{"id":5890,"date":"2009-09-28T09:49:00","date_gmt":"2009-09-28T09:49:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5890"},"modified":"2009-09-28T09:49:00","modified_gmt":"2009-09-28T09:49:00","slug":"kernwedloop-is-meer-gepas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5890","title":{"rendered":"&#8216;Kernwedloop&#8217; is meer gepas"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Dit was voorwaar &#8216;n kernnaweek in die ware sin van die woord.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iran het di\u00e9 naweek twee kortafstandmissiele afgevuur nadat sy Rewolusion\u00eare Wag met oorlogsoefeninge begin het. Volgens die amptelike media is dit om die land se paraatheid en afskrikvermo\u00eb te adverteer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die grond-tot-grond missiel, die Fateh (Oorwinning) en die seemissiel, die Tondar (Donder) is Sondag suksesvol gelanseer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iran het Maandag die Shahab 3-missiel getoets wat glo &#8216;n reikwydte van 2 000km het en Israel en die VSA se basisse in die Golf binne bereik plaas. Di\u00e9 missiel is al voorheen deur Iran getoets.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Oplaaiende spanning tussen Iran, die VSA en Israel vanwe\u00eb die land se kernprogram is ook tans in die nuus en waarnemers glo die oefening is gemik daarop om Obama se mees onlangse uitsprake te beantwoord.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Amerikaanse president het Saterdag ges\u00ea die ontdekking van &#8216;n geheime kernaanleg wys &#8216;n &#8220;kommerwekkende patroon&#8221; en ontwyking deur Iran voeg dringendheid tot die samesprekinge met ses w\u00eareldmoondhede Donderdag in Geneva. Die VSA en Israel vermoed dat Iran kernkrag vir milit\u00eare doeleindes wil aanwend.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iran het egter die stelling ontken en ges\u00ea die Weste is al lank reeds bewus van die aanleg naby die heilige stad Qom. Hulle het die bestaan van die aanleg Maandag per brief aan die IAEA, die Internasiionle Atoomenergieagentskap, erken en ges\u00ea die aanleg is oop vir inspeksie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Iran het die Weste daarvan beskuldig dat die uitbarsting oor die sogenaamde geheime aanleg die gesprek in Geneva negatief kan be\u00efnvloed.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit het ook hierdie naweek bekend geraak dat China hulle arsenaal opgegradeerde missiele op 1 Oktober tydens &#8216;n milit\u00eare parade gaan vertoon.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Chinese Xinhua-nuusagentskap het &#8216;n bevelvoerder aangehaal wat werksaam is by die beheer van kernwapens.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal die land se klem op militarisering en modernisering weereens benadruk. Buitelandse waarnemers is vol afwagting en sal die verbymars van die Volksbevrydingsle\u00ebr fyn dophou.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Minder tenks gaan deur die strate afgerol kom en meer van die weermag se gevorderde wapentuig sal ten toon gestel word, het generaal Gao Jianguo, woordvoerder van die Milit\u00eare Parade aan Reuters ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Bomwerpers, vegvliegtuie en helikopters sal verbyvlugte oor Beijing onderneem.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Daar sal 108 missiele te siene wees wat twee soorte konvensionele grond-tot-grond missiele sal insluit, asook interkontinentale kernmissiele, het Yu Jixun, onderbevelvoerder van die le\u00ebr se Tweede Artillerie ges\u00ea. Die Tweede Atrillerie beheer China se kernarsenaal en is besig met &#8216;n uitbreidingsplan wat konvensionele missiele sal insluit.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Al vyf soorte missiele is van die soliede brandstof soort, met kleiner omhulsels&#8230; In die verlede was dit meesal vloeibare brandstof en die omhulsels was enorm.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Julang-2, of JL-2, &#8216;n duikbootmissiel met &#8216;n trefafstand van 8 000km wat in 2001 getoets is en die CSS-X-10, &#8216;n soliede brandstof interkontinentale ballistiese missiel mag dalk deel vorm van die vertoning.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die VSA se maritieme strate\u00eb is bekommerd dat China dalk &#8216;n ballistiese anti-vaartuigmissiel, &#8216;n Dongfeng 21-D, ontwikkel het wat Amerika sal dwing om hulle vliegdekskepe op &#8216;n afstand te hou in die geval van &#8216;n aanval op Taiwan.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">China het egter nog nie die vermo\u00eb om met behulp van satelliete en ander stelsels skepe op see te volg en aan te val nie, s\u00ea milit\u00eare kenners.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Maar dit was nie al wat die naweek onder die kernsoeklig geval het nie. Volgens Nieu-Delhi se atoomspesialiste kan Indi\u00eb nou wapens bou wat meer as 200 kiloton kan dra en volgens die internasionale gemeenskap as &#8220;behoorlike strategiese afskrikmiddels&#8221; deug.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit sal natuurlik vir Pakistan, aartsvyand en kernmoondheid, in die skadu van Indi\u00eb stel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indi\u00eb se aankondiging kom op dieselfde tydstip as Iran se missieloefening en &#8216;n hewige debat wat in die land self woed oor of die laaste kerntoetse in 1998 suksesvol was of nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Invloedryke wetenskaplike, K Santhanam, by die Indiese weermag se navorsing- en ontwikkelingsorganisasie, beweer die kernhittetoets by Pokhran in Rajasthan, was laer as wat verwag is.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die stelling het weer aanleiding gegee tot spekulasie dat Indi\u00eb nog &#8216;n toets beplan wat spanning met Pakistan verder kan verhoog en die nuutondertekende burgerlike kernooreenkoms met Washington in die gedrang kan bring. Indi\u00eb het tot dusver geweier om die Kernsperverdrag te onderteken en is sedert 1974 besig om &#8216;n kernarsenaal te ontwikkel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens kenners beskik Nieu-Delhi oor genoeg wapengraad plutonium om ten minste &#8216;n honderd kernkoppe te vervaardig.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Milit\u00eare kenners s\u00ea Indi\u00eb se kerntoetse is nog nie behoorlik uitgevoer nie en is net mbv rekenaars gesimuleer.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Barack Obama het onlangs by die Algemene Vergadering van die VN gepleit dat meer lande by die Kernsperverdag aansluit. Hy het voorgestel dat Indi\u00eb as &#8216;n land aansluit wat nie oor kernwapens beskik nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Indi\u00eb het sy voorstel met minagting verwerp in &#8216;n brief aan die voorsitter van die Veiligheidsraad.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Met Pakistan, Indi\u00eb en Iran se onversetlike houding, en China se magsvertoon, is &#8216;n kernvrye w\u00eareld besig om in die vergetelheid te verdwyn.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Kernwedloop&#8221; is die nuwe woord op algar se lippe.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/dlja-malen-kih-detej\/kovriki-pazly\">\u043c\u043e\u0437\u0430\u0438\u043a\u0430 \u043a\u0438\u0435\u0432<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/comments.ua\/society\/596417-trehletniy-malchik-skonchalsya.html\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was voorwaar &#8216;n kernnaweek in die ware sin van die woord. Iran het di\u00e9 naweek twee kortafstandmissiele afgevuur nadat sy Rewolusion\u00eare Wag met oorlogsoefeninge begin het. Volgens die amptelike media is dit om die land se paraatheid en afskrikvermo\u00eb te adverteer. Die grond-tot-grond missiel, die Fateh (Oorwinning) en die seemissiel, die Tondar (Donder) is [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[45],"tags":[],"class_list":["post-5890","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c26-karin-roodt"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5890","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5890"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5890\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5890"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5890"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5890"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}