{"id":5803,"date":"2009-09-23T05:43:21","date_gmt":"2009-09-23T05:43:21","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5803"},"modified":"2009-09-23T05:43:21","modified_gmt":"2009-09-23T05:43:21","slug":"cosatu-vaar-uit-teen-manuel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5803","title":{"rendered":"Cosatu vaar uit teen Manuel"},"content":{"rendered":"<p>Cosatu is gekant teen &#8216;n minister van beplanning, het Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris, Dinsdag ges\u00ea.<\/p>\n<p>Vavi s\u00ea die magte van Trevor Manuel, minister in die presidensie, is te groot en daar is voorheen ooreengekom dat Manuel slegs &#8216;n ko\u00f6rdinerende funksie sal h\u00ea.<\/p>\n<p>Cosatu is daarom gekant teen Manuel se groenskrif vir nasionale beplanning wat van hom \u2019n superminister maak aan wie Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, ondergeskik gaan wees.<\/p>\n<p>Cosatu het \u2019n striemende aanval op Manuel gedoen by sy 10de nasionale kongres in Midrand.<\/p>\n<p>\u201cDie ooreenkoms was dat \u2019n nasionale beplanningskommissie deur die presidensie geskep sal word. Die doelwit daarmee sou wees om seker te maak dat die doelwitte van \u2019n ontwikkelingstaat nagestreef word. Daar sou geen minister van nasionale beplanning wees nie \u2013 net \u2019n minister in die presidensie wat vir die nasionale beplanningskommissie verantwoordelik is,\u201d het Vavi ges\u00ea.<\/p>\n<p>Volgens hom bevat die groenskrif \u201c \u2019n strukturele probleem en swakheid\u201d en moet Cosatu dit beveg want dit maak Manuel tweede in bevel n\u00e1 die president.<\/p>\n<p>Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Cosatu daarop gewys dat Manuel se bevoegdhede glad nie verskil van die doelwitte van die nasionale beplanningskommissie nie.<\/p>\n<p>In Oktober verlede jaar is tussen die ANC-alliansievennote ooreengekom dat \u201cdie kommissie die mag sal h\u00ea om die werk van alle staatsdepartemente in die pas te bring met die regering se ontwikkelingsagenda\u201d.<\/p>\n<p>Cosatu se hoofsekretaris het egter skerp daarop gereageer en ges\u00ea daar is in Polokwane anders ooreengekom. Hy is deur die afgevaardigdes toegejuig.<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea wat in die groenskrif staan, moet eers &#8220;getoets&#8221; word vir aanvaarbaarheid by die alliansie.<\/p>\n<p>\u201cAan die ander kant het pres. Jacob Zuma \u2019n mandaat aan die minister van ekonomiese ontwikkeling gegee om ekonomiese beleid te hanteer, met \u2019n eie ministerie en staatsdepartement. Hy moet onder meer ook na makro- en mikro- ekonomiese ontwikkelingsbeplanning omsien,\u201d het Vavi in antwoord aan Mantashe ges\u00ea.<\/p>\n<p>Zuma het Maandag by die kongres aan afgevaardigdes ges\u00ea dat daar in Oktober 2008 ooreengekom is dat daar &#8216;n behoefte vir ho\u00ebvlakbeplanning bestaan asook om die kapasiteit van die regering te monitor.<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/poteha-detyam.com.ua\/igrushki-dlya-malchikov\/nabory-nindzya\/\">\u043d\u0430\u0431\u043e\u0440 \u043d\u0438\u043d\u0434\u0437\u044f \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/kharkov.dozor.ua\/news\/vlast\/1153567.html\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Cosatu is gekant teen &#8216;n minister van beplanning, het Zwelinzima Vavi, hoofsekretaris, Dinsdag ges\u00ea. Vavi s\u00ea die magte van Trevor Manuel, minister in die presidensie, is te groot en daar is voorheen ooreengekom dat Manuel slegs &#8216;n ko\u00f6rdinerende funksie sal h\u00ea. Cosatu is daarom gekant teen Manuel se groenskrif vir nasionale beplanning wat van hom &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5803\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Cosatu vaar uit teen Manuel&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[],"class_list":["post-5803","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5803","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5803"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5803\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5803"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5803"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5803"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}