{"id":5986,"date":"2009-10-02T13:05:52","date_gmt":"2009-10-02T13:05:52","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5986"},"modified":"2009-10-02T13:05:52","modified_gmt":"2009-10-02T13:05:52","slug":"almal-hardloop-saam-wie-wen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5986","title":{"rendered":"Almal hardloop saam, wie wen?"},"content":{"rendered":"<p>Die stof rondom die Caster Semenya debakel wil maar net nie gaan l\u00ea nie. Dit is nou nie meer net &#8216;n intrige nie, maar is besig om in &#8216;n volskaalse narrespel te ontaard. Dit kom voor asof die land se leierskap en atletiekbase nie wil bes gee dat enigiemand iets verkeerd gedoen het nie. Nie Semenya en ook beslis nie Atletiek Suid-Afrika, met sy president Leonard Chuene nie. En talle ander begin nou ook op die wa spring.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eers het Atletiek Suid-Afrika se borge begin dreig dat hulle hul geld sal onttrek as die saak nie opgelos word nie. Borge soos Nedbank spandeer jaarliks miljoene rande aan atletiek in Suid-Afrika. Hiervan het egter tot op hede dadels van gekom. Nedbank besef sekerlik maar te goed aan watter kant hulle brood gebotter is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Intussen het &#8216;n nuwe \u2018swaargewig\u2019 tot die debakel toegetree. Ene mnr Julius Malema, die ANC se jeugleier. Malema steun Atletiek SA en Leonard Chuene ten volle. Hy meen dat die pogings om Chuene te laat skors opportunistiese rassisme is en dat hierdie pogings verwerp moet word. Verder meen hy ook dat borge soos Nedbank maar hulle geld kan hou. Die atlete het dit nie nodig nie. Die borge ondersteun in elk geval nie hierdie kinders van Afrika nie, omdat geen borg met &#8216;n borgskap vir enige van die medaljewenners vorendag gekom het na afloop van die onlangse W\u00eareld Atletiekkampioenskap nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ander atlete het nou ook hulle stemme begin dik maak. Die land se voorste oud-atlete vergader m\u00f4re oor die saak. Geen ASA-beamptes sal by die vergadering toegelaat word nie. Die Johannesburgse atletiekklub stel &#8216;n mosie van wantroue teen Atletiek Suid-Afrika in. Geraldine Pillay, \u2019n voormalige Olimpiese en Statebondspele-atleet, is \u2019n organiseerder van die atlete-vergadering. Atlete en oud-atlete voel dat almal nou al iets te s\u00ea gehad het oor die saak, behalwe die atlete self. Die enigste mense wat op die onlangse ASA-vergadering bereid was om teen Chuene op te staan, was die voormalige Olimpiese atleet, Arnaud Malherbe, en adv James Evans, atletiekbaas van die Westelike Provinsie. Geen bespreking oor die Semenya-sage is op hierdie vergadering toegelaat nie. Chuene was natuurlik self die voorsitter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kan dit daadwerklik nog vir enige persoon of instansie waarde inhou om by hierdie siek spul van bedrog en leuens betrokke te raak?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die skade is reeds gedoen en soos ondervinding ons al geleer het sal die manne in die ANC wat die toutjies trek nie bes gee in sake soos hierdie nie. Sou die borge onttrek, sal daar maar net weer &#8216;n ander borg wees wat voordeel sal probeer trek uit &#8216;n verhouding met die ANC en sy trawante.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sake soos hierdie moet ons egter nie pessimisties maak nie. Dit moet ons aanspoor om harder te werk om eerder volkseie sport op te bou en te ondersteun. Die grondslag is reeds gel\u00ea deur verskeie organisasies. Wat eens &#8216;n droom was is stadig maar seker besig om werklikheid te word. Dit gaan nie lank wees voor, kom ons noem dit maar &#8216;n Boerespan, sonder gekonkelry, leuens, rassekwotas en regeringsinmenging onder eie vaandel op die velde en bane van die w\u00eareld sal meeding nie.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/malyshi-do-goda\/odezhda\/kombinezony\">\u043a\u043e\u043c\u0431\u0438\u043d\u0435\u0437\u043e\u043d\u044b \u043e\u0441\u0435\u043d\u044c \u0434\u043b\u044f \u043c\u0430\u043b\u044b\u0448\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/subordinate_offices_.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die stof rondom die Caster Semenya debakel wil maar net nie gaan l\u00ea nie. Dit is nou nie meer net &#8216;n intrige nie, maar is besig om in &#8216;n volskaalse narrespel te ontaard. Dit kom voor asof die land se leierskap en atletiekbase nie wil bes gee dat enigiemand iets verkeerd gedoen het nie. Nie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5986\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Almal hardloop saam, wie wen?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-5986","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5986","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5986"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5986\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5986"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5986"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5986"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}