{"id":6112,"date":"2009-10-11T04:19:25","date_gmt":"2009-10-11T04:19:25","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6112"},"modified":"2009-10-11T04:19:25","modified_gmt":"2009-10-11T04:19:25","slug":"leeus-was-rateltaai-op-ellispark","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6112","title":{"rendered":"Leeus was rateltaai op Ellispark"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/10\/grobbelaar_%20cobus20091010.jpg\" border=\"0\" title=\"Cobus Grobbelaar tydens gister se wedstryd\" \/>Waar was hierdie Leeus die hele jaar? Gister op Ellispark, teen die WP, was hulle die ene koning van die bosveld. Byges\u00ea, by tye het hulle minder vuilbaard as ratel, en durf mens dit s\u00ea, Springbok, gelyk. Dit was juis die ratel in hulle wat hulle na \u2018n skynbaar fatale verrinnewering laat terugkom het. Dit was, van alle mense, die w\u00eareld se langste senter en deeltydse lynstaanspringer, Andries Bekker, wat hulle eers diep gekwes het. Net n\u00e1 \u2018n minuut se speeltyd het hy homself, bal onder die arm, in oopveld gevind en het hy die afstand doellyn toe met kameelperdtre\u00eb weggehark voordat hy platgetrek is, maar nie voordat hy die bal uitgewip het na Juan de Jongh vir \u2018n skokdrie heel aan die begin van die wedstryd nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Leeus het hulleself van die grond opgetel, afgestof en van heel voor af begin. Hulle het \u2018n beloninkie gekry toe losskakel Herkie Kruger drie punte met \u2018n strafskop vervaardig het. Nie lank daarna nie was dit w\u00e9\u00e9r die kameelperdagtige Andries Bekker wat deur \u2018n gaping gegalop het en di\u00e9 keer vir sy petit blonde heelagter die bal met \u2018n oop doellyn gegee het. Pietersen het sy eie drie verdoel en \u2018n strafskop bygevoeg. WP was skielik 17-3 voor, twee drie\u00eb duskant \u2018n eerste plek op die log.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dis egter to\u00e9 dat die ratel in die Leeu ontwaak het, en die Springbok ook. Want as dit die rateltaaiheid was wat hulle laat terugbaklei het, was hulle taktieke reg uit die Springbok-handleiding vir 2009. Hulle het \u2018n net om die WP in di\u00e9 se kwartgebied getrek en stelselmatig, versmorend aangeval. Dit het uiteindelik twee Doppies le Grange-drie\u00eb opgelewer om die spanne as\u2019t ware voor te laat begin met \u2018n gelykoptelling vir rustyd.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die WP, met die halfeinddrome blykbaar in die kleedkamer uit hulle geskree, het die tweede helfte teen topversnelling begin en weereens was dit die Kameelperd wat die Leeus amper vertrap het. Di\u00e9 keer was dit die spokerige Joe Pietersen wat om die verdediging gedwaal het om vir Bekker die bal te gee om te skoert vir die doellyn. Hy is egter ingehaal en neergekerf. Die Transvalers het hulle doellyn soos leeuwyfies verdedig en gewys hulle kan self venynig op die aanval wees. Die eerste drie van die helfte is naderhand deur Dusty Noble gedruk. Kruger het dit verdoel, wat beteken het dat die Rooibontes 21 punte sonder \u2018n repliek van die WP aangeteken het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die WP het \u2018n laaste pyl uit die koker getrek en Fran\u00e7ois Louw het op die golf van \u2018n voorspelerstorm losgebreek om \u2018n drie te druk. D\u00edt en \u2018n Pietersen-strafskop het die WP met \u2018n nippertjie laat voorloop totdat Chris Jonck \u2018n mediumafstandstrafskop oor die dwarslat gestoot het. Die Transvalers het \u2018n laaste dieregestalte vertoon toe hulle soos ietermago\u2019s walgegooi het om met 27-25 deur te skraap.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Leeus het vier maande om oor hulle sondes te dink. As hulle nie \u2018n paar visse deur die vingers laat glip het vroe\u00ebr in die seisoen nie, sou hulle waardige halfeindrondtemededingers gewees het. Soos hulle gister en verlede week gespeel het, is dit nie ondenkbaar dat hulle Sir Don se koppie Ellispark toe kon bring nie. Nou ja, hierdie spyt kom te laat.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">En die WP? Volgende week kyk hulle \u2018n omgekrapte Blou Bul tussen die horings. Gister was moontlik net die eerste nederlaag in twee weke vir hulle.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/luxurytiaras.com\/product-category\/jewelry-sets\/\">silver wedding jewelry<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/declarations.com.ua\/declaration\/vulyk_16_128\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Waar was hierdie Leeus die hele jaar? Gister op Ellispark, teen die WP, was hulle die ene koning van die bosveld. Byges\u00ea, by tye het hulle minder vuilbaard as ratel, en durf mens dit s\u00ea, Springbok, gelyk. Dit was juis die ratel in hulle wat hulle na \u2018n skynbaar fatale verrinnewering laat terugkom het. Dit &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6112\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Leeus was rateltaai op Ellispark&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6111,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[4810,7015,4878,7014,6245,21114,21101,6421],"class_list":["post-6112","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c78-rugby","tag-blou-bulle","tag-henkie-kruger","tag-leeus","tag-leeus-was-rateltaai-op-ellispark","tag-lions","tag-c78-rugby","tag-s25-sport","tag-wp"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6112","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6112"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6112\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6111"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6112"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6112"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6112"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}