{"id":5816,"date":"2009-09-23T13:00:55","date_gmt":"2009-09-23T13:00:55","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5816"},"modified":"2009-09-23T13:00:55","modified_gmt":"2009-09-23T13:00:55","slug":"verwelk-die-krieketblommetjies-al-weer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5816","title":{"rendered":"Verwelk die krieketblommetjies al weer?"},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"caption\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2009\/09\/antonbkl2.JPG\" border=\"0\" width=\"77\" height=\"101\" align=\"left\" \/>Ek en my maat Wim was daardie swart dag in 1999 persoonlik op Edgbaston in Birmingham, toe menere Klusener en Donald \u2018n breinfloute beleef het en uitgehardloop is met die laaste bal van die Krieketw\u00eareldbeker 1999. Ek kon sedertdien nog nie besluit wat was erger nie: die skok langs die veld, of hoe die Aussie-ondersteuners ons buite die stadion getart het nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Steve Waugh en kie het toe al die Proteas se blommetjies as \u201cchokers\u201d bestempel. Tydens dieselfde wedstryd in Birmingham het Herschelle Gibbs, te vol selfvertroue soos gewoonlik, vir Waugh gevang maar toe die bal slordig weggegooi. Die skeidsregter het geoordeel dat Gibbs nie beheer oor die bal gehad het nie en Waugh was gevolglik nie uit nie. Waugh het toe vir Gibbs ges\u00ea: \u201cYou\u2019ve just dropped the World Cup, mate.\u201d<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Waugh se uittartery is sedertdien telkens reg bewys. In 2003 het sersantmajoor Sean Pollock nie sy sakrekenaar byderhand gehad nie, en is die blommetjies deur Sri Lanka in Durban gepluk. Hoe minder ek skryf oor die rampspoedige halfeindstryd teen Australi\u00eb in die Karibbiese See in 2007, hoe beter. Dit was asof \u2018n skielike breinfloute wat die kolwers beetgepak het toe hulle almal uitgekom het en verwoed probeer slaan het.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Nietemin leer die blommetjies nie hulle les nie. Dit loop weer oor van die selfvertroue. Voor die aanvang van die huidige IKR se Kampioenetrofee, spog Dale Steyn ewe windgat dat g\u2019n span in die toernooi die blommetjies se gelykes is nie. Sri Lanka het egter nie na Steyn geluister nie, en eerder Steve Waugh se woord daarvoor gevat. Dit was van die begin af \u2018n slagting.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die naatbouler Wayne Parnell is gestriem in sy 10 boulbeurte. Grootbek Steyn se syfers was nie juis waffers nie. Roelof van der Merwe het moedig probeer. Waar, o waar, was Morn\u00e9 Morkel? As ek op my huis se voorstoep staan, kan ek Supersportpark se ligte sien. Al wat my gisteraand so \u2018n effe hoop gegee het, was die dreigende donderweer wat uit die weste aangekom het. Miskien sou Duckworth-Lewis die blommetjies wonderbaarlik red. Toe nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Wat is dit met die blommetjies dat hulle 435 lopies in die beste eendagwedstryd van alle tye kan aanteken, maar dat hulle g\u2019n vermo\u00eb het om tydens kompetisies soos die W\u00eareldbeker hond haaraf te maak nie?<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">\u201cChokers\u201d, inderdaad.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/lestnitsyi-i-podokonniki\/\">\u0438\u0437\u0433\u043e\u0442\u043e\u0432\u043b\u0435\u043d\u0438\u0435 \u0434\u0435\u0440\u0435\u0432\u044f\u043d\u043d\u044b\u0445 \u043b\u0435\u0441\u0442\u043d\u0438\u0446 \u0446\u0435\u043d\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/pressrelizi\/nid\/1143\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u0430\u0442\u0443\u0440\u0430 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek en my maat Wim was daardie swart dag in 1999 persoonlik op Edgbaston in Birmingham, toe menere Klusener en Donald \u2018n breinfloute beleef het en uitgehardloop is met die laaste bal van die Krieketw\u00eareldbeker 1999. Ek kon sedertdien nog nie besluit wat was erger nie: die skok langs die veld, of hoe die Aussie-ondersteuners &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5816\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Verwelk die krieketblommetjies al weer?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":5775,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[152,21115,6666,2242,6714],"class_list":["post-5816","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-anton-barnard","tag-c79-krieket","tag-proteas","tag-suid-afrika","tag-wereldbeker"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5816","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5816"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5816\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/5775"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5816"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5816"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5816"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}