{"id":5770,"date":"2009-09-18T14:44:43","date_gmt":"2009-09-18T14:44:43","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5770"},"modified":"2009-09-18T14:44:43","modified_gmt":"2009-09-18T14:44:43","slug":"kop-op-die-blok-swart-dag-wag-op-kiwis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5770","title":{"rendered":"Kop op die Blok: Swart dag wag op Kiwi&#8217;"},"content":{"rendered":"<div>\n<p>Moskou is ver van Frankryk van waar \u2018n klein Korsikaan sy imperiale magte teen Rusland gewerp het. Berlyn van waar Adolf Hitler die voorbeeld van Napoleon verontagsaam het, is nie veel nader nie. Maar die Franse is ingewag deur die ruitery van die Kosakke en die Tsaar se artillerie. Hitler se Panzers is ingewag deur die duisende T34-tenks van Zjoekoff. En beide Teutoniese en Galliese magte is skaakmat gesit deur die Russiese winter.<\/p>\n<p>Richie McCaw se All Blacks het nie Kosakke, artillerie of tenks om die Australi\u00ebrs m\u00f4re van die stadspoorte af te hou nie. En die een wat gaan verkluim, is die All Black-afrigter, Graham Henry, in die winter van Nieu-Seelandse openbare afkeur.<\/p>\n<p>Die All Blacks het tradisioneel staatgemaak op harde, bedrewe voorspelers wat chaos in die vyand se linies kan saai waarna hulle waaghalsige agterspelers strooptogte doelgebied toe kon uitvoer. Die beste All Black-spanne was \u2018n soomloos ge\u00efntegreerde masjien, met vaste vyf, losvoorspelers en agterlyn wat \u2018n amper hipnotiese vermo\u00eb gehad het om \u2018n swakplek te herken en uit te buit. Hierdie jaar se vergawe is egter \u2018n ontwrigte span wat moet kompenseer om gebreke in die voorry, die lynstaan en die gebroke spel te probeer toesmeer.<\/p>\n<p>Dit is veral die agterlyn wat glad nie herken kan word as \u2018n All Black-instrument nie. Hierdie is \u2018n ou wynsak wat met ou stukke leer gelap is. In Dan Carter het hulle weliswaar \u2018n speler met statuur, \u2018n meer as voldoende produk in die lyn wat vooraf gegaan is deur Carlos Spencer, Andrew Mehrtens en Grant Fox. Maar sedert Justin Marshall se vertrek was daar nog nie \u2018n skrumskakel wat die beste in Carter kan ontgin nie. Jimmy Powell is \u2018n ordentlike, selfs parmantige, Super-14 skrumskakel, maar hy is geen Gareth Edwards nie en sy spel is altyd voorspelbaar, altyd ontwrigbaar. Hoewel Ma\u2019a Nonu nou meer buskruit op binnesenter sal verskaf, is sy verdediging soms efferig en aan sy buitekant is Isaia Toeava \u00f3f suiwer napalm, \u00f3f beteuterd. Die All Blacks se probleem in daardie kanaal is dat Berrick Barnes en Adam Ashley-Cooper geslepe genoeg is om krake daar oop te rek en hulle sal weet hoe om die vrotste in Toeava te laat manifesteer.<\/p>\n<p>Hierdie hakkel-en-hik- All Black-masjien word nou boonop deur \u2018n Wallaby-span, wat deurtrek is met selfvertroue, gekonfronteer. Hulle is die beste skrummers in die kompetisie en Mark Chisholm en James Horwill sal \u2018n ryp pluksel balle uit die lynstaan bekom. Die All Blacks se probleme gaan op die grond verhewig word waar Rockey Elsom en veral David Pocock en George Smith die losballe soos Kirby-stofsuiers gaan opsuig. Hier gaan Richie McCaw \u2018n alleenstryd voer. Di\u00e9 geduikte en verrinneweerde kryger is nog op soek na sy beste formaat en sy beste gaan nie goed genoeg wees nie.<\/p>\n<p>Buitelangs het die Aussies te veel spoed en lewenslus met Drew Mitchell en Lachie Turner wat gaan kattemaai rondom die o\u00ebverblindery van Matt Giteau.<\/p>\n<p>Verloor is nie \u2018n All Black-gewoonte nie. Maar m\u00f4re gaan hulle hulle vierde wedstryd in vanjaar se kompetisie verloor. Hierdie jaar is die agteros swart, alles swart.<\/p>\n<p>Kop op die Blok se voorspelling? Dit gaan nie eers naby wees nie. Die Wallabies gaan met tien punte of meer wen. Die uitdrukking \u201cswart dag,\u201d gaan m\u00f4re splinternuwe betekenis in Nieu-Seeland kry.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/devochki-94\/letnjaja-odezhda\/futbolki-bluzy-rubashki?p=5\">\u0434\u043b\u0438\u043d\u043d\u044b\u0435 \u0440\u0443\u0431\u0430\u0448\u043a\u0438 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0432\u043e\u0447\u0435\u043a<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avonua.ru\/object\/transportirovka-komplektnogo-gruza-topcargo\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div>\n<p>Veldmaarskalk Bernard \u201cMonty\u201d Montgomery het mos veelgeroemd opgemerk dat die Eerste Re\u00ebl van Oorlogvoering is: Moet nooit opmarsjeer Moskou toe nie. Vir \u2018n lang ruk het dit die nugtere rugbyprofeet ook betaam om nooit stelling teen die All Blacks in te neem nie.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[6513,6640,21114,21101,4883,2242],"class_list":["post-5770","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby","tag-all-blacks","tag-kop-op-die-blok-swart-dag-wag-op-kiwis","tag-c78-rugby","tag-s25-sport","tag-springbokke","tag-suid-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5770","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5770"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5770\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5770"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5770"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5770"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}