{"id":6184,"date":"2009-10-17T05:56:04","date_gmt":"2009-10-17T05:56:04","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6184"},"modified":"2009-10-17T05:56:04","modified_gmt":"2009-10-17T05:56:04","slug":"kop-op-die-blok-wp-se-seuns-nie-mans-genoeg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6184","title":{"rendered":"Kop op die Blok: WP se seuns nie mans genoeg"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/10\/botha_bakkies.gif\" border=\"0\" title=\"Bakkies Botha van die Blou Bulle\" \/>Geykte uitdrukkings vloei hierdie hele week uit die Kaap uit. Dis asof hulle \u2018n trommel vol stempels het, elkeen met \u2018n clich\u00e9 op, en wanneer die halfeindrondtetyd in die Curriebekerseisoen is, trek hulle dit nader.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tjap! Dis \u2018n uitklopwedstryd en enige iets kan gebeur.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tjap! Tuisvoordeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tjap! Die wedstryd vind tussen vier wit lyne plaas.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tjap! Die wedstryd word op gras en nie op papier nie gespeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat alles bewys dat die WP-rasiemasjien kan lees, so goed asof hulle in die Ou Suid-Afrika skool gegaan het. Wat hulle op papier raak lees, is dat dit nie is waar hulle die Bulle wil pak nie. Die Blou Bulle het \u2018n span, nie net vol sterre nie, maar gelaai met legendes soos Victor Matfield, Bakkies Botha, Pierre Spies, Fourie du Preez en Bryan Habana. En as Morn\u00e9 Steyn nog nie volwaardig legendaries is nie., het hy al die oormerke van een.\u00a0 Meer beduidend nog is dat hierdie nie legendes is wat \u2018n span uitmaak nie, maar eerder \u2018n span wat legendes maak.\u00a0 Dit word beklemtoon deur die geklingel van silwerware in hulle koffers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Groot tros van hierdie Blou Bulle het die kans op \u2018n unieke seisoensprestasie: \u2018n Volhuis trofe\u00eb. Steenkamp, Matfield, Botha, Spies, Rossouw, Du Preez, Steyn en Olivier het reeds triomfsirkels met die Super-14-\u00a0 en Drie Nasies-trofe\u00eb gedraf, en hulle het ook aandele in die William Webb Ellis-beker. \u2018n Curriebeker sal hulle&#8230; \u00fbhmm&#8230; bekers laat oorloop. Dit s\u00ea iets en die WP kan hulle clich\u00e9stempels byderhand hou. Want \u2013 tjap! \u2013 wen is \u2018n gewoonte, en die Blou Bulle \u2013 tjap! \u2013 weet hoe om trofe\u00eb te wen. Ervaring en Grootwedstrydtemperament kan nie gekoop word nie. Tjap!-tjap!-tjap!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Blou Bulle gaan wen want \u2013 tjap! \u2013 jy stuur nie kinders om grootmense se werk te doen nie. En die WP is in wese \u2018n span van kinders, in elk geval in vergelyking met die Bloubaarde van Pretoria. Die enigste onderdeel van hulle spel wat teen die Noord-Transvalers s\u2019n kan opweeg, is hulle voorry, en in \u2018n mindere mate hulle lostrio van Oeps Watson, Duane Vermeulen en die gehapte Francois Louw. Hulle vaste vyf is te lig, te groen en te intimideerbaar om huis te hou met Derick Ku\u00fcn, Gurthro Steenkamp, Matfield en veral Bakkies Botha.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Agterlangs is dit die kort wedstrydkerfstokkies wat gaan tel. Dit kan \u2018n interessante fantasie-oefening wees om te spekuleer hoe \u2018n WP op hulle beste teen \u2018n Noord-Transvaal op h\u00falle beste sal vaar. Die punt is egter juis dat die WP ni\u00e9 op hulle beste kan wees in die stroomversnellings van \u2018n uitklopwedstryd nie. Die gewig van besluite, die innerlike stukrag om planne uit te voer en die rekbaarheid van gemoed om terugslae te verwerk, sal ongetwyfeld ontbreek.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En gaan vra maar net vir die Crusaders, die Chiefs en die Haaie uit na die druk wat die Bulle op jou plaas in so \u2018n situasie. Dis die soort las wat kampioenspanne al geknak het. Die Blou Bul-matrys is die een waarnatoe Peter de Villiers oorgeskakel het na sy aanvanklike, euforiese waansin, en hierdie patroon is onweerstaanbaar uitgevoer deur hoofsaaklik Bul-personeel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons\u00a0 weet dit, en wat meer is, die WP se afrigterspan weet dit. En hulle weet ook dat hierdie druk hoofsaaklik streskrake gaan bring in die agterlyn van die Kapenaars. Derhalwe soek hulle dringend na stabiliteit in die verdedigingskanale. So desperaat is hulle dat hulle \u2018n onbeproefde penkopsenter, Paul Bosch, nadergehark het, bloot vanwe\u00eb sy reputasie as \u2018n goeie lakker.\u00a0 Wel, mag die boetman op sy stukke wees, want van hom word verwag om die beste lynbreker in Suid-Afrikaanse rugby, Wynand Olivier, op hok te hou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis bekend dat die WP baie erg is oor hulle tuisveld. Mag hulle ewe geheg wees aan hulle eie kwartgebied, want dit is presies waar hulle die grootste deel van hulle middag gaan deurbring. Dit laat die losbreekaanval as hulle vername offensiewe wapen. Maar daarvoor het hulle skielik steelbesit en \u2018n losgetorringde spel nodig. En waar gaan hulle d\u00edt teen die Blou Bulle kry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die WP het \u2018n onverwagse goeie seisoen beleef. Hulle het die halfeindrondte in die tweede plek op die punteleer gehaal. Uitmuntende prestasie. Nou moet hulle tevrede wees, want dit is die hoogtepunt van hulle seisoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Blou Bulle gaan wen met tien punte of meer. Ek sit my kop op die blok.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/spetsialnyy_instrument_dlya_remonta_gruzovogo_transporta\/\">\u0441\u043f\u0435\u0446\u0438\u0430\u043b\u044c\u043d\u044b\u0439 \u0438\u043d\u0441\u0442\u0440\u0443\u043c\u0435\u043d\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ipress.ua\/ru\/news\/prokurora_harkova_uvoleno_111840.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Geykte uitdrukkings vloei hierdie hele week uit die Kaap uit. Dis asof hulle \u2018n trommel vol stempels het, elkeen met \u2018n clich\u00e9 op, en wanneer die halfeindrondtetyd in die Curriebekerseisoen is, trek hulle dit nader. Tjap! Dis \u2018n uitklopwedstryd en enige iets kan gebeur. Tjap! Tuisvoordeel. Tjap! Die wedstryd vind tussen vier wit lyne plaas. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6184\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kop op die Blok: WP se seuns nie mans genoeg&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6183,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[6264,4810,6244,6248,7068,171,7065,7067,21114,21101,7066,6159,6421],"class_list":["post-6184","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c78-rugby","tag-bakkies-botha","tag-blou-bulle","tag-blue-bulls","tag-curriebeker","tag-fourie-du-preez-en-bryan-habana","tag-gustav-venter","tag-kop-op-die-blok-wp-se-seuns-nie-mans-genoeg","tag-pierre-spies","tag-c78-rugby","tag-s25-sport","tag-streeptruie","tag-victor-matfield","tag-wp"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6184","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6184"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6184\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6183"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6184"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6184"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6184"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}