{"id":5992,"date":"2009-10-04T05:22:00","date_gmt":"2009-10-04T05:22:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5992"},"modified":"2009-10-04T05:22:00","modified_gmt":"2009-10-04T05:22:00","slug":"griekwas-se-kaartehuis-tuimel-in-op-loftus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5992","title":{"rendered":"Griekwas se kaartehuis tuimel in op Loftus"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Moet net nie vandag vir Dawie Theron vertel hoeveel jy al vir \u2018n Hallmark-kaartjie betaal het nie, of selfs vir \u2018n verkeerskaartjie nie. Gister op Loftus het die Grikewas twee geel kaarte gekoop teen 34 punte, die wedstryd en waarskynlik \u2018n plek in die halfeindrondte van die Curriebekerreeks. Theron kon na die wedstryd op sy span geskree het \u2013 hy is na alles die afrigter. Maar die een wat vir die plafon moes staar tydens die uittrapsessie was die kaptein, Jonathan Mokuena, siende dat dit h\u00fd was wat die eerste geelkaart gekoop het. Terwyl hy op die kantlyn gesit en berouvol lyk het, het die Blou Bulle twee verdoelde drie\u00eb en \u2018n strafskop op die telkaart ingeskryf.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tot en met daardie tydstip was dit \u2018n aanskoulike een-vir-jou, een-vir-my aff\u00eare in die Bulkamp. Die Noord-Transvalers het die eerste hou geslaan toe hulle net na die eerste minuut \u2018n volle agterlyn aanval op die Griekwastelling geloods het. Wynand Olivier het die lyn so maklik soos \u2018n kasplankie oor die knie gebreek, vir Jaco Pretorius gevoer wat die bal net aangehelp het na Zane Kirchner. Di\u00e9 het die bal vorentoe geknikker en bymekaar gemaak vir vryf punte in die hoek. Met Morn\u00e9 Steyn wat deesdae blykbaar nie mag misskop nie, het die Ligbloues die luuksheid om te druk net waar hulle wil. In minder as 2 minute van die afskop af, was die Blou Bulle 7-0 voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Griekwas\u00a0 het egter onmiddellik gewys dat hulle dit kan vat \u00e9n kan uitdeel. Hulle het die bal tot in die Bloues se kwartgebied gedryf waar skrumskakel Sarel Pretorius \u2018n stuitige steeklopie op die doellyn uitgevoer en die kalk gehaal het. Minute later het hulle algehele minagting vir die tradisies van Loftus getoon, die Blou Bulle se skrum naby hulle doellyn oopgewig waarna Davon Raubenheimer die bal gegryp en die doelgebied gehaal het vir nog \u2018n Griekwadrie. Naas Olivier het daarin geslaag om albei verdoelings mis te skop, maar die Griekwas was nog steeds met 10-7 voor.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Blou Masjien, punte en vergasser blykbaar deur die week mooi gestel, het nou een aanval na die ander geloods, een skokgolf op \u2018n slag. Die Griekwas het soos Voortrekkers verdedig totdat Mokuena uit die grondvloer van \u2018n losskrum Heini Adams se voet gegryp het. Hy het sy peperduur geel kaart gekry en die Blou Bulle \u2018n lynstaan naby die Griekwadoellyn. Die Delwers het manmoedig verdedig teen die verwagte rolmaalbeweging wat toe nooit gebeur het nie, en Danie Rossouw het onbelemmer deurgerammel vir \u2018n drie. Kort daarna het die Ligblou-agterlyn die Griekwa-verdediging herwaarts en derwaarts gerek totdat Morn\u00e9 Steyn rondom die laaste linie geglip het vir nog \u2018n drie wat hy uit die hoekie verdoel het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Skielik was die Pretorianers 24-10 voor en nadat Olivier en Steyn strafskoppe uitgeruil het, was die rustydtelling 27-13.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Net na rustyd het Griekwa-senter Barry Geel skuins befoeterd deur die Ligblouverdedigingslyn gehardloop vir \u2018n drie. Di\u00e9 keer was dit die Blou Bulle wat die Griekwa-euforie gesnuit het toe Pierre Spies die bal naby die doellyn gekry het en bo-oor allerlei onbenullige strepiestruie gestorm om Geel se drie te neutraliseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Rohan Kitshoff is toe, na herhaalde aansoeke, \u2018n geelkaart toegestaan, waarvoor die Griekwas weereens sewentien punte moes uithaal en hoes. Bryan Habana het \u2018n roetine-onderskepdrie gedruk en kort daarna was Morn\u00e9 Steyn die eerste om \u2018n koerslose lang lynstaaningooi van die Griekwas te bereik en hy het \u2018n verspotte drie gedruk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daarna het reserwehaker Bandise Maku deurgewurm vir nog \u2018n drie en Habana het sy tweede vir die dag \u2013 en \u2018n gerekte dyspier \u2013 gekry.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Al wat vir die Griekwas oorgebly het, was om te probeer vir hulle vierde drie en die gepaardgaande bonuspunt. Di\u00e9 het hulle gekry terwyl die sirene afgegaan het, maar dit was al die geelkaarte en harde 80 minute werd. Die mikroskopies presiese aange\u00eb, die aanvalspoed, die rigtingsveranderinge! Dis hoekom ons van rugby hou. Naas Olivier het die eer gekry om die spandrie af te rond.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hulle het nog \u2018n flentertjie kans om die halfeindrondte te haal, maar ek\u00a0 sou dink nadat Dawie Theron vir menere Mokuena en Kitshoff van aangesig tot aangesig gesien het, is hulle geregtig op\u00a0 &#8220;Word gou beter&#8221;-kaartjies.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Blou Bulle wen 61-27 en gee daarmee onheilspellend kennis dat die Blou Masjien terug is, en met elke kragslag beter loop. Victor Matfield het \u2018n meesterklas in die lynstane gelewer, Danie Rossouw is behalwe vir Bakkies Botha die naaste ding wat daar is aan Bakkies Botha en Dewald Potgieter was \u2018n tier waar hy ook al op verdediging of aanval verskyn het. Agterlangs het Wynand Olivier gewys dat Jean de Villiers se vertrek uit die Springbokspan, geen nasionale katastrofe hoef te wees nie.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/igrushki-dlya-malyshey\/detskie-kovriki\/\">\u0440\u0430\u0437\u0432\u0438\u0432\u0430\u044e\u0449\u0438\u0439\u0441\u044f \u043a\u043e\u0432\u0440\u0438\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/allkharkov.ua\/news\/state\/v-harkovskoi-oblasti-naznachen-rykovoditel-mestnoi-prokyratyry.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Moet net nie vandag vir Dawie Theron vertel hoeveel jy al vir \u2018n Hallmark-kaartjie betaal het nie, of selfs vir \u2018n verkeerskaartjie nie. Gister op Loftus het die Grikewas twee geel kaarte gekoop teen 34 punte, die wedstryd en waarskynlik \u2018n plek in die halfeindrondte van die Curriebekerreeks. Theron kon na die wedstryd op sy &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5992\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Griekwas se kaartehuis tuimel in op Loftus&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[4810,6244,6166,6912,6910,6168,21114,6913,21101,6159,6781],"class_list":["post-5992","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby","tag-blou-bulle","tag-blue-bulls","tag-griekwas","tag-griekwas-se-kaartehuis-tuimel-in-op-loftus","tag-morne-steyn","tag-naas-olivier","tag-c78-rugby","tag-sarel-pretorius","tag-s25-sport","tag-victor-matfield","tag-wynand-olivier"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5992","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5992"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5992\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5992"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5992"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5992"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}