{"id":5854,"date":"2009-09-26T05:08:58","date_gmt":"2009-09-26T05:08:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5854"},"modified":"2009-09-26T05:08:58","modified_gmt":"2009-09-26T05:08:58","slug":"kop-op-die-blok-streepsuiker-op-nuweland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5854","title":{"rendered":"Kop op die Blok: Streepsuiker op Nuweland!"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/09\/pretorius_sarel_van_griekwas.jpg\" border=\"0\" title=\"Sarel Pretorius van die Griekwas\" width=\"251\" height=\"150\" \/>Vanmiddag, wanneer die skeidsregter sy hand vertikaal ophou en sy fluitjie blaas om die wedstryd op Nuweland te begin, vlieg dertig spelers aanmekaar, en elkeen het een aansporingsgedagte: Tuishalfeindstryd. Dan is daar net strepe waar jy kyk: Die blou op wit strepe van \u2018n bastion van Suid-Afrikaanse rugby \u2013 die WP \u2013 en die groen op wit strepe van \u2018n ongepoetste plattelandse span wat nie weet wanneer hulle nou maar kan ophou nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die Griekwas se seisoen is gekenmerk deur hulle vermo\u00eb om groter spanne met baie meer aansien te skok. Net verlede week het hulle die Leeus se slagtande in Kimberley getrek. A&#8230; en d\u00e1\u00e1r is die woord wat as die Rosettasteen vir die ontrafeling van di\u00e9 naweek se konflik sal diens doen: Kimberley. Al het die Uieboere \u2018n paar grotes geskaapvang weg van die huis af, doen hulle hulle beste werk in Kimberley. Dit kan bes moontlik net te ver Kaap toe wees vir hulle, maar \u2018n skok is nie buite die ruim van moontlikheid nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dawie Theron het \u2018n span netjies aanmekaar gewerk hierdie jaar, en dit is juis die ingedrilde wyse waarop die spanmaats mekaar aanvul wat hierdie jaar se uitgawe van die Griekwas so \u2018n ongemaklike proposisie vir ander spanne gemaak het. Daar is nie te veel van die huidige Griekwas-personeel wat op groot, gierige unies se inkopielys is nie. Tog verstaan spelers soos Riaan Viljoen, Naas Olivier, Sarel Pretorius en Rayno Barnes hulle plek en werk in die span uit hulle koppe uit. As die WP nie vingertrek nie, kan m\u00f4re \u2018n mismoedige dag vir hulle op Nuweland wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tog, vingertrek, di\u00e9 sal die WP. Hierdie, meer as ander spanne in die kompetisie, is \u2018n eenheid wat selfvertroue nodig het om te presteer. As hulle arrogant genoeg is, en genoeg afbreekpuntballe kan wen, en sterk staan in die lynstane, kan hulle pronkperdjies in die agterlyn flink en fel toeslaan. Die vleuels, Gio Aplon, en Tonderai Chavanga, sal, as hulle geborge genoeg voel, baie sweepkrag op die aanval verskaf. En die blonde jong karwats, Joe Pietersen, kan baie venynig uit die heelagterkassie wees.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die WP het egter ook \u2018n paar onse buskruit verloor met die vertrek van hulle enigste werklike goeie slot, Chris Jack, en met Willem de Waal se besering het hulle \u2018n sekere taktiese bestendigheid in die agterlyn verloor. Wat hulle wel het, is \u2018n losdrietal met die vermo\u00eb om los balle op te vee, verdedigingsdruk op die teenstaanders se agterlyn te plaas en om genoeg momentum te verskaf vir die haastige agterlyn om vanaf \u2018n skaflike offensief te loods.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">As hierdie wedstryd in Kimberley gespeel sou word, was \u2018n opskudding nie uitgesluit nie. Maar nou speel algar voor die eenogige skare van Nuweland. Daarom: WP gaan uiteindelik wen, met omtrent sewe punte.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/yeella.com\">\u043f\u0440\u043e\u0434\u0432\u0438\u0436\u0435\u043d\u0438\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/2day.kh.ua\/4-dostijeniya-leta-v-kharkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u0433\u043e\u0440\u0435\u0432\u0438\u0447 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vanmiddag, wanneer die skeidsregter sy hand vertikaal ophou en sy fluitjie blaas om die wedstryd op Nuweland te begin, vlieg dertig spelers aanmekaar, en elkeen het een aansporingsgedagte: Tuishalfeindstryd. Dan is daar net strepe waar jy kyk: Die blou op wit strepe van \u2018n bastion van Suid-Afrikaanse rugby \u2013 die WP \u2013 en die groen &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5854\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kop op die Blok: Streepsuiker op Nuweland!&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":5853,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[],"class_list":["post-5854","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c78-rugby"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5854","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5854"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5854\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/5853"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5854"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5854"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5854"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}