{"id":5932,"date":"2009-09-30T08:53:47","date_gmt":"2009-09-30T08:53:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5932"},"modified":"2009-09-30T08:53:47","modified_gmt":"2009-09-30T08:53:47","slug":"kinderagtige-geskel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5932","title":{"rendered":"Kinderagtige geskel oor ras"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die klag van rassisme teen die Franse minister van binnelandse sake, Brice Hortefeux, het &#8216;n lang aanloop en is maar die puntjie van die politieke intrige-ysberg waarmee Frankryk gereeld te kampe het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Kennelik is die nuwe smeerveldtogtaktiek om enige mededinger met die rassismekwas by te kom. Voorheen was ho\u00eb amptenare se privaatheid heilig en enige joernalis wat dit gewaag het om dit te skend, het sosiale verwerping, en selfs die dood, in die gesig gestaar.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Francois Mitterand het nooit in die Elys\u00e9espaleis gewoon nie, maar saam met sy skelmpie in &#8216;n huis wat geheim gehou is. Die eerste joernalis wat gewaag het om iets daaroor te laat val, is aangerand en vir dood gelaat deur die eertydse president se sterk manne.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Toe Sarkozy se tweede vrou, C\u00e9celia, probeer het om &#8216;n klag by die polisie te l\u00ea nadat hy haar geslaan het, het die polisie eenvoudig geweier en niks het ooit daarvan gekom nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Jacques Chirac het &#8216;n lang lys korrupsieklagtes wat blykbaar een of ander tyd te berde gebring gaan word en &#8216;n eertydse minister in sy kabinet gaan eersdaags deur Sarkozy vervolg word nadat hy glo korrupsiebewyse teen Sarkozy vervals het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sarkozy het intussen sy naam gevoeg by die ondersteuners van die filmregisseur, Roman Polanski, wat in Switserland aangehou word omdat hy in die VSA van kinderverkragting aangekla is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat Hortefeux betref, was hy nie lank gelede nie die aanklaer en nie die aangeklaagde nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy het naamlik vir Paul Girot de Langlade, prefek en die ko\u00f6rdineerder van &#8216;n politieke vredesproses op die eiland Reunion, vroe\u00ebr hierdie jaar geskors nadat hy glo &#8216;n rassitiese aanmerking teenoor personeel by die Orly-lughawe gemaak het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Girot de Langlade het tydens die gebeure aan &#8216;n Franse dagblad ges\u00ea hy is &#8220;die slagoffer van &#8216;n politieke spel&#8221;. Volgens Girot de Langlade is die &#8220;ondersoek na &#8216;n kleinigheid georkestreer deur Brice Hortefeux, wat sy anti-rassistiese beeld wil poets&#8221;.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Girot de Langlade s\u00ea die gedrag en optrede wat aan hom toegedig word, het niks met hom te make nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Klag van &#8220;openbare beledigings van &#8216;n rassistiese soort&#8221; is in die Paryse voorstad Creteil aanhangig gemaak teen die prefek. Volgens &#8216;n regsamptenaar gemoeid met die saak, is Girot de Langlade deur veiligheidspersoneel by die lughawe gestop en gevra om sy sakke leeg te maak toe &#8216;n metaalverklikker afgegaan het by Orly-lughawe, buite Parys op 31 Julie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Jy sal dink ons is in Afrika. In elk geval, daar is net swartes hier,&#8221; het Girot de Langlade glo na bewering ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hy self s\u00ea hy het sy humeur verloor. &#8220;Selfs die lugwaardin van Air France was geskok deur die optrede van die veiligheidsagent en het in die naam van haar maatskappy verskoning aangeteken,&#8221; het hy bygevoeg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Girot de Langlade s\u00ea hy het die veiligheidsagente gevra om gou te maak en dit is al.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Reunion was sedert die begin van hierdie jaar een van die drie Franse oorsese gebiede waar rassespanning heers. Onrus en stakings teister die eiland.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of die kinderagtige geskel in Parys die donkerder Franse elders in die w\u00eareld wat kla dat hulle ekonomies uitgesluit word, gaan tevrede stel, is te betwyfel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">casino games<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ipress.ua\/ru\/news\/prokurora_harkova_uvoleno_111840.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die klag van rassisme teen die Franse minister van binnelandse sake, Brice Hortefeux, het &#8216;n lang aanloop en is maar die puntjie van die politieke intrige-ysberg waarmee Frankryk gereeld te kampe het. Kennelik is die nuwe smeerveldtogtaktiek om enige mededinger met die rassismekwas by te kom. Voorheen was ho\u00eb amptenare se privaatheid heilig en enige &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5932\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kinderagtige geskel oor ras&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[],"class_list":["post-5932","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5932","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5932"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5932\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5932"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5932"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5932"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}