{"id":5850,"date":"2009-09-26T03:57:49","date_gmt":"2009-09-26T03:57:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5850"},"modified":"2009-09-26T03:57:49","modified_gmt":"2009-09-26T03:57:49","slug":"krieket-engelse-pootjie-sri-lanka","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5850","title":{"rendered":"Krieket: Engelse pootjie Sri Lanka"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/09\/malinga_geboul2.jpg\" border=\"0\" title=\"Lasith Malinga van Sri Lanka word uitgehaal deur die Engelse bouler Chris Broad\" \/>Die voorspellings is toe bewaarheid: Gister, op die Wanderers, was daar \u2018n span vol kalmte, presiesheid en veglus wat gespeel het teen \u2018n span vol onsekerheid en mog\u2019t \u2013troffe krieket. Die skok was dat dit die Engelse was wat alles voortreflik gedoen het, terwyl dit toernooigunstelinge Sri Lanka was wat gestrompel en gesteier het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Eoin Morgan het Engeland uiteindelik gestuur tot \u2018n moraalopkikkerende ses-paaltjie oorwinning oor Sri Lanka in die Kampioenetrofee.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Engeland het \u2018n 213-lopie teiken op \u2018n springlewendige blad gehaal met nog vyf boulbeurte om te gaan, danksy Morgan (62 nie uit nie), Man van die Wedstryd Paul Collingwood, (46) en Owais Shah (44.)<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Suid-Afrika en Sri Lanka het nou elk een oorwinning uit twee wedstryde, terwyl Engeland hulle eerste wedstryd gespeel het nadat hulle 6-1 in \u2018n onlangse tuisreeks deur Australi\u00eb afgeransel is. <br \/>Nieu Seeland het hulle openingswedstryd verloor. Die twee topspanne sal deurgaan na die halfeindrondte.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;\u2019n Mens kan baie uit so \u2018n wedstryd leer. Ons spelers het sonder vrees gespeel en as ons so aanhou, kan ons \u2018n goeie span wees,&#8221; het die Engelse kaptein, Andrew Strauss ges\u00ea.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8220;Collingwood, Shah en Morgan het briljant gespeel. Die sleutel was om nie te veel paaltjies vroeg te verloor nie. Dit was \u2018n sinvolle en professionele lopiejaagtog.&#8221;<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sri Lanka se tolboulers, Muttiah Muralitharan en Ajantha Mendis, van wie verwag is dat hulle Engeland onder druk sal hou, kon nie veel indruk maak op \u2018n blad wat stadige boulers beswaarlik gehelp het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Engeland se oorwinning is in die wieg gel\u00ea deur die spoedboulers, James Anderson (3-20,) Stuart Broad (3-49) en Graham Onions (2-58.) Hulle het voortreflik geboul om Sri Lanka op \u2018n naatvriendelike blad te beperk.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Engeland het op 19-2 geswoeg toe hulle die openingskolwers, Strauss en Joe Denly, verloor het, maar die verbete Collingwood het die kolfbeurt op die regte koers gekry met \u2018n ywerige teenaanval.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nuwan Kulasekera het die vroe\u00eb skade aangerig toe hy Strauss vir nege en Denly vir vyf lopies verwyder het in sy vlymskerp openingskof.\u00a0 Hierna het Collingwood die druk verlig deur onder andere met die kolfblad af te skuifel en Kulasekara oor middebaan te trek vir \u2018n ses waarna hy die volgende twee aflewerings vir viere gewiks het. Na sy vertrek het Morgan aangetree om toe te sien dat Engeland die paal haal toe hy sewe viere in sy sewende halfton in eendag internasionale wedstryde aangeteken het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Sri Lanka in hulle beurt het vroeg reeds gewankel op 17 vir vier voordat Kandamby met 53 lopies en Matthews met 52\u00a0 die wa terug op sy wiele gekry het. Sri Lanka se kaptein, Kumar Sangakkara het gereken die span se telling van 212 was \u2018n goeie een op \u2018n blad wat nie \u2018n tipiese eendagstrook was nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Tydens die Sri Lanka-beurt het die Engelse kaptein, Andrew Strauss, gewys dat hy iets van die Suid-Afrikaanse sportgeesinbors behou het, toe hy Mathews teruggeroep het om verder te kolf toe di\u00e9 as uitgehardloop uitgegee is nadat hy in die bouler vasgehardloop het op pad na \u2018n tweede lopie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Of hierdie oorwinning van Engeland, en die gelatenheid waarmee Sri Lanka dit beleef het, blote afwykings was, sal gesien moet word. Engeland speel Sondag teen Suid-Afrika in \u2018n wedstryd wat van di\u00e9 antwoorde sal verskaf.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/25-osveshcheniya-magazina\">\u0434\u043e\u043c\u0430 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u043d\u0435\u0442<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/13.10.2017\/harkov_v_liderah_po_komfortnosti_zhizni_v_ukraine\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die voorspellings is toe bewaarheid: Gister, op die Wanderers, was daar \u2018n span vol kalmte, presiesheid en veglus wat gespeel het teen \u2018n span vol onsekerheid en mog\u2019t \u2013troffe krieket. Die skok was dat dit die Engelse was wat alles voortreflik gedoen het, terwyl dit toernooigunstelinge Sri Lanka was wat gestrompel en gesteier het. Eoin &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5850\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Krieket: Engelse pootjie Sri Lanka&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":5849,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[88],"tags":[6412,171,21115,6761,6667,5834],"class_list":["post-5850","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c79-krieket","tag-engeland","tag-gustav-venter","tag-c79-krieket","tag-krieket-engelse-pootjie-sri-lanka","tag-sri-lanka","tag-wanderers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5850","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5850"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5850\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/5849"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5850"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5850"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5850"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}