{"id":6182,"date":"2009-10-17T05:49:50","date_gmt":"2009-10-17T05:49:50","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6182"},"modified":"2009-10-17T05:49:50","modified_gmt":"2009-10-17T05:49:50","slug":"kop-op-die-blok-haaie-het-cheetahs-se-nommer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6182","title":{"rendered":"Kop op die Blok: Haaie het Cheetahs se nommer"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Al Bernstein, die legendariese boksontleder, het die re\u00ebl geformuleer dat, maak nie saak hoe goed \u2018n bokser is nie, daar \u00eds iemand wat net weet hoe om hom te klop. Ter stawing wys hy na die ellende wat Muhammed Ali teen Ken Norton ondergaan het. Norton was nie die beste swaargewig van sy tyd nie \u2013 Ali was. Hy was nie eers die tweede of derde beste nie. George Foreman en Joe Frazier was. Beide van hulle het Norton behoorlik in die kryt gekasty.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar Norton het presies die regte styl, aggressie, liggaamsbou en taktiek gehad om vir Ali al sy dae te gee. Hulle het tweemaal teen mekaar deur die toue geklim. Norton het die eerste gewen en in die proses die beroemdste kakebeen in w\u00eareldboks afgeslaan. Ali het die tweede naelskraap gewen, en dit meer deur bloedige vasbyt as flambojante bokskuns. Dwarsdeur was Norton \u2018n raaisel wat Ali nie ontrafel kon kry nie. Hy het, om Bernstein te vertaal, Ali se nommer gehad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vrystaat is goed geposisioneer om m\u00f4re se wedstryd te wen. Nadat hulle uit die blokke gestruikel het aan die begin van die Curriebekerseisoen, het die Spikkelkatte deurgaans verbeter. En hou in gedagte dat hulle die Haaie se Super 14-planne vroe\u00ebr di\u00e9 jaar flenters gespeel het.\u00a0 Hulle het die tipiese Grey Kollege-flair om enige verdediging vanuit enige posisie op die veld verdwaas te laat. Hulle is \u2018n hegte, tipiese span, meer broers as kollegas, en al die onderdele van hulle spel klop net reg. Die voorpak is vol perdekrag, hulle het die w\u00eareld se voorste balkleptomaan in Heinrich Br\u00fcssouw en die prentjie word voltooi deur \u2018n flambojante agterlyn wat gestabiliseer word deur \u2018n ernstige losskakel.\u00a0 Maar hulle gaan verloor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die rede daarvoor, glo ek, is dat die Haaie hulle nommer het. As die Natallers \u2018n teenstaanderspan kon ontwerp, dink ek ons sou die Cheetahs uit hulle bloudrukke herken het. Die Haaie is \u2018n span aasdiere. Hulle wedstrydontwerp is om druk te gebruik om vyandelike flaters te veroorsaak en dan is dit asof iets in hulle invaar. Daar is waarskynliker nie \u2018n gevaarliker span op die teenaanval nie \u2013 n\u00earens in die w\u00eareld nie. Maar \u2018n teenaanval vereis \u2018n mislukte aanval. En dis net hier waar hulle die Vrystaat gaan opbel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Vrystaters, vir al hulle voortreflikheid op die aanval, vir al die eerlike werk wat hulle voorlangs insit, en vir al die stoerheid waarmee hulle verdedig, het \u2018n manier om uit sinchronisasie te spring. As daar nou een span is wat hulle linies op die aanval verloor, is dit die Vrystaat. Wat meer kan sulke roofvisse soos Keegan Daniel, Ruan Pienaar en Stefan Terblanche vra, om nie van die stroper Ryan Kankowski te praat nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Natallers sal die eerste tweederdes van die wedstryd punte uit alle oorde insamel. Daarna sal die tipiese Vrystaatse paniek inskop en sal hulle balbesit domineer en self goeie punte met skouspelagtige drie\u00eb maak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek sit my kop op die blok: Die Haaie wen \u2018n ho\u00ebpuntetellingstryd met tien punte of meer.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">casino gamed<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.criminal.org.ua\/2017\/02\/blog-post_65.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Al Bernstein, die legendariese boksontleder, het die re\u00ebl geformuleer dat, maak nie saak hoe goed \u2018n bokser is nie, daar \u00eds iemand wat net weet hoe om hom te klop. Ter stawing wys hy na die ellende wat Muhammed Ali teen Ken Norton ondergaan het. Norton was nie die beste swaargewig van sy tyd nie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6182\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kop op die Blok: Haaie het Cheetahs se nommer&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[6409,6248,5114,7064,21114,21101],"class_list":["post-6182","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby","tag-cheetahs","tag-curriebeker","tag-haaie","tag-kop-op-die-blok-haaie-het-cheetahs-se-nommer","tag-c78-rugby","tag-s25-sport"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6182","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6182"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6182\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6182"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6182"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6182"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}