{"id":6026,"date":"2009-10-06T06:11:51","date_gmt":"2009-10-06T06:11:51","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6026"},"modified":"2009-10-06T06:11:51","modified_gmt":"2009-10-06T06:11:51","slug":"selfsugtige-aussies-buit-kampioenskap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6026","title":{"rendered":"Selfsugtige Aussies buit Kampioenskap"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Nieu-Seeland, so het dit gister gelyk, het twee kanse gehad om Australi\u00eb in die eindrondte van die IKR se Kampioenskapstrofee te klop: \u00d3f Daniel Vettori sou die Aussies moes kis boul, \u00f3f Brendan McCullum sou hulle moes kis slaan. Gister, voor die eerste aanloop op die Wanderers uitgemeet is, het Vettori weens &#8216;n besering onttrek. Toe het Nieu-Seeland een kans oor. Brendan McCullum het op sy dag al goeie aanvalle die veld vol geslaan en as hy en sy wilgerlem goed op dreef kon kom en vir Australi\u00eb &#8216;n groot genoeg teiken sou stel, dan was dit een van daardie &#8220;enige iets kan gebeur&#8221;-proposisies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">McCullum het egter na dertien balle geswaai asof hy die politoer daarop wou droogwaai en die veertiende een het hy geraak om agter die stokke uitgevang te word op nul. Nieu-Seeland het nou geen kans gehad nie en dit was net &#8216;n kwessie van deur die formaliteite gaan sodat die statistieke en feite ingevul kon word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met kil swart ink op skeletwit papier sal ingevul word dat Nieu-Seeland die loot gewen het en besluit het om te kolf. Na McCullum se verval, het die res van die kolwers saam gewerk om presies 200 lopies aan te teken. Dit is vir die nageslag opgeteken dat Martin Guptill die beste presteer het met 40 lopies, drie beter as Broom se 37 wat vier beter is as James Franklin se 33.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In dieselfde saaklike styl sal aangedui word dat die Australi\u00ebrs 206 lopies vir die verlies van vier paaltjies versamel het. Dit is geskryf dat Shane Watson 105 van daardie lopies aangeteken het. Die rekord sal toon dat die Aussies 28 balle ongebruik terug gestuur het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar is regtig nie veel om by te voeg nie. Nieu-Seeland kon nooit die seile reg in die wind gedraai kry nie en daar was nie een oomblik in die wedstryd wat dit gelyk het asof hulle genoeg in die magasyn het om die Australi\u00ebrs te stuit nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat\u00a0 nie deur die oningeligte in die rekord raakgelees sal word nie, is die bedenklike styl van die Australi\u00ebrs om hierdie toernooi te wen. Hulle het na alles, toe hulle &#8216;n span van legendes was, alles waarin en waarvoor hulle gespeel het, gewen&#8230; en met reg ook. Maar die span is nou, Ricky Ponting uitgesonder, ontvolk van legendes. Geen Hayden, Gilchrist, Langer, Warne, McGrath, Symonds&#8230; nie&#8230; Hierdie is die eerste toernooi waarin Ponting-en-Tien-Ander-Ouens deelneem. Mens kan darem nie help om te voel dit is wraggies astrant van hulle om dit te wen nie.<\/p>\n<p>Miskien is dit die Proteas se probleem. Miskien is hulle net te ordentlik om toernooie te wen.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/\">\u0438\u043d\u0441\u0442\u0440\u0443\u043c\u0435\u043d\u0442 \u0434\u043b\u044f \u0430\u0432\u0442\u043e\u0441\u0435\u0440\u0432\u0438\u0441\u043e\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inforesist.org\/shokin-uvolil-prokurora-xarkova\/\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nieu-Seeland, so het dit gister gelyk, het twee kanse gehad om Australi\u00eb in die eindrondte van die IKR se Kampioenskapstrofee te klop: \u00d3f Daniel Vettori sou die Aussies moes kis boul, \u00f3f Brendan McCullum sou hulle moes kis slaan. Gister, voor die eerste aanloop op die Wanderers uitgemeet is, het Vettori weens &#8216;n besering onttrek. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=6026\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Selfsugtige Aussies buit Kampioenskap&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[88],"tags":[6961],"class_list":["post-6026","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c79-krieket","tag-selfsugtige-aussies-buit-kampioenskap"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6026","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6026"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6026\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6026"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6026"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6026"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}