{"id":5994,"date":"2009-10-04T05:36:29","date_gmt":"2009-10-04T05:36:29","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5994"},"modified":"2009-10-04T05:36:29","modified_gmt":"2009-10-04T05:36:29","slug":"haaie-se-mistroostige-oorwinning","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5994","title":{"rendered":"Haaie se mistroostige oorwinning"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/10\/kruger_herkie2.jpg\" border=\"0\" title=\"Herkie Kruger tydens gister se wedstryd\" width=\"195\" height=\"240\" \/>Die Haaie het gister op Kingspark in hulle wedstryd teen die Leeus baie aan hulle geliefde Indiese Oseaan herinner: Nie so woes, so groot of so koel nie, maar so vasberade soos branders om hulleself stukkend te loop teen rotse. Uiteindelik het hulle gewen met \u2018n volle verdoelskop se punte tussen hulle en die Leeus.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Niks was meer veelseggend van die Leeus se vertoning as die glinstering in Stephan Terblanche se o\u00eb toe hy oor die WP se wedstryd aanstaande week teen Transvaal gespekuleer het nie. &#8220;Ek hoop hulle (die Leeus) daag op vir die partytjie.&#8221; Na tagtig minute se verbete, maar grootliks vrugtelose, worsteling teen die Leeus, is dit duidelik dat hy iets van Leeujoligheid weet.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Haaie, met veertien toetsspelers teen nul, het \u2018n amperse monopolie op die bal gehad en het meer tyd in Leeugebied as \u2018n onwettige Nigeriese immigrant in Sunnyside deurgebring. Hulle het beslag gel\u00ea op \u2018n groot gros van die Leeus se lynstaanbal en het genoeg balle op die grond gewen. Hulle het strooptog na strooptog geloods, maar het nie veel meer uitgerig as \u2018n soutwatergolf teen \u2018n rots nie. En maak nie fout nie, op verdediging was die Leeus soos hoogs mobiele rotse. Onbesonge voorspelers soos Kevin Buys en Nico Luus het nie net teenstaanders raakgevat nie, maar hulle geplant. As Keegan Daniel, byvoorbeeld, \u2018n boom was, het daar nou \u2018n laning van hom op Kingspark gegroei.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Agterlangs kon Ruan Pienaar, Juan Hernandez en JP Pietersen geen gleuwe in die verdediging vind nie. Hulle enigste drie was \u2018n Bismarck du Plessis-afronding van \u2018n rolgemaal teen \u2018n Leeuvoorpak wat met \u2018n geelkaart uitgedun was.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Leeus het ook net een drie gedruk, maar dit was darem \u2018n baie lustiger poging gewees, vroeg in die wedstryd toe Doppies le Grange die Haaie se agterlyn versplinter het om skrumskakel Chris Jonck om te stuur vir \u2018n netjiese vyfpunter. Herkie Kruger het die doelskop gemis en d\u00edt was uiteindelik die twee punte wat die Leeus vir \u2018n gelykopwedstryd nodig gehad\u00a0 het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vooraf het ek voorspel dat die Leeus kan wen as dit nie was dat hulle deur Earl Rose op heelagter belemmer sou wees nie. Maar Rose is soos \u2018n basterbrakkie \u2013 dis net as jy iets van hom verwag dat hy hopeloos is. Gister het niemand enige verwagtinge van hom gehad nie en di\u00e9 keer was hy voortreflik \u2013 dapper onder die ho\u00eb bal, netjies in posisie, geniepsig op die aanval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u2018n Ander speler wat aangenaam verras het, was Ruan Pienaar, meer spesifiek met sy skopwerk pale toe. Hy het skielik ritme gevind, was goed gebalanseer wanneer hy die bal tref en het nie net die bal oor die dwarslat gekry nie \u2013 hy het dit reg in die middel tussen die torings deurgeklits.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Twee Pienaar-strafskoppe en \u2018n Hernandez-skepskop het gehelp om die Haaie met halftyd voor te kry met 16-11.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die tweede helfte was vol aksie, maar het net 9 punte geproduseer waarvan die Leeus ses gekry het. Hulle het, om presies te wees, met vyftien minute om te gaan, 17-16 voorgeloop. Ruan Pienaar het daarna \u2018n kosbare strafskop oorgekry, maar uiteindelik was dit die Haaie wat moes vasbyt om te wen.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Vanaand kou afrigter John Plumtree sy binnewang. Die Haaie was goed genoeg om die Leeus te klop, maar as hulle nie \u2018n paar geheime wapens kry om te ontplooi nie, gaan hulle vasval, indien nie teen die WP nie, dan teen die span uit Pretoria. Hierdie jaar se tuiste van die Curriebeker lyk blou; nie die grysblou van die Indiese oseaan nie, maar Noord-Transvaalse ligblou.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">games online<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pozitciya.com.ua\/63759-dose-prokurora-aleksandra-filchakova.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Haaie het gister op Kingspark in hulle wedstryd teen die Leeus baie aan hulle geliefde Indiese Oseaan herinner: Nie so woes, so groot of so koel nie, maar so vasberade soos branders om hulleself stukkend te loop teen rotse. Uiteindelik het hulle gewen met \u2018n volle verdoelskop se punte tussen hulle en die Leeus. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5994\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Haaie se mistroostige oorwinning&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":5993,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[6920,5114,6914,6919,6918,6917,4878,6245,6916,21114,5118,21101,6915],"class_list":["post-5994","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c78-rugby","tag-earl-rose","tag-haaie","tag-haaie-se-mistroostige-oorwinning","tag-john-plumtrree","tag-jp-pietersen","tag-juan-hernandez","tag-leeus","tag-lions","tag-ruan-pienaar","tag-c78-rugby","tag-sharks","tag-s25-sport","tag-stephan-terblanche"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5994","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5994"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5994\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/5993"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5994"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5994"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5994"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}