{"id":585,"date":"2007-06-28T00:00:00","date_gmt":"2007-06-28T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=585"},"modified":"2007-06-28T00:00:00","modified_gmt":"2007-06-28T00:00:00","slug":"die-ware-parallel-tussen-afrikaners-en-nazis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=585","title":{"rendered":"Die ware parallel tussen Afrikaners en Nazi&#8217;s"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die denkbeeldige bomwerper wat van Hamburg na Manhattan en terug kon vlieg om sy atoombom te laat val, lyk op &rsquo;n druppel water soos die Amerikaanse B2 <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/en.wikipedia.org\/wiki\/B-2_Spirit\">bomwerper<\/a>. Die ooreenkoms is nie toevallig nie; die Duitse B2 het in der waarheid bestaan. Die Duitse Horten-broers het so &rsquo;n <a target=\"_blank\" href=\"http:\/\/aerostories.free.fr\/constructeurs\/horten\/page2.html\">vliegtuig<\/a> ontwerp sowat vyftig jaar v&oacute;&oacute;r die B2 se ontstaan. Die B2 is &rsquo;n direkte uitvloeisel van die Horten-broers se vlie&euml;nde vlerk. In die jare tagtig het Amerikaanse wetenskaplikes die Smithsonian museum gaan besoek om die enigste oorblywende voorbeeld van die Horten-broers se vliegtuig te besigtig. (Vir diegene wat terloops ooit die geleentheid kry om Washington DC te besoek: die Smithsonian is driedubbel die besoek werd, veral omdat dit gratis is.)<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die program het voortgegaan om te noem hoe Duitse ingenieurs op &rsquo;n legio maniere leiers op hul gebied was. Die Russiese Mig 15 van die Koreaanse oorlog was byvoorbeeld &rsquo;n kopie van &rsquo;n vegvliegtuig wat deur die Nazi&rsquo;s teen die einde van die oorlog ontwerp is. Wernher von Braun was instrumenteel daarin om Amerikaners op die maan te plaas, vanwe&euml; sy ervaring met die V2-vuurpyl wat in Londen terreur gesaai het. Dit was Von Braun wat byvoorbeeld die bekende 10-9-8-7-6-5-4-3-2-1 aftelling by die lansering van vuurpyle bedink het.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die Nazi&rsquo;s se talente was egter nie beperk tot vuupyle en vliegtuie nie. Hitler se Autobahns bestaan vandag nog, ten minste in konsepvorm. Hitler se padontwerpers het beginsels wat vandag nog gebruik word, in hul Autobahns aangewend, byvoorbeeld &rsquo;n maksimum vertikale helling van 4%, iets wat die Weste se padontwerpers tien of twintig jaar vooruit was. Om vandag nog op &rsquo;n Autobahn te bestuur, is &rsquo;n voorreg en &rsquo;n loutere plesier, behalwe as mens soos die uwe slegs &rsquo;n huurvoertuig kan bekostig wat nie met die Duitsers se Mercedesse en Audi&rsquo;s se 180 km\/h in die vinnige baan kan meeding nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vandag word die Nazi&rsquo;s egter oral gedemoniseer. Om iemand &rsquo;n Nazi te noem, is &rsquo;n erge belediging. Vir die meeste mense is alles wat met Nazisme geassosieer word &rsquo;n vloekwoord. So ook apartheid. Apartheid is volgens die meeste &rsquo;n privatio boni; niks daarvan was goed nie. Apartheid en Nazisme word dikwels vergelyk, indien nie gelykgestel nie. Apartheid is glo ook &rsquo;n misdaad teen die mensdom.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die realiteit is natuurlik anders, indien nie presies die teenoorgestelde nie. Geen selfrespekterende Nazi sou ooit, onder enige omstandighede, aan die Jode op Duitsers se onkoste &rsquo;n tuisland, hospitale, skole en onderrig verskaf nie. &rsquo;n Kil soort rekeningkunde van die dood is in konsentrasiekampe toegepas: &rsquo;n Jood of Russiese gevangene kon &oacute;f produktief werk, &oacute;f hy is tereggestel. Vir &rsquo;n Nazi was die oplossing vir die &ldquo;Joodse vraagstuk&rdquo; eenvoudig die uitwissing van die Jode, nie sosiale hulpverlening aan Jode nie. Afrikaners, daarenteen, het uit blote medemenslikheid aan ander volkere soos Xhosas, Zoeloes en Tswanas hul eie grondgebied, skole, hospitale en regeringsgeboue gegee, alles vir die Afrikaner se eie rekening. Geen swartmens is ooit onder apartheid op ekonomiese gronde van die gras af gemaak nie. &rsquo;n Lynregte teenstrydigheid met die meer ekstreme vorme van Nazisme, dus.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Waar die Afrikaners en Nazi&rsquo;s wel ooreenstem, is Afrikaners se rol as bouers en innoveerders. Te oordeel aan hoe die res van Afrika verval, is Afrikaners &rsquo;n unieke Afrika-stam, een wat sy omgewing verbeter en nie vernietig nie. <em>The Economist<\/em> berig dat die hoofpad tussen Nairobi en Oeganda in 1965 &rsquo;n gawe, gladde teerpad was. Vandag is dit egter &rsquo;n vervalle stuk grondpad vol slaggate, met hier en daar &rsquo;n enkele stukkie teer. Kontrasteer dit met die N3 tussen Johannesburg en Durban in 1994, of selfs die meeste deurpaaie in Suid-Afrika vandag nog. D&iacute;s die ware nalatenskap van apartheid: Afrika se heel beste infrastruktuur, paaie, plase, kragstasies en les bes, rioolplase. Alles stelsels wat werk. Afrikaners is die enigste skeppers van infrastruktuur, as&rsquo;t ware die enigste bouers van Autobahns op die kontinent. Afrikane, aan die ander kant, is skynbaar die vernietigers van rykdom, effektief die termiete wat die struktuur inmekaar laat tuimel.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">    <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Ja, Afrikaners is soos Nazi&rsquo;s: die bouers van die Volkswagen Kewer, die Autobahns en die staatsdiens wat bykans onveranderd deur Konrad Adenauer se regering n&aacute; 1945 oorgeneem is. Nee, ons is nie soos die bouers van Auschwitz of Belsen nie; inteendeel. Ons is die enigste opheffers van ander mense op die kontinent.<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/go-bananas\/\">bananas<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/odessamedia.net\/obzor-druzei\/blagoustroistvo-slobodskogo-raiona-harkova-prodoljaetsya\/\">\u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/antonbkl.JPG\" width=\"77\" height=\"101\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Anderdag kyk ek in &rsquo;n oomblik van ledigheid &rsquo;n program op DSTV se History Channel, by name &ldquo;The Secret Nazi Aircraft of WW2&rdquo; of iets dergeliks. Getrou aan die sensasionele aard van baie TV-programme, begin dit met &rsquo;n denkbeeldige Duitse bomwerper wat &rsquo;n atoombom laat val op New York in 1946, tydens spitsuur. Die aanbieder intoneer dramaties dat die oorlog natuurlik, en gelukkig vir die pendelaars van Manhattan, in 1945 reeds ten einde geloop het.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  Die res van die program is gewy aan die briljante uitvindsels van die Luftwaffe en sy privaatsektorkontrakteurs soos Ernst Heinkel en Willi Messerschmidt.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[152,679,21092],"class_list":["post-585","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-anton-barnard","tag-die-ware-parallel-tussen-afrikaners-en-nazis","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/585","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=585"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/585\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=585"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=585"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=585"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}