{"id":5771,"date":"2009-09-19T00:00:00","date_gmt":"2009-09-19T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5771"},"modified":"2009-09-19T00:00:00","modified_gmt":"2009-09-19T00:00:00","slug":"kop-op-die-blok-se-bruessouw-en-sy-bende-gaan-te-veel-wees-vir-die-haaie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5771","title":{"rendered":"Kop op die Blok s\u00ea: Br\u00fcssouw en sy bende gaan te veel wees vir die Haaie"},"content":{"rendered":"<div>\n<p>Tuisveldvoordeel, meer Springbokke as in die Kalahari en meer selfvertroue as Steve Hofmeyr by \u2018n kombuistee \u2013 mens sou dink dit is genoeg vir die Haaie om m\u00f4re se wedstryd teen die Vrystaat op Kingsmead te laat wen&#8230; maar dit is nie. Die Cheetahs gaan die Haaie vandag krap waar dit die seerste maak \u2013 reg in die ligapunte.<\/p>\n<\/div>\n<div>\n<p>Die Haaie se spelpatroon is om die skroef in die vaste los stywer en stywer te draai totdat hulle teenstaanders hulle formaat verloor en om dan vinnig en venynig toe te slaan. Vandag gaan die spel besonder vormloos wees by tye \u2013 presies die soort vreetfees waarin die Haaie gedy. Hulle probleem is dat daar een span is wat beter toeslaan op aas as hulle \u2013 en dit is die Cheetahs.<\/p>\n<p>\u2018n Ernstige Cheetah-span kan by tye skokkend onbeholpe lyk, maar die afgelope ses weke het hulle, onder Adriaan Strauss sorgelose voetbal gespeel. Die partytjie gaan vandag voortgesit word. Voorlangs het die Vrystaat genoeg konstruksiewerkers om \u2018n dansvloer op Kingsmead te bou. Wian du Preez, Adriaan Strauss en WP Nel het genoeg domkrag in hulle om die skrum in donkierat te kry en David de Villiers en Nico Breedt het genoeg vuur en veerkrag in voorraad om die Vrystaat hulle kwota lynstaanballe te verseker.<\/p>\n<p>Die Haaie maak staat op \u2018n Cheetah-agterlyn om ongeorganiseerd op die verdediging te bly \u2013 \u2018n ryk aar wat die WP verlede week vir punte raakgeboor het, veral tussen die senters deur. Naka Drotske en Helgaard Muller is egter gesout genoeg om reg te maak wat verkeerd is. En in Andries Strauss en Waylon Murray het die Haaie nie die vonkelvoetigste senters nie. Die Haaie gaan hulle slaankrag probeer ekstra lading gee deur vir Adi Jacobs op die veld te bring wat hulle kwesbaar gaan maak rondom die punte \u2013 presies daar waar die resiesperde, Jongi Nokwe en Lionel Mapoe soos skaduwees gaan omhardloop.<\/p>\n<p>Die Cheetahs gaan ander vrae vra wat die Haaie sal sukkel om te antwoord. Vernaamste hiervan is: Hoe om die sakkeroller, Heinrich Br\u00fcssouw, in aanhouding te kry. Graniethard soos Jean Deysel is, en verbete soos wat Jacques Botes is, hulle gaan nie die jong grypdief verhoed om hulle die Haaie se losballe na die Vrystaatse pandjieswinkel aan te dra nie. Dit sal die Haaie se losvoorspelers dwing om oorywerig en waaghalsig bal toe te werk, \u2018n desperaatheid waarvoor hulle in strafskoppe gaan betaal. Met Jacques-Louis Potgieter wat met groter sekerheid pale toe skop, gaan hierdie strafskoppe vir punte gewissel word.<\/p>\n<p>Kop op die Blok se voorspelling: Vrystaat met agt punte.<\/p>\n<p>En terloops \u2013 die Leeus gaan die Griekwas met tien punte op daardie  ho\u00ebrskoolveld eet.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\">pour chat<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blog.bnkomi.ru\/post-34470\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tuisveldvoordeel, meer Springbokke as in die Kalahari en meer selfvertroue as Steve Hofmeyr by \u2018n kombuistee \u2013 mens sou dink dit is genoeg vir die Haaie om m\u00f4re se wedstryd teen die Vrystaat op Kingsmead te laat wen&#8230; maar dit is nie. Die Cheetahs gaan die Haaie vandag krap waar dit die seerste maak \u2013 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[6409,171,21114,5118],"class_list":["post-5771","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby","tag-cheetahs","tag-gustav-venter","tag-c78-rugby","tag-sharks"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5771","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5771"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5771\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5771"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5771"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5771"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}