{"id":6006,"date":"2009-10-05T06:35:10","date_gmt":"2009-10-05T06:35:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=6006"},"modified":"2009-10-05T06:35:10","modified_gmt":"2009-10-05T06:35:10","slug":"swart-kapitalisme-apartheid-se-skuld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=6006","title":{"rendered":"Swart kapitalisme: apartheid se skuld?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Mens besef nie aldag wat die werklike omvang van die verandering was wat na 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het nie. Benewens die magsoorgawe het Suid-Afrika se westerse rassekapitalisme ook begin plek maak vir \u2018n revolusion\u00eare swart kapitalisme. Om die swart kapitalisme van Suid-Afrika te verstaan moet mens verstaan hoe swart nasionaliste wit rassekapitalisme verstaan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Na Uniewording was Suid-Afrika se ontluikende wit rassekapitalisme \u2018n voortvloeisel van Groot Brittanje se imperiale kapitalisme, wat aanvanklik die hoofdryfveer van haar vloot en milit\u00eare vermoe\u00ebns was. Tot en met die Tweede W\u00eareldoorlog was Suid-Afrika bloot \u2018n koloniale mark vir Britse uitvoere en moes dit so bly. Groot Brittanje het nooit geskroom om haar vloot en le\u00ebr te gebruik om Britse belange uit te brei nie en het volke regoor die aardbol met geweld onderdruk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Gesien vanuit die perspektief van swart Afrikane was hierdie stelsel as die wese van kapitalisme beskou. Dit was hierdie juk waarvan hulle ontslae wou raak en die meeste oudkolonies het kommunisme as werkbare alternatief beskou, omdat dit perfek inpas by hul oeboentoe ingesteldheid \u2013 die regering moet vir alles sorg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die westerse kapitalisme, wat individualiteit en skeppingsvermo\u00eb beloon, het tot die industri\u00eble revolusie aanleiding gegee. Tragies genoeg, het Afrika se kolonies daardie revolusie vir inherente sosiopolitieke redes misgeloop. Daardeur het hulle die geleentheid verbeur om geskooldheid in tientalle ambagte aan te leer. Vanwe\u00eb die dominante politieke en ekonomiese rol van Afrikaners, met hul westerse ingesteldheid, was Suid-Afrika dus die uitsondering in hierdie opsig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Veertig jaar na die Anglo Boereoorlog het \u2018n stelselmatige verandering ingetree toe etniese Afrikanerkapitalisme saam met Afrikanernasionalisme ontstaan het. Die eerste krake in Britse imperiale kapitalisme in Suid-Afrika het gekom met die vestiging van Yskor wat destyds op hewige debatte uitgeloop het. Gedurende die daaropvolgende dertig jaar is dit opgevolg deur nog Yskors, Eskom kragsentrales, Sasols, Foskor om maar enkeles te noem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As alternatief vir kommunisme is die momentum wat deur die vorige veertig jaar opgebou was behou, maar met nuwe rolspelers. Moderne swart nasionalisme is dus in 1994 in Suid \u2013 Afrika gebore. Aanvanklik was die ANC se gedagte dat swart ekonomiese bemagtiging (SEB) nie \u2018n bedreiging vir wit sakebelange sou wees nie. Onder die Mbeki bewind het hierdie ekonomiese strategie egter verander na die skep van \u2018n swart kapitalistiese elite, gevoed deur \u2018n opwelling van swart nasionalisme \u2013 baie dieselfde as Afrikanerkapitalisme van vorige dekades.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hul ideologie van \u2019n nasionale demokratiese revolusie word deur hulle as produktief en patrioties beskou wat kwansuis tot almal se voordeel sal strek. Suid \u2013 Afrika se korporatiewe kapitaalgoeroes deel inderdaad daardie siening en wedywer met mekaar om die illusie te skep van \u2018n westerse kapitalisme met swart gesigte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar daar is reeds baie tekens van ekonomiese verval, swak bestuur, gebrek aan beplanning en basiese vaardighede, korrupsie en swart nepotisme. Die patriotiese aard van swart kapitalisme staan in sterk kontras met die inherente parasitisme daarvan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">In \u2018n land soos die VSA, waar swart mense \u2018n minderheid is, het swart kapitalisme as klein besigheidjies ontwikkel. In Suid \u2013 Afrika manifesteer dieselfde neiging in die Taxi &#8211; bedryf, spaza winkels en agterplaas werkswinkels. In sulke bedrywe word standaarde nie juis toegepas nie en \u2018n omgewing van semi \u2013 isolasie word geskep wat \u2018n mate van beskerming, sekuriteit en selfvertroue bied. Idealiste glo dat dit die rigting moet wees waarin swart kapitalisme moet ontwikkel, vandaar die tientalle aansporingsmaatre\u00ebls van ondermeer die NOK en ander.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar die politici glo anders. Hulle verkies die ekonomiese integrasie wat tans plaasvind en wat \u2018n splinternuwe paradigma skep. Deur blankes se bates en poste aan swartes te gee, ontstaan \u2018n politieke kitsoplossing, hoewel dit op \u2018n ekonomiese ramp afstuur. Die totaliteit van die nuwe eienaars en posbekle\u00ebrs, dws, hul ekonomiese ori\u00ebntasie, tegniese vaardighede,gebrek aan ervaring en oeboentoe benadering is nie geslyp om \u2018n komplekse westerse ekonomie te ontwikkel of in stand te hou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie stelling mag as rassisties beskou word, maar hoe kom mens verby al die mislukkings soos dienslewering van die polisiediens, gesondheidsorg, onderwys, afskaffing van die tuisland ontwikkelingskorposasies, plaaslike owerhede, mislukkings soos die Landbank, SAUK, en baie ander voorbeelde te veel om op te noem?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hoe dieper die nuwe swart kapitalisme homself in die ekonomie van die land inwurm, hoe groter bestaan die moontlikheid van \u2018n totale ekonomiese ineenstorting, want formele eienaarskap is nog lank nie volledige entrepreneurskap nie. Waar daar in die jare negentig \u2018n minimalistiese siening van swart deelname aan die ekonomie was, bestaan daar nou \u2018n maksimalistiese siening, \u2018n aspirasie van vinnig ryk word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Diegene buite die stelsel wat nie aan die huidige plundertog kan deelneem nie, word aangevuur om hulle tot geweld en misdaad te wend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dalk is dit tog apartheid se skuld dat die land vandag geplunder word. Vanwe\u00eb die rassekonotasie van apartheid was die swart inwoners van die land nie voorbereid op \u2018n liberale demokrasie wat deur FW de Klerk se mense onderhandel was nie, maar vir \u2018n stelsel waar mense van kleins af in rasterme dink en handel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/go-bananas\/\">bananas<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/vestiua.com\/ru\/news\/20150223\/64209.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mens besef nie aldag wat die werklike omvang van die verandering was wat na 1994 in Suid-Afrika plaasgevind het nie. Benewens die magsoorgawe het Suid-Afrika se westerse rassekapitalisme ook begin plek maak vir \u2018n revolusion\u00eare swart kapitalisme. Om die swart kapitalisme van Suid-Afrika te verstaan moet mens verstaan hoe swart nasionaliste wit rassekapitalisme verstaan. Na [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121],"tags":[],"class_list":["post-6006","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c113-johann-wingard"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6006","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6006"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6006\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6006"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6006"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6006"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}