{"id":580,"date":"2007-06-26T10:54:13","date_gmt":"2007-06-26T10:54:13","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=580"},"modified":"2007-06-26T10:54:13","modified_gmt":"2007-06-26T10:54:13","slug":"kragte-dreig-om-sa-staat-te-vernietig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=580","title":{"rendered":"Kragte dreig om SA Staat te vernietig"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Zille wat nie die rassedinamika van SA politiek verstaan nie, sukkel skynbaar nie om die ANC se interne politiek te verstaan nie. Dit is waarskynlik omdat sy &lsquo;n ideologiese sielsgenoot van veral die sosialistiese faksie in die ANC alliansie is.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Dit is &lsquo;n redelike en miskien &lsquo;n ooglopende aanname dat Cosatu en die SAKP deur die staking probeer om hul mag aan die Mbeki-faksie (Kapitalistiese Afrikaniste) van die ANC te toon.&nbsp; In gister se <em>Rapport<\/em> l&ecirc; Tim du Plessis ook die geweldige onenigheid en verdeeldheid binne die heersende party bloot.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Du Plessis, wat &lsquo;n bewonderaar van die Suid-Afrikaanse &lsquo;demokrasie&rsquo; is, het blykbaar oor die afgelope jaar ten minste &lsquo;n gedeeltelike kentering rondom die regime beleef. Du Plessis se ontnugtering het meegebring dat hy oor die afgelope maande gereeld die ANC President skerp kritiseer.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">In die afgelope Sondag se <em>Rapport<\/em> ontbloot hy die ANC in so &lsquo;n mate dat ANC ondersteuners seker sal s&ecirc; dat Du Plessis &ldquo;galbraak&rdquo;. Nogtans praat Du Plessis hierdie keer sin oor die ANC en is sy analise geregverdig.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">In bre&euml; trekke l&ecirc; hy bloot dat daar &lsquo;n gebrek aan leierskap is, dat die party geen morele kern meer het nie (Volgens hierdie skrywer het dit natuurlik nooit so iets gehad nie) en dat die hebsug van &lsquo;n elite groepie uitvoerende besluite sowel as die presidensiele opvolging sal bepaal.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Nouja, geen van hierdie punte is eintlik nuus nie, maar die punt waarop ek vir &lsquo;n oomblik wil fokus is wanneer Du Plessis oor die ANC beweer: &ldquo; Sy organisasie en strukture op grondvlak is vervalle en disfunksioneel. Dit is nie ek wat so s&ecirc; nie, sy eie ampsdraers erken dit in verslag op verslag&rdquo;.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Tim du Plessis het verseker toegang tot meer inligting oor die heersende party as meeste van ons gewone burgers.&nbsp; Naspers handhaaf&nbsp; immers noue bande met die ANC. Dit maak ook dan geheel en al sin dat die ANC se takke in &lsquo;n warboel verkeer. <\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">As die landsadministrasie &lsquo;n aanduiding is van die ANC se vermo&euml; om te organiseer, dan <\/span><span style=\"font-family: Arial\">kan<\/span><span style=\"font-family: Arial\"> die party beslis nie in &lsquo;n beter toestand verkeer nie.<\/span><span style=\"font-family: Arial\">Die logiese afleiding is dus dat die ANC nie meer in voeling het met sy ondersteuners is nie, want daarvoor het mens goeie organisasie op grondvlak nodig.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Weereens is ook dit &lsquo;n ooglopende afleiding gegewe die ontevredenheid onder swartes oor dienslewering, wat veroorsaak dat onluste, plek-plek, soos vure uitslaan. &nbsp;Die massas is al moeg vir le&euml; beloftes en die bevoordeling van die BEE-miljard&ecirc;rs.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Wat egter interessant is oor die vorige punt is die mate waartoe dit deur die sosialiste en populiste uitgebuit word om hul invloed in die alliansie te versterk. Hiervan is die stakings ook getuienis. Massas staatsamptenare is in opstand teen die ANC-regime se aanbevole salarisverhogings vir die amptenary en Cosatu is die voorbrandorganisasie wat die ontevredenheid ingespan het in die vorm van landswye stakings.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Terwyl Cosatu poog om die ANC (soos ten tye van die party se kongres) verder na links te probeer druk, is dit ook &lsquo;n tegniek om te wys dat hulle (Cosatu) die &lsquo;people&rsquo; agter hulle het en dus kan bepaal wie die volgende president sal word.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Vir Cosatu &#8211; en vir die ANC &#8211; het hierdie magstryd egter nou &lsquo;n kommerwekkende rigting ingeslaan, aangesien die stakers nou selfs Cosatu se eie onderhandelaars met die dood intimideer indien hulle verder sou afstaan aan die regime.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Die situasie sorg vir addisionele stagnasie in die onderhandelings en <\/span><span style=\"font-family: Arial\">kan<\/span><span style=\"font-family: Arial\"> veroorsaak dat die staking nog lank <\/span><span style=\"font-family: Arial\">kan<\/span><span style=\"font-family: Arial\"> uitrek. Wat egter insiggewend hieromtrent is, is dat &nbsp;net soos die ANC nie in voeling met die <\/span><span style=\"font-family: Arial\">massa<\/span><span style=\"font-family: Arial\"> is nie, het Cosatu nie meer beheer oor die <\/span><span style=\"font-family: Arial\">massa<\/span><span style=\"font-family: Arial\"> nie.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Intussen verdeel die magstryd in die ANC in verdere faksies sodat daar nou &lsquo;n hele aantal aanspraakmakers op die presidensi&euml;le troon blyk te wees. Van binne word die ANC dus toenemend lamgel&ecirc; deur faksionele binnegevegte. Verder het die organisasie dit te danke aan sy alliansie venoot ,Cosatu, dat die uitvoerende liggaam, nl. die staat , nou grotendeels staak sodat sekere belangrike staatsfunksies nie meer funksioneer nie. In elkgeval tot tyd en wyl die staking opgehef word.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Die situasie word vererger deur die sekuritietsmagte wat ook wil staak. Indien dit gebeur, het die ANC nie net beheer oor die betogende stakers verloor nie, maar ook alle beheer oor die land verloor. Indien die sekuriteitsmagte wel sou oorgaan tot &lsquo;n staking sou die onluste weens ontevredenheid op gemeenskapsvlak ook in alle waarskynlikheid met rasse skrede toeneem.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Met Cosatu wat reeds nie die amptenary wat &lsquo;n aansienlike deel van die swart middel en werkersklas behels, <\/span><span style=\"font-family: Arial\">kan<\/span><span style=\"font-family: Arial\"> beheer nie, sou dit waarskynlik net so min beheer oor &lsquo;n privaatsektorwerkersstaking kon uitoefen as dit eers uitbreek. Tans is daar sprake daarvan op die myne.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Ten beste sou die staking wel hierdie week tot einde kom en selfs dan lyk die situasie benard. Hordes ondergemiddelde, swak gekwalifiseerde amptenare moet dan terug om &lsquo;n staatsdiens, wat reeds voor die staking sterk tekens van disfunksie getoon het, uit &lsquo;n dieperwordende dilemma van agterstallige werk en ander verliese te lig. Laasgenoemde opsigself sal &lsquo;n bomenslike taak wees.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Indien die staking egter nog 21 dae sou voortduur soos wat oorweeg word en indien die sekuriteitsmagte ook hulself daarby aansluit , te midde van groeiende ontvredenheid op gemeenskapsvlak, lyk die saak baie sleg vir die regime sowel as vir die land. In so &lsquo;n onbeheerde situasie <\/span><span style=\"font-family: Arial\">kan<\/span><span style=\"font-family: Arial\"> 21 dae net sowel 31 dae word ens.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Dan het SA slegs &lsquo;n regering in naam en voldoen ook nie eintlik meer aan die vereistes om &lsquo;n staat genoem te word nie. Die mate van wet en orde wat tans nog bestaan sal dan ook ten einde loop in &lsquo;n samelewing wat oorloop van frustrasie weens armoede, ontevredenheid en onderliggende rassespanning.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">Suid-Afrika <\/span><span style=\"font-family: Arial\">kan<\/span><span style=\"font-family: Arial\"> dan waarlik &lsquo;n gefaalde staat raak, want dit is te betwyfel of die ANC so &lsquo;n chaos sou kon omkeer. So iets sal die ANC se Tsjernobil wees met &lsquo;n totale afsmelting van die organisasie se mag en die baie sterk moontlikheid dat totale anargie sal losbars.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">&nbsp;<\/div>\n<div align=\"justify\"><span style=\"font-family: Arial\">&lsquo;n Ontevrede etniese groep wat temidde van so &lsquo;n magsvakuum voldoende georganiseer is sou baie maklik totaal onder die ANC se mag kon wegbreek en kon oorgaan tot een of ander vorm van selfregering. Dit sou &lsquo;n blote saak van goeie tydsberekening en goeie organisasie wees.<\/span><\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">&nbsp;<\/span><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">you gamble<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/06\/18\/180080.html\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0441\u0443\u043f\u0435\u0440\u043c\u0430\u0440\u043a\u0435\u0442 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Vir die eerste keer sedert 1994 wil dit voorkom asof die ANC se &lsquo;permanente&rsquo; heerskappy oor Suid-Afrika dalk binne afsienbare tyd ten einde <\/span><span style=\"font-family: Arial\">kan<\/span><span style=\"font-family: Arial\"> loop. <\/span><\/p>\n<p align=\"justify\" class=\"MsoNormal\"><span style=\"font-family: Arial\">Die huidige stakings is in werklikheid &lsquo;n sosiaal-politieke sindroom in die sin dat dit wel oor salarisverhogings gaan, maar terselfdertyd ook heelwat meer behels. Onlangs het Helen Zille, die ultra-linkse leier, in haar brief op die DA webwerf beweer dat die staking ook in groot mate die simptoom van die magstryd binne die regerende alliansie is. <br \/><\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[48],"tags":[21092,198],"class_list":["post-580","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c30-vlad-du-plessis","tag-rubrieke","tag-vlad-du-plessis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/580","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=580"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/580\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=580"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=580"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=580"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}