{"id":6076,"date":"2009-10-08T08:02:41","date_gmt":"2009-10-08T08:02:41","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6076"},"modified":"2009-10-08T08:02:41","modified_gmt":"2009-10-08T08:02:41","slug":"franse-eerste-dame-se-werf-veroorsaak-n-ge-twitter","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6076","title":{"rendered":"Franse eerste dame se werf veroorsaak &#8216;n ge-Twitter"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/10\/obamas.jpg\" border=\"0\" \/>Internasionale politiek het &#8216;n nuwe wending geneem met die skepping van die Franse president se vrou se nuwe <a href=\"http:\/\/www.carlabrunisarkozy.org\">webwerf<\/a>.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die webwerf wat hierdie week die lig gesien het, bevat \u00a022 sketse van beroemde politici en rocksterre. Wat die twee, politieke leiers en rockmusici, in gemeen het, is nie duidelik nie. Die sketse het alreeds &#8216;n gefladder in die Twitter-hok veroorsaak.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sarah Brown, die eggenoot van die bele\u00ebrde Gordon Brown, het, nadat sy haar skets gesien het, &#8216;n &#8220;tweet&#8221; uitgestuur wat seker as 2009 se grootse diplomatieke eufemisme sal deurgaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die gehalte van die skets het blykbaar nie oortuig nie. Sarah Brown word uitgebeeld met &#8216;n verwronge oor, &#8216;n t\u00e9 bre\u00eb glimlag en &#8216;n moe\u00eb haardos. Haar Twitter-kommentaar was dat sy &#8220;verbyster&#8221; is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Haar aanhangers het dadelik met &#8216;n gekwetter op Twitter losgetrek ter ondersteuning van Brown en almal beaam dat die skets hoegenaamd nie soos die premier se vrou lyk nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Me Brown het Woensdagaand &#8216;n &#8220;tweet&#8221; uitgestuur waarin sy s\u00ea: &#8220;mal oor Carla Bruni Sarkozy se nuwe webwerf, alhoewel &#8216;n bietjie verbyster deur die illustrasie van my&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brown kan egter moed skep uit die feit dat nie een van die 22 uitbeeldings heeltemaal suksesvol was nie. Dit is nie heeltemal duidelik wat Bruni Sarkozy beoog met die gallery van bekendes nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Barack en Michelle Obama se bolippe is albei omgekrul in &#8216;n doodsgrinnik, terwyl prins Charles en Camilla hulleself beswaarlik sal herken.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sketse van Bob Geldof en Bob Dylan is heeltemal onherkenbaar en was dit nie vir die naam wat verskyn as die muis daaroor beweeg nie, sou niemand geweet het wie die twee is nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nelson Mandela pryk ook tussen die 22, saam met Burmese opposisieleier Aung San Suu Kyi en die Tibetaanse despoot, die Dalai Lama.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Presdient Nicolas Sarkozy se voorkoms is aansienlik verbeter; sy neus is kleiner, sy kakebeen skerper en hy lyk soos &#8216;n filmster van ongeveer 20 jaar oud.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bruni self se wangbene is ho\u00ebr aangepas en haar lippe het &#8216;n superkollageeninspuiting gehad vir die skets.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Onder die kwetteraars is daar eenstemmigheid dat die sketse &#8220;bisar&#8221; is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Brown het die negatiewe geluide daarna probeer temper met &#8216;n &#8220;tweet&#8221; waarin sy s\u00ea sy neem dit nie te ernstig op nie en bygevoeg dat dit &#8220;regtig koel&#8221; is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sarah Brown het byna 900 000 volgers op Twitter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die sketse op Bruni Sarkozy se webwerf is deur die Franse kunstenaar Alice Dechelette gedoen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Franse eerste dame het Woensdag ges\u00ea sy is in &#8216;n ewige &#8220;skoonheidswedstryd&#8221; met die eerste dames van die w\u00eareld gewikkel in &#8216;n poging om haar beeld as &#8216;n internasionale sekssimbool verder te bestendig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In haar oordadige persoonlike profiel beskryf sy haarself as iemand met &#8216;n &#8220;romantiese koers&#8221; wat die &#8220;geskiedenis moet trotseer met &#8216;n koelkop en &#8216;n glimlag op haar lippe&#8221;.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/zdorov-e-i-ujut\/transport\/velosipedy\">\u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0434\u0435\u0442\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0432\u0435\u043b\u043e\u0441\u0438\u043f\u0435\u0434 \u0432 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/62744-chto-delat-s-neraskrytymi-prestupleniyami-peredovoy-opyt-i-mneniya-ekspertov.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Internasionale politiek het &#8216;n nuwe wending geneem met die skepping van die Franse president se vrou se nuwe webwerf. Die webwerf wat hierdie week die lig gesien het, bevat \u00a022 sketse van beroemde politici en rocksterre. Wat die twee, politieke leiers en rockmusici, in gemeen het, is nie duidelik nie. Die sketse het alreeds &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6076\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Franse eerste dame se werf veroorsaak &#8216;n ge-Twitter&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":6075,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[6992],"class_list":["post-6076","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-bruni-sarkozy"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6076","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6076"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6076\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6075"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6076"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6076"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6076"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}