{"id":6186,"date":"2009-10-18T04:25:23","date_gmt":"2009-10-18T04:25:23","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6186"},"modified":"2009-10-18T04:25:23","modified_gmt":"2009-10-18T04:25:23","slug":"wp-besin-oor-die-lewe-die-heelal-en-twee-punte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6186","title":{"rendered":"WP besin oor die lewe, die heelal en twee punte"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/10\/grant_peter20091017.jpg\" border=\"0\" title=\"Peter Grant, losskakel van WP, met die bal\" \/>Die WP het gister \u2018n voorsprong van een punt probeer verdedig en daarom met twee punte verloor. Dit is die droewige waarheid waaroor die Kapenaars vandag moet probeer kom. Met twaalf minute in die wedstryd voor, en loshande met een punt voor, met die Blou Bulle op kraal in hulle eie kwartgebied, het die WP opgehou om harde punte te probeer maak en het eerder die sagte opsies gekies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle sou goed gedien gewees het deur die bal te behou en op kort afstand aan te val, maar het eerder die Blou Bulle probeer terugskop in die kraal in. Dit pen die Blou Bulle mos vas waar hulle nie wil wees nie \u2013 in die onmiddellike omgewing van hulle doelgebied. Die swakheid met di\u00e9 plan was dat dit die Blou Bulle iets verskaf het wat hulle bo alles begeer het: Die bal. Hulle het uiteindelik uit die kraal gebars, die bal veldop gedra, \u2018n hoogvatstrafskop verwerf \u2013 en toe vat Morn\u00e9 Steyn die bal en beduie pale \u2013 53 meter van waar Mark Lawrence na die hemele gewys en sy fluitjie geblaas het \u2013 toe&#8230;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis nie asof die WP enige bevestiging van die Noord-Transvaalse losskakel se vernietigende vermo\u00ebns makeer het nie.\u00a0 Teen hierdie gevorderde stadium van die wedstryd \u2013 3 minute voor sluitingstyd \u2013 het hy reeds ses uit ses strafskoppe deur die pale geryg met al die o\u00ebnskynlike onge\u00ebrgdheid van \u2018n ou tannie wat \u2018n oorbekende patroon hekel.\u00a0 Hy het die skade vroeg reeds begin, ironies genoeg in die tyd wat Bakkies Botha \u2018n geelkaart uitgedien het. Die Blou Bulle se stadige gif het toe reeds die WP se lugwe\u00eb toegeknyp en Steyn het twee strafskoppe met sjirurgiese presiesheid aangeteken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis so al asof die vreesaanjaende Bakkies di\u00e9 keer maar buite perke moes gebly het, want na sy terugkeer het WP ritme van \u2018n aard gevind en veldaf uitgebreek. Daar is hulle ingewag deur die Noord-Transvalers se baldiewe, die blonde Viking Dewald Potgieter en die gespierde mol, Deon Stegmann. Die gestreepte aanslag is telkens teruggedryf en Steyn het die pale nog twee keer in die visier gekry en natuurlik raak geskiet. Maar die WP se nuwe Percy, Joe Pietersen, het self ses punte met strafskoppe teruggehark.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Albei spanne het met venyn aangeval en roekeloos verdedig. Vir die grootste deel van die wedstryd was dit die Blou Bulle wat die grootste bedreiging vir die doellyn ingehou het, maar hero\u00efese verdediging van die WP het hulle elke keer, soms binne die laaste sentimeters, gestuit. Die rustydtelling was 12-6 vir die Bloues.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na lang pouse het die balans van die wedstryd in die WP se guns begin kantel, en toe hulle \u2018n meevaller kry \u2013 \u2018n deurgeknikkerde bal wat deur Gio\u00a0 Aplon gejag en toegeval is \u2013 het \u2018n nuwe geloof hulle beetgepak en het hulle met geesdrif en flair aangeval en hulle neuse voorgekry. Die skuts het strafskoppe uitgeruil en, met twaalf minute oor, was die Kapenaars met daardie een reuse punt voor. Dis toe dat hulle besluit om\u00a0 dit te verdedig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit was \u2018n Nqalevuki wasgoedlynlak op Jaco Pretorius wat die koe\u00ebl in die Steyn-geweer gelaai het. <br \/>Die WP kon nie weer die bal terugwen nie en die Blou Bulle het die spel met \u2018n mate van selfversekering versmoor om met 21-19 te wen.\u00a0 Vandag, terwyl die Noord-Transvalers rustig begin beplan om die Cheetahs op Loftus te ontvang, kan die WP maar net tob hoe naby een punt is en hoe oneindig ver twee is.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/vodnye-i-naduvnye\/detskie-trubki-dlya-plavaniya\/\">\u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0435 \u0442\u0440\u0443\u0431\u043a\u0438 \u0434\u043b\u044f \u043f\u043b\u0430\u0432\u0430\u043d\u0438\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ua.today\/news\/press_reliz\/harkovskie_prokurory_napravili_v_sud_delo_o_trebovanii_krupnoj_vzyatki\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die WP het gister \u2018n voorsprong van een punt probeer verdedig en daarom met twee punte verloor. Dit is die droewige waarheid waaroor die Kapenaars vandag moet probeer kom. Met twaalf minute in die wedstryd voor, en loshande met een punt voor, met die Blou Bulle op kraal in hulle eie kwartgebied, het die WP &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6186\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;WP besin oor die lewe, die heelal en twee punte&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6185,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[4810,6244,7070,6910,21114,21101,6421,7069],"class_list":["post-6186","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c78-rugby","tag-blou-bulle","tag-blue-bulls","tag-die-heelal-en-twee-punte","tag-morne-steyn","tag-c78-rugby","tag-s25-sport","tag-wp","tag-wp-besin-oor-die-lewe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6186","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6186"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6186\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6185"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6186"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6186"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6186"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}