{"id":6081,"date":"2009-10-08T09:26:13","date_gmt":"2009-10-08T09:26:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6081"},"modified":"2009-10-08T09:26:13","modified_gmt":"2009-10-08T09:26:13","slug":"waardetoevoeging-tot-landbou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6081","title":{"rendered":"Waardetoevoeging tot Landbou"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Daar word al meer gewys op die gevare van \u2018n naderende hongersnood as voortgegaan word met politieke prosesse van sogenaamde grondhervorming, en waarna dit blyk dat grond nie meer produktief benut word nie, en gevolglik nie meer sy opbrengs lewer nie.<\/p>\n<p>Tog is onproduktiewe grond nie werklik iets nuuts nie. Veral rondom die stede sien ons al van oudsher dat mense wegvlug van die rumoer en geraas van die stad, om die rustigheid van die platteland op \u2018n kleinhoewe te geniet. En in baie gevalle, dalk selfs die meeste gevalle, is kleinhoewe bewoners juis dit: bewoners, maar geen boere nie. Grond van tussen een en vyf en twintig hektaar l\u00ea braak sonder enige aktiwiteite daarop.<\/p>\n<p>In Europa is plase van di\u00e9 grootte vol produksie-eenhede. Inderdaad is ons klimaat en omstandighede anders, maar met die koms van presisieboerdery, droogtebestande kultivars, waterbesparende maatre\u00ebls, minimum-bewerkingsmetodes en organiese boerdery-metodes, is die bepaling van ekonomiese eenhede dalk al verouderd en uit pas. Dit beteken dat mense wat tot dusver gedink het dat hulle op \u2018n onekonomiese kleinhoewe bly, dalk tog verbaas kan wees.<\/p>\n<p>Maar met die styging in bevolkingsgetalle, die vermindering in optimaal benutte landbougrond, gevolglike skaarser kos en daarmee saam ho\u00ebr pryse, word dit al hoe meer noodsaaklik dat elke moontlike stukkie grond gebruik word vir voedselverbouing, op die kleinhoewe, maar selfs ook deur die groentetuin in die agtertuin van die dorps- en stadseiendom.<\/p>\n<p>Dit is die een kant van die munt. Die ander kant is die verdere verwerking van geproduseerde produkte. Boere worstel al jare met die probleem dat hulle byvoorbeeld mielies of koring verbou, daarvoor \u2018n minimale prys kry in terme van wat die produksieproses hulle gekos het, dan gaan dit in die verdere voedselverwerkingsketting, beginnende by meulenaars, en uiteindelik kom die produk weer op die boer se eie tafel, vier, sewe of twintig keer duurder as wat hy daarvoor gekry het. Sou die vermo\u00eb daar kon wees om baie van hierdie tussenprosesse self in hande te hou, kon daardie toegevoegde waarde in die boer se sak gewees het, in plaas van dikwels multi-nasionale en volksvreemde hande.<\/p>\n<p>Dieselfde beginsel geld dalk juis vir die kleinboer, wat op sy hoewe boer, of di\u00e9 wat die agtertuin in die stad gebruik. Dit word egter al hoe duideliker dat kennis nodig is vir dit alles. \u2018n Kleinhoeweboer wat nie weet wat sy skaap makeer as hy gaan l\u00ea nie, kan groot skade ly. Iewers moet hy daardie kennis kry. Ja, daar is boeke voor, maar \u2018n boek antwoord nie as jy hom van \u2018n spesifieke probleem vra nie. Daarvoor is interaksie tussen die onkundige met kundiges nodig.<\/p>\n<p>Sodanige interaksies vind juis plaas op boeredae, soos die Landboukorrels Boeredag, wat Radio Pretoria saam met TLU SA m\u00f4re en Saterdag by Cullinan aanbied. Dit bied die ideale geleentheid aan die volkseie kleinboer en tuinboer om daardie kundigheid te bekom, en om ook te leer van waardetoevoegingsmetodes, wat nie net geld kan spaar nie, maar wat ook die geleentheid skep om \u2018n ondernemer te word en \u2018n geldjie te verdien. Moet dus nie di\u00e9 geleentheid misloop om daardie noodsaaklike kundigheid op te doen nie, en lewer sodoende \u2018n sinvolle bydrae tot voedselsekerheid.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/podemniki_dlya_shinomontazha\/\">\u0442\u0430\u043c\u0431\u043e\u0432 \u043f\u043e\u0434\u044a\u0435\u043c\u043d\u0438\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar word al meer gewys op die gevare van \u2018n naderende hongersnood as voortgegaan word met politieke prosesse van sogenaamde grondhervorming, en waarna dit blyk dat grond nie meer produktief benut word nie, en gevolglik nie meer sy opbrengs lewer nie. Tog is onproduktiewe grond nie werklik iets nuuts nie. Veral rondom die stede sien &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6081\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Waardetoevoeging tot Landbou&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-6081","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6081","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6081"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6081\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6081"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6081"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6081"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}