{"id":6124,"date":"2009-10-11T08:36:05","date_gmt":"2009-10-11T08:36:05","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6124"},"modified":"2009-10-11T08:36:05","modified_gmt":"2009-10-11T08:36:05","slug":"hein-willemse-se-voorspraak-vir-kreolisering","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6124","title":{"rendered":"Hein Willemse se voorspraak vir kreolisering"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/10\/goosen_danie.jpg\" border=\"0\" title=\"Prof. Danie Goosen\" \/>Afrikaners word nou reeds vir \u2019n geruime tyd deur \u2019n klein groepie bruin woordvoerders aan \u2019n politiek van beskimping, swartsmeer en belediging onderwerp. Alhoewel hierdie groepie nie naastenby verteenwoordigend van bruin Afrikaanssprekendes is nie, gee hulle politiek van beskimping aanleiding tot diepe vorme van wantroue. Daarmee word Afrikaanssprekendes gekniehalter om rondom dwingend noodsaaklike kwessies \u2013 soos die voortbestaan van ons moedertaal \u2013 op \u2019n sinvolle wyse saam te werk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In die hart van hierdie politiek van beskimping staan die idee van &#8220;identiteit&#8221;. En hoe dodelik voorspelbaar het die argumente nou nie reeds geword nie! Elke aanspraak wat Afrikaners (hoe genuanseerd ook al) op \u2019n eie identiteit maak, word sonder uitsondering as &#8220;rassisties&#8221;, &#8220;etnosentries&#8221; en &#8220;angs vir die onbekende&#8221; afgemaak. As dit nie so skadelik vir onderlinge verhoudinge was nie kon \u2019n mens dit soos met Chuene se leuenagtige gebruik van die woord &#8220;rassisme&#8221; as absurd afgelag het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die jongste <a href=\"http:\/\/www.litnet.co.za\/cgi-bin\/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&amp;cause_id=1270&amp;news_id=75356&amp;cat_id=164\">voorbeeld<\/a> hiervan kom van Hein Willemse, wat op die onlangse <em>Roots-<\/em>konferensie aan die Universiteit van Wes-Kaapland slegs met die grootste moeite sy ressentiment en afsku jeens Afrikaners se aanspraak op \u2019n eie identiteit in bedwang kon bring. Volgens Willemse word diegene (bedoel: Afrikaners) wat hulle op die \u201csaak van \u2018die minderheid\u2019, \u2018taalregte\u2019 en \u2018ons eie\u2019 stel\u201d deur niks minder nie as deur \u201cvrees en angste vir die onbekende oorheers&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten grondslag van Willemse se argument l\u00ea \u2019n erg simplistiese beeld op die geskiedenis. Daarvolgens moet die geskiedenis as \u2019n soort reglynige proses verstaan word. Aan die begin van sy geskiedenis heers daar \u2019n angsvallige, vreesagtige en daarom ook patologiese gryp na \u2019n eie identiteit. Aan die einde van hierdie proses sal ons almal egter uit die kloue van laasgenoemde bevry word. Wanneer dit gebeur, sal ons ons ware menslikheid ontdek. Die feit dat hierdie droombeeld op die geskiedenis nie met die geskiedenis self strook nie, is klaarblyklik nie iets wat Willemse tot enige vorm van nadenke stem nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die geskiedenis lyk inderdaad anders as wat Willemse wil voorgee. Jerry Z. Muller skryf daarom ook in \u2019n onlangse uitgawe van die gesaghebbende <em>Foreign Affairs<\/em> dat identiteitspolitiek as die mees dominante politieke verskynsel van die 20ste en 21ste eeu beskou moet word. In weerwil van Willemse se beeld op die geskiedenis word ons tyd eenvoudig gekenmerk deur die een na die ander kultuurgemeenskap wat op die erkenning van hul eie identiteite aanspraak maak. Is dit slegs Afrikaners wat te midde van honderde ander kultuurgemeenskappe nie op sodanige erkenning mag aanspraak maak nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ingevolge sy eie vertrekpunte sou Willemse slegs vir Muller gelyk kon gee as hy tegelyk sou aanvaar dat die tydperk waarna laasgenoemde verwys juis vanwe\u00eb sy identiteitspolitiek as &#8220;patologies&#8221; afgemaak moet word. Maar dit is tog gewoon absurd. Genoemde tydperk mag om verskeie redes as patologies beskryf word, maar geen regdenkende mens kan dit sonder meer aan sy identiteitspolitiek toeskryf nie. Inteendeel, daar kan met reg aangevoer word dat die identiteitspolitiek van hierdie tyd in vele opsigte juis \u2019n bolwerk teen sy moontlike patologie\u00eb (soos sy totalit\u00eare bewinde, sy eenvormige massas, sy sosiale ontbinding, ensovoorts) vorm.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Willemse laat hom egter nie deur hierdie soort argumente van stryk bring nie. Inteendeel, volgens hom bestaan daar op grond van sy droombeeld op die geskiedenis ten minste twee redes waarom Afrikaners se dae as \u2019n identifiseerbare gemeenskap getel is (\u2019n feit waaroor hy skaars sy opgewondenheid kan verberg):<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eerstens, vanwe\u00eb demografiese faktore (\u201cgeboorte, dood en migrasie\u201d) sal die rol en invloed van Afrikaners \u201cmet verdrag minder word&#8221;. Die Afrikaners se demografiese verdwyning sal volgens Willemse gepaard gaan met die verdwyning van di\u00e9 soort Afrikaans wat Afrikaners vroe\u00ebr as nastrewenswaardig beskou het, naamlik goeie Standaardafrikaans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tweedens, vanwe\u00eb die \u201conomkeerbare\u201d aard van die geskiedenis stuur ons in Suid-Afrika onvermydelik op \u201ckreolisering\u201d af, dit wil s\u00ea op \u2019n toestand waarin die veelheid van tale en kulture uiteindelik hulle gewaande puurheid sal afskud en in \u2019n soort Suid-Afrikaanse weergawe van die &#8220;melting pot&#8221;-ideaal deurmekaar geklits sal word. Dit is \u2019n toestand waarin ons einde ten laaste van die \u201cbehoudende dwang van vorme van eng nasionalisme\u201d wat die stiksienige Afrikaners op almal afgedwing het, bevry sal wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ten minste die volgende kritiese notas moet aan die adres van Willemse en sy Afrikaner-vyandige geesgenote gerig word:<\/p>\n<ol>\n<li style=\"text-align: justify;\">Willemse se beeld op die geskiedenis is so oud soos die moderne w\u00eareld self. Vanaf die vroe\u00eb modernisme is die geskiedenis voorgestel as \u2019n reglynige beweging uit die primitiewe sug na identiteit na groter vorme van rasionaliteit en bevryding. Willemse sluit hierby aan, maar met die een verskil: Anders as in die modernisme is dit nie die rede van die verligte mens wat ons van die primitiewe verlede sal bevry nie, maar eerder die toestand van kreolisering. Die geskiedenis weerspreek egter beide moderne beelde op die geskiedenis, dit wil s\u00ea sowel die rasionele as die kreoolse opvatting daarvan. Anders as wat die modernisme en sy kreoolse napraters verwag het, gaan die toenemende rasionalisering van ons w\u00eareld juis met \u2019n groter aandrang op \u2019n eie identiteit gepaard! Dit is \u2019n ironie wat Willemse volledig ontgaan.<\/li>\n<li style=\"text-align: justify;\">Willemse se toestand van kreolisering verteenwoordig nie bevryding nie, maar ten diepste \u2019n totalit\u00eare benadering jeens verskille. In naam van sy idee van veelheid (kreolisering) word juis \u2019n verstikkende eenheid op almal afgedwing. Dit is \u2019n eenheid waarin daar geen ruimte vir die kultuurgemeenskappe gelaat word om hulself te bevestig of maar net gewoon te wees nie. &#8220;Kreolisering&#8221; word nou \u2019n hoogste plig. Enigeen wat nie aan sy eise voldoen nie, sal met die dodelike oordeel van &#8220;rassis&#8221; en &#8220;etnosentris&#8221; getref word.<\/li>\n<li style=\"text-align: justify;\">Willemse en sy geesgenote lewer deurgaans \u2019n apologie vir \u2019n sogenaamde \u201coper, ruimer\u201d Afrikaans. Hierdie apologie het egter niks met werklike openheid uit te waai nie. \u2019n Oop en skeppende Afrikaans kan slegs binne die ruimte van omskrewe grense bestaan, net soos wat \u2019n skaakspel slegs binne die ruimte van bepaalde re\u00ebls gespeel kan word. (Of \u2019n Mozart-simfonie slegs binne die \u2013 buigbare \u2013 beperkinge van die musikale re\u00ebls geskryf en opgevoer kan word). Willemse se kreoolse voorspraak beteken nie groter openheid nie, maar eerder die opheffing van Afrikaans. <\/li>\n<li style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/10\/rubbersteweldansers.jpg\" border=\"0\" title=\"Rubbersteweldansers by 'Roots': verval in banaliteit of Afrikaanse kultuur?\" \/>Willemse se pleidooi vir kreolisering gaan gepaard met \u2019n protes teen die \u201cbehoudende dwang van vorme\u201d en in die besonder teen die \u201cgegermaniseerde, \u2018wit\u2019 vorme van Afrikaans\u201d wat in die verlede op alles afgedwing is. Kreolisering daarenteen beteken om met die begrensing wat vorm opl\u00ea, weg te doen. Hierdie pleidooi staan egter in die teken van die postmoderne (\u2019n ander woord vir \u2018kreolisering\u2019) onvermo\u00eb om grense aan te l\u00ea. Grense is daarvolgens per definisie verdag. Maar kan hierdie keuse sonder meer gehandhaaf word? Die feit van die saak is dat die postmoderne, kreoolse onvermo\u00eb om grense neer te l\u00ea met \u2019n onmiskenbare tendens tot die platvoerse, die onestetiese en die banale gepaardgaan. Vorm en begrensing is d\u00edt wat ons nog altyd van die banale afgeskerm het. In die mate waarin Willemse met vorm en begrensing wil wegdoen, lewer hy juis \u2019n apologie vir die kontempor\u00eare heerskappy van banaliteit. Hierby moet nog die ironiese feit gevoeg word dat Willemse met sy apologie vir kreolisering self weer nuwe vorme van grense aan andere opl\u00ea. Sy beroep op die o\u00ebnskynlik grenslose kreolisering weerhou hom egter daarvan om sy verbintenis tot nuwe grense openlik uit te spreek.<\/li>\n<li style=\"text-align: justify;\">Die kreoolse afkeer van vorm en begrensing gaan (en in weerwil van heftige gebare tot die teendeel) gepaard met \u2019n afkeer jeens enige vorm van taalpolitiek. Taalpolitiek w\u00eareldwyd beteken immers om grense te bepaal of tussen verskillende grense te bemiddel. In die mate waarin Willemse homself egter van enige vorm en begrensing wil losmaak, in daardie mate stel hy homself juis buite die taalpolitiek.<\/li>\n<\/ol>\n<p style=\"text-align: justify;\">Omdat Willemse nie die noodsaak van taalpolitiek in bogenoemde sin raaksien nie, word elke sodanige politiek deur hom aan vorme van delegitimering (rassisme, apartheid, ensovoorts) onderwerp. Maar so word verlamming en selfs spanning tussen Afrikaanssprekendes in die hand gewerk \u2013 juis nou terwyl daar groter vorme van inspanning, samewerking en bondgenootskap behoort te heers.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\"><em>Prof. Danie Goosen is voorsitter van die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings) en die skrywer van <\/em><a href=\"http:\/\/praag.org.za\/index.php?product_id=25&amp;page=shop.product_details&amp;category_id=8&amp;flypage=gk_flypage.tpl&amp;option=com_virtuemart&amp;Itemid=3&amp;vmcchk=1&amp;Itemid=3\">Die nihilisme &#8211; notas oor ons tyd<\/a>.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">free no deposit poker<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/fakty.ua\/246431-prokuratura-harkovcshiny-podozrevaet-otca-v-ubijstve-trehletnego-syna\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Afrikaners word nou reeds vir \u2019n geruime tyd deur \u2019n klein groepie bruin woordvoerders aan \u2019n politiek van beskimping, swartsmeer en belediging onderwerp. Alhoewel hierdie groepie nie naastenby verteenwoordigend van bruin Afrikaanssprekendes is nie, gee hulle politiek van beskimping aanleiding tot diepe vorme van wantroue. Daarmee word Afrikaanssprekendes gekniehalter om rondom dwingend noodsaaklike kwessies \u2013 &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6124\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Hein Willemse se voorspraak vir kreolisering&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6122,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[97],"tags":[167,2188,7029,21139,21105,7024,7026,7027,21095,7028,7030,7031],"class_list":["post-6124","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c88-opstelle","tag-afrikaans","tag-afrikaners","tag-bruines","tag-danie-goosen","tag-s32-feuilleton","tag-hein-willemse-se-voorspraak-vir-kreolisering","tag-kreolisering","tag-modernisme","tag-s9-opstelle","tag-postmodernisme","tag-roots","tag-taalpolitiek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6124","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6124"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6124\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6122"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6124"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6124"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6124"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}