{"id":6157,"date":"2009-10-15T07:58:57","date_gmt":"2009-10-15T07:58:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6157"},"modified":"2009-10-15T07:58:57","modified_gmt":"2009-10-15T07:58:57","slug":"rooi-oktober","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6157","title":{"rendered":"Rooi Oktober"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/10\/rooi.jpg\" border=\"0\" \/>Onder kommuniste, w\u00eareldwyd, is Oktobermaand van groot belang en waarde. Dit is gedurende Oktober dat die Bolsjevistiese rewolusie, wat reeds in Februarie 1917 begin is, \u2018n hoogtepunt bereik het met die finale omverwerping van die Russiese regering in Petrograd, ook genoem St. Petersburg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Februarie rewolusie het sy ontstaan gehad teen die agtergrond van \u2018n verhongerde Russiese gepeupel. Daar was erge brandstoftekorte en die Russiese weermag is beskuldig van vrotsigheid en onbekwaamheid. Rusland was teen 1917 deel van die geallieerde magte, wat in die eerste w\u00eareldoorlog saamgesnoer was teen Duitsland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Romanofs, met tsaar Nicholas die tweede as patriarg, word onttroon en uitgemoor. \u2018n Voorlopige regering word saamgestel onder prins Georgi Lwof. Hy word egter vinnig opgevolg deur Alexander Kerensky. Hierdie regering het baie min ondersteuning gehad omdat baie troepe, kommunikasiekanale en Rusland se vervoerstelsel, steeds in die hande was van \u2018n klein groepie werkers en gepeupel in Petrograd. Hierdie groepie het bekend gestaan as die Petrograd Sowjet, of dan die St. Petersburg Raad. Hulle het ontstaan na die mislukte rewolusie van 1905. Hulle leier was Wladimir Lenin, met sy regterhand-man Leon Trotski.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Geheime vergaderings is amper elke nag van Oktobermaand deur die Bolsjewiste gehou. Vermommings soos pruike en vals baarde word deur al die leiers op hierdie vergaderings gedra. Die tussentydse regering vermoed niks nie. Op die nag van 25 en 26 Oktober word die parlement\u00eare geboue en die Winterpaleis deur die Bolsjewistiese werkers oorgeneem. Slegs sowat 25 skote word geskiet waarvan net 2 die paleis tref. Die oorlogskip, die Aurora, wat in die Nevarivier op anker l\u00ea, skiet \u2018n paar skote met loskruitpatrone.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al die ministers van die tussentydse regering word gedwe\u00eb gearresteer. Die volgende dag neem werkers beheer van alle fabrieke in alle groot stede. Banke word onmiddellik genasionaliseer en die Bolsjewiste met Lenin as leier verklaar hulself die regeerders van die nuwe Unie van Sosialistiese Sowjet Republieke. En die res is geskiedenis.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ons weet teen die tyd dat kommunisme nie geslaagd was nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die w\u00eareld deur het ons gesien dat die stelsel nie werklik oor die welsyn van die mense gaan nie, maar wel oor die mag en selfverryking van die staat en sy leiers. Kapitalisme en die Vryemark het ook hul probleme, maar is baie meer deursigte stelsels, waarin die hardwerkende en skeppende landsburger wel \u2018n s\u00ea het in sy eie welstand en welvaart. Selfs Rooi-Sjina het al so verander dat die land deur sommiges nie meer beskou word as waarlik kommunisties nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oral verander dit, behalwe in Suid-Afrika. Dit het sluimerende kommunisme in Rusland slegs 12 jaar, vanaf 1905 tot 1917, geneem, om die bewind oor te neem en alles te nasionaliseer. Die uitgebreide Rooi Oktober-vierings wat deur die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party gere\u00ebl word, maak dit duidelik dat kommunisme as ideaal beslis nie dood is nie. Is die ANC nie dalk maar ook net \u2018n tussentydse regering waarbinne die kommunis veilig l\u00ea en skuil voordat hy, sonder dat daar enige skote klap, die land probeer oorneem nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">best online casino no deposit bonus codes<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Onder kommuniste, w\u00eareldwyd, is Oktobermaand van groot belang en waarde. Dit is gedurende Oktober dat die Bolsjevistiese rewolusie, wat reeds in Februarie 1917 begin is, \u2018n hoogtepunt bereik het met die finale omverwerping van die Russiese regering in Petrograd, ook genoem St. Petersburg. Die Februarie rewolusie het sy ontstaan gehad teen die agtergrond van \u2018n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6157\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Rooi Oktober&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6156,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-6157","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6157","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6157"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6157\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6156"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6157"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6157"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6157"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}