deur die land versprei het, wat die ekonomiese krisis weens die grondhervorming teen blanke boere van die outokratiese president Robert Mugabe, verder vererger het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die land se vervallende openbare infrastruktuur het die konstant oorlaaide rioolstelsels en watertekorte laat vererger.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het op sy beurt vrye teuels aan cholera gegee. Di\u00e9 siekte, wat diarree veroorsaak, is maklik voorkombaar met skoon water en behoorlike riolering, maar gedy in plekke sonder behoorlike higi\u00ebne.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die span werkers in Austin se straat is een van dosyne wat die strate rondom die Zimbabwiese hoofstad, waaronder groot dele van die middestad, opgrawe in &#8216;n poging om die ergste rioolprobleme uit te skakel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ironies genoeg word di\u00e9 herstelwerk deur blanke, Westerse skenkers gefinansier, diegene teen wie Mugabe gereeld as &#8220;die vervloekste wittes&#8221; uitvaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Straaltjies rou riool loop steeds langs die strate in werkersklasbuurte soos di\u00e9, maar met die koms van re\u00ebnbuie kan di\u00e9 stroompies maklik in strome verander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die swartes werk hard in die somerson van Zimbabwe, soos wat die groep met pikke en grawe die slote grawe, sonder enige beskermende handskoene of maskers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons moet na mense se huise gaan om vir handskoene en selfs grawe te vra,&#8221; s\u00ea Titus Sibanda, 35, die groep se voorman. &#8220;Al die mense op straat help ons.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zimbabwe het einde Julie vanjaar verklaar dat die cholera-epidemie be\u00ebindig is en slegs vyf gevalle is sedertdien aangemeld in &#8216;n plattelandse distrik waar periodieke voorvalle gereeld voorkom.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat verlede jaar anders was, was die episentrum van cholera in Harare waar die meeste slagoffers voorgekom het.<\/p>\n<h4 style=\"text-align: justify;\">&#8216;Harare gaan weer herstel&#8217;<\/h4>\n<p style=\"text-align: justify;\">Inwoners van die hoofstad was tot verlede jaar gewoond aan betroubare, skoon drinkwater weens die infrastruktuur wat in die tyd van blanke regering opgerig is en moes nog nooit maatre\u00ebls teen cholera neem nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar stukkende pype het veroorsaak dat rou riool in die watervoorraad ingelek het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hope vullis, wat elke dag meer word, is deesdae ook algemeen aan die buitewyke van die meeste arm buurte omdat die owerheid nie oor brandstof of voertuigonderdele beskik om vullisvragmotors op die pad te hou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Zimabwe se ekononiese ineenstorting verlede jaar het hospitale en klinieke sonder fondse vir basiese medisyne en voorrade gelaat, terwyl dokters en verpleegsters begin staak het omdat hulle lone nie meer betaal is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gevolg was die ergste cholera-epidemie in &#8216;n dekade wat enige plek ter w\u00eareld plaasgevind het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Reaksie het grotendeels van Westerse hulpagentskappe gekom, wat waterbehandelingstablette en medisyne ingevlieg het, asook choleranoodklinieke opgerig het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VN se Kinderfonds het gewaarsku dat &#8216;n nuwe uitbreking &#8220;byna onafwendbaar&#8221; is as die re\u00ebnseisoen in November begin, aangesien ses miljoen Zimbabwi\u00ebrs min of geen toegang tot veilige water en riolering het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ongelukkig glo ons dat cholera endemies aan Zimbabwe geword het,&#8221; het UNICEF se gesondheidshoof Mickey Chopra onlangs ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Daar was nie genoeg tyd om daardie infrastruktuur te herstel nie, dus maak ons gereed vir &#8216;n cholera-uitbreking tydens die re\u00ebnseisoen.&#8221; Maar Zimbabwe se gesondheidsminister Henry Madzorera het ges\u00ea Zimbabwe is vanjaar beter voorberei. Dokters en verpleegsters is weer op hul poste, dus werk die klinieke weer. Opvoedingsveldtogte het beklemtoon dat dit belangrik is om water te kook, jou hande te was en ander voorkomingsmaatre\u00ebls te tref.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;U sal in Harare opmerk dat daar baie opgrawings plaasvind. Die watertoevoer gaan verbeter,&#8221; het hy aan AFP ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Ons wil mense aanmoedig om higi\u00ebne toe te pas,&#8221; het hy ges\u00ea. &#8220;Maar die re\u00ebnseisoen is op pad, daar mag enkele probleme wees.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoewel al die pype wat herstel moet word nooit voor die re\u00ebn reggemaak sal word nie, beklemtoon die voorman in Highfields die belang daarvan dat die publiek moet sien dat daar gewerk word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Mense moet elke sien hoe ons werk,&#8221; s\u00ea Sibanda.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Harara gaan weer herstel.&#8221;<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">deposit 10<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/society\/2017\/10\/26\/190184.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Werkers strompel deur stinkende modder in &#8216;n sloot waarin skoon drinkwater en rou riool syfer in een van Harare se buurte wat verlede jaar die ergste deur die cholera-epidemie getref is. Die herstelwerk verteenwoordig &#8216;n wedloop om die stad se rioolstelsel te probeer herstel voor die re\u00ebnseisoen in November begin, wanneer gesondheidswerkers vrees dat die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6192\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zimbabwe maak gereed vir nuwe choleravlaag&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6191,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[3360,4946,7080,21089,4848,6034,21108,2251,7079],"class_list":["post-6192","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-suider-afrika","tag-cholera","tag-grondhervorming","tag-harare","tag-nuus","tag-riool","tag-robert-mugabe","tag-suider-afrika","tag-zimbabwe","tag-zimbabwe-maak-gereed-vir-nuwe-choleravlaag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6192","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6192"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6192\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6191"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6192"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6192"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6192"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}