{"id":5855,"date":"2009-09-26T06:45:40","date_gmt":"2009-09-26T06:45:40","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5855"},"modified":"2009-09-26T06:45:40","modified_gmt":"2009-09-26T06:45:40","slug":"swarte-kom-weg-met-anti-wit-uitsprake","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5855","title":{"rendered":"Swarte kom weg met anti-wit uitsprake"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Die vakbond Solidariteit het SAA Tegnies vandag veroordeel vir sy optrede in \u0149 saak van rassisme teenoor \u0149 Solidariteit-lid en die maatskappy se besluit om nie dissiplin\u00eare aksie teen die werknemer vir sy opmerkings te neem nie. Solidariteit het verlede week die maatskappy drie dae gegun om die korrekte dissiplin\u00eare aksie te neem, maar die betrokke werknemer is egter net gewaarsku oor sy uitsprake en nou beskou die bestuur di\u00e9 saak as afgehandel.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Volgens Solidariteit-woordvoerder Jaco Kleynhans het \u0149 swart werknemer in Augustus vanjaar \u0149 werknemer met rassistiese opmerkings toegesnou en ges\u00ea dat hy nie wit mense kan verdra nie en dit ook nie kan verdra om saam met wit mense te werk nie. \u201cDi\u00e9 uitsprake is direk en op \u0149 neerhalende en rassistiese wyse op die persoon se wit kollega en wit mense in die algemeen gemik en is niks anders as blatante rassisme nie,\u201d verduidelik Kleynhans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die lid het kort na die voorval \u0149 grief by die werkgewer ingedien, maar die werkgewer het besluit om nie die dissiplin\u00eare prosedure, soos voorgeskryf vir klagtes van rassistiese optrede, te volg nie. Volgens SAA Tegnies se dissiplin\u00eare kode is \u0149 klag van rassisme gronde vir onmiddellike skorsing, waarna die toepaslike dissiplin\u00eare optrede gevolg moet word.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die maatskappy het vroe\u00ebr aangedui dat hy verkies om eerder bemiddeling as \u0149 alternatief tot \u0149 dissiplin\u00eare aksie te volg.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cWerkgewers kan nie onkonsekwent optree in sake soos di\u00e9 nie. Die dissiplin\u00eare roete moet eenvoudig gevolg word en daar kan nie na willekeur afgewyk word van die voorskrifte nie. Rassisme is nie \u0149 ligte aanklag nie en geen werkgewer kan daarom bekostig om dit ligtelik te hanteer nie. Ligtelike optrede stuur \u0149 boodskap aan werknemers dat dit aanvaarbaar is om ander se menswaardigheid met rassistiese uitsprake aan te tas,\u201d s\u00ea Kleynhans.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cDie bestuur het aan Solidariteit beklemtoon dat die lid egter wel daarop geregtig is om die saak intern verder te neem, maar dit is niksseggend,\u201d s\u00ea Kleynhans. \u201cDie lid het reeds die korrekte interne prosedure aangepak, maar die bestuur het nie die korrekte dissiplin\u00eare roete gevolg nie en probeer nou om \u0149 ernstige saak van rassisme onder die mat in te vee.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/28-to-chto-nuzhno-znat-ob-osveshchenii-na-kukhne\">\u0432\u0430\u0440\u0438\u0430\u043d\u0442\u044b \u043e\u0441\u0432\u0435\u0449\u0435\u043d\u0438\u044f \u043a\u0443\u0445\u043d\u0438 \u0444\u043e\u0442\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.unian.net\/society\/1063327-v-harkove-naznachen-novyiy-prokuror.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vakbond Solidariteit het SAA Tegnies vandag veroordeel vir sy optrede in \u0149 saak van rassisme teenoor \u0149 Solidariteit-lid en die maatskappy se besluit om nie dissiplin\u00eare aksie teen die werknemer vir sy opmerkings te neem nie. Solidariteit het verlede week die maatskappy drie dae gegun om die korrekte dissiplin\u00eare aksie te neem, maar die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5855\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Swarte kom weg met anti-wit uitsprake&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[6763,266,6764],"class_list":["post-5855","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-anti-wit-rassisme","tag-rassisme","tag-swart-rassisme"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5855","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5855"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5855\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5855"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5855"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5855"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}