{"id":5944,"date":"2009-09-30T14:32:11","date_gmt":"2009-09-30T14:32:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5944"},"modified":"2009-09-30T14:32:11","modified_gmt":"2009-09-30T14:32:11","slug":"die-melk-in-jou-koffie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5944","title":{"rendered":"Die melk in jou koffie"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/09\/zimbrandhuis.jpg\" border=\"0\" title=\"Huis van Ben Freeth, wit Zim-boer, in vlamme\" width=\"251\" height=\"150\" \/><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die buiteland is daar wyd protes aangeteken, toe dit aan die lig gekom het, dat Nestl\u00e9 melk aankoop by mev Grace Mugabe, vrou van die Zimbabwiese diktator, Robert Mugabe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nestl\u00e9 is een van die grootste en bekendste suiwelverwerkings-maatskappye ter w\u00eareld. Hulle hoofkantoor is gesetel in Switserland. Dit is dan ook die rede waarom Nestl\u00e9 nie gehoor gee aan die Europese Unie se boikot teen Zimbabwe nie, want Switserland is nie deel van die Europese Unie nie. Nestl\u00e9 vervaardig w\u00eareldwyd produkte wat strek vanaf babakos, ingedampte en poeiermelk tot koffie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Mugabe-melkery is gele\u00eb op een van ses plase wat reeds in 2002 deur Grace Mugabe, by blanke Zimbabwiese boere gesteel is. Die plaas, wat die grootste melkverskaffer aan die Zimbabwe Dairy Board was, het aan die Foyle familie behoort. Mnr Foyle en sy gesin het intussen na Australi\u00eb verhuis, omdat hulle vrees vir hulle lewe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Zimbabwe Dairy Board kon ook nie meer kop bo water hou nie. Aan die begin van die jaar was daar nog sestien groot melkverskaffers in Zimbabwe. Nou is daar slegs agt oor, onder wie dan Grace Mugabe tel. Tien jaar gelede het Zimbabwe tweehonderd en veertig miljoen liter melk per jaar geproduseer. Tans is dit minder as dertig miljoen liter.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sowat een miljoen liter melk per jaar word deur Nestl\u00e9 van hierdie melkplaas gekoop. Dit verteenwoordig sowat tien tot twaalf persent van die totale melkaankope van Nestl\u00e9 in Zimbabwe.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens \u2019n woordvoerder van Nestl\u00e9 Suid-Afrika, sal die hele suiwelbedryf in Zimbabwe in duie stort as hierdie Mugabe-melk nie aangekoop word nie. Dit sal die lewe van talle suiwelboere, hul werknemers, die verbruikers en talle ander in die waardeketting, be\u00efnvloed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Is dit nie juis die doel wat die w\u00eareld het, as sanksies teen \u2019n land ingestel word nie? Die gevolge van sanksies, hoe nadelig ook vir alle partye, is tog om regerings en kiesers tot ander insigte te dwing, nie waar nie? Dit is wat in die negentien sewentigs en veral die negentien tagtigs gegeld het toe almal op die sanksie-trein gespring het om die sogenaamde boosheid van apartheid \u2018n nekslag toe te dien.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die blanke Suid-Afrikaanse verbruiker besef nog nie watter groot rol sy koopkrag kan speel om verskaffers en instellings, voordelig vir die blanke verbruiker te be\u00efnvloed nie. Geld praat hard, en dit het tyd geword dat blanke verbruikers in solidariteit moet begin optree.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Van wie se bankdienste maak u gebruik? By wie bel\u00ea u, u nes-eier? Watter selfoonmaatskappy gebruik u? Watter kettingwinkelgroep ondersteun u? Wie gebruik u om u motor te laat hersien? Watter handelsmerk sjokolade koop u? Watter koerant lees u?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ondersteun u Boer-vriendelike en volkseie organisasies en besighede, of word u deur aantreklike reklamefoefies mislei om besigheid te doen, sonder dat u weet waarvoor u swaarverdiende rande aangewend word? U geld het meer mag as wat u besef!<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wie se melk het u vanoggend in u koffie gegooi?<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/rating-casino\/\">crown graphic vs speed graphic<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/08\/31\/185370.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0444\u043e\u0442\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die buiteland is daar wyd protes aangeteken, toe dit aan die lig gekom het, dat Nestl\u00e9 melk aankoop by mev Grace Mugabe, vrou van die Zimbabwiese diktator, Robert Mugabe. Nestl\u00e9 is een van die grootste en bekendste suiwelverwerkings-maatskappye ter w\u00eareld. Hulle hoofkantoor is gesetel in Switserland. Dit &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5944\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Die melk in jou koffie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":5943,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-5944","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5944","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5944"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5944\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/5943"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5944"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5944"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5944"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}