{"id":5768,"date":"2009-09-19T18:00:00","date_gmt":"2009-09-19T18:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5768"},"modified":"2009-09-19T18:00:00","modified_gmt":"2009-09-19T18:00:00","slug":"die-gevolge-van-piekolie-deel-vi","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5768","title":{"rendered":"Die gevolge van Piekolie, Deel IV"},"content":{"rendered":"<div>\n<div class=\"mosimage\" style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/buksvanrensburg2.jpg\" border=\"0\" alt=\"Image\" title=\"Image\" hspace=\"6\" width=\"110\" height=\"148\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\"><\/div>\n<\/div>\n<p>In die finale deel van my aflewering wil ek die sosiale gevolge van Piekolie ontleed. Dit is die mees kontroversiele deel van die beskrywing, fundamenteel omdat dit \u0149 oefening in voorspellings oor die toekoms is. Daar is baie filosofiese probleme met ons geneigheid om die toekoms te probeer beskryf, en \u0149 versigtige benadering is die gewensde een.<\/p>\n<p>In di\u00e9 rubriek maak ons die ietwat omstrede aanname dat \u0149 piek in die produksie van petroleum w\u00eareldwyd in die volgende dekade gaan plaasvind, waarna die produksie P afneem van een jaar na die volgende, terwyl die aanvraag A vir petroleum toeneem of ten minste konstant bly. Nie een van die twee is \u0149 gegewe nie, maar is \u0149 redelike aanname, as ons van huidige data ekstrapoleer.<\/p>\n<p>Ekonome onderskei tussen twee ekonomiese toestande: Enersyds \u0149 toestand waar aanbod of produksie van \u0149 produk sy aanvraag oorskry (P&gt;A). In so &#8216;n geval word die prys deur kopers beheer, daar is potensieel \u0149 oorvloed van die produk op die mark, en aanvraag is relatief laag vergeleke met produksie.<\/p>\n<p>Of andersyds sien ekonome \u0149 toestand waar die aanvraag vir \u0149 produk sy produksie oortref (P&lt;A). In so &#8216;n klimaat word die prys van die produk opgejaag omdat baie bie\u00ebrs \u0149 tekort in die mark veroorsaak.<\/p>\n<p>Klassieke liberale kapitalistiese ekonomiese teorie het dit dat mense hulle omgewing sodanig organiseer dat aanbod en aanvraag stabiliseer (P=A) terwyl pryse so geaffekteer word dat  winste \u0149 maksimum is. As die prys vir \u0149 produk hoog is, dan neem verkope af en produksie neem af. Produsente het die vermo\u00eb om produksie sodanig aan te pas en derhalwe om pryse sodanig te be\u00efnvloed dat produksie en aanvraag in \u0149 stabiele verhouding verkeer. In die oliemark was die toestand histories waar, en swaai-produsente het hulle produksie sodanig beheer om petroleum aanvraag en produksie teen \u0149 taamlik goedkoop prys te stabiliseer.<\/p>\n<p>Piekolie-ontleders voer aan dat toekomstige produksie en aanvraag vir petroleum taamlik onelasties gaan wees.<\/p>\n<p>Dit wil s\u00ea, \u0149 toename in prys laat aanvraag nie vinnig afneem nie, en stimuleer nie groter produksie nie omdat (1) die ekonomie \u0149 sekere hoeveelheid energie benodig om te funksioneer (mense moet ry, ploeg, krag opwek, en dies meer), en (2) omdat daar skynbaar fundamentele limiete is op die hoeveelheid petroleum wat ons kan ontgin.<\/p>\n<p>Ek het punt (2) taamlik volledig in <a href=\"content\/view\/5572\/403\/\">dele I<\/a>, II en <a href=\"content\/view\/5638\/403\/\">III<\/a> beskryf, en redelike mense sal onmiddellik verstaan dat petroleumproduksie wel deur \u0149 piek sal gaan \u2013 dit was laag in die verlede, is hoog vandag, en sal weer laag wees in die verre toekoms. Daar is dus \u0149 maksimum in produksie \u00earens in die toekoms, of dalk selfs in die nabye verlede. Vir ons doeleindes aanvaar ons dat die piekproduksie reeds plaasgevind het, of dat dit in die volgende 5 of 10 jaar gaan plaasvind.<\/p>\n<p>Die sosiale sy van piekolie is dus verwant aan punt (1) hierbo \u2013 die voorstel dat ekonomiese bedrywighede sekere hoeveelhede energie nodig het, en dat kapitaal en rykdom in \u0149 fundamentele sin verband hou met energie, en dat olieproduksie en aanvraag fundamenteel onelasties is en nie maklik verander kan word nie.<\/p>\n<p>Daar is verder \u0149 paar relevante feite wat mens in gedagte moet hou: Ten eerste is daar \u0149 onafwendbare toename in die aarde se bevolking, wat tot op 9 miljard in die volgende 40 jaar kan groei. Daar is tweedens \u0149 sterk verband tussen lewenskwaliteit, landbouproduksie, rykdom, en energieverbruik. Die verband is baie sterk gekorreleer met energie van elektrisiteit omdat ons \u0149 elektrisiteitsbeskawing is. Daar is egter ook \u0149 taamlike sterk en belangrike korrelasie tussen voedselproduksie en petroleumverbruik.  Ten derde is daar tans \u0149 skerp toename in ekonomiese groei in Indi\u00eb en Sjina, wat miljarde mense op die petroleummark gaan loslaat wanneer hulle motors en ander vervoer koop, en veral wanneer hulle lhul andbou gaan meganiseer.<\/p>\n<p>Ekonome het per geleentheid \u0149 aanvraaganalise gedoen om petroleumverbruik vooruit te skat. Die IEA, wat hiermee gemoeid is, het byvoorbeeld beweer dat olieverbruik gaan toeneem van ongeveer 85 miljoen vate per dag in 2005 tot ongeveer 120 miljoen vate per dag in 2025. Di\u00e9 soort analise maak aannames oor ekonomiese groei, en reken dan uit hoeveel petroleum benodig sal word. Die idee dat olieproduksie nooit tot 120 miljoen vate per dag opgestoot kan word nie, word heeltemal in die soort beskrywings ge\u00efgnoreer.<\/p>\n<p>Die teenoorgestelde word gedoen in Piekolie: Olieproduksie word in terme van aanbod vooruitgeskat, met Hubbard se logistieke ontleding in ag genome. In die analise word voorspel dat petroleumproduksie in 2025 so laag as 30 miljoen vate per dag, tot soveel as 60 miljoen vate per dag, kan wees. Daar sal dus, ten minste teoreties, \u0149 geweldig tekort wees wat gaan ontwikkel, met verhoogde pryse en gedwonge afnames in verbruik.<\/p>\n<p>Wat sal die gevolge uiteindelik wees?<\/p>\n<p>Die optimistiese vooruitsig: In die scenario is daar \u0149 plaasvervanger vir petroleum (waarskynlik aardgas), en die ekonomie pas aan in die nuwe paradigma. Motors word kleiner en meer effektief, alternatiewe energiebronne wis deel van die probleem uit, en aardgas word genoegsaam gebruik om die tekort te elimineer. Die ontwikkelende w\u00eareld word nie te erg geaffekteer nie, maar selfs in die geval is dit uiters moeilik om voor te stel dat Zimbabwi\u00ebrs eendag soos Amerikaners vandag sal kan lewe. Dit wil s\u00ea, die ontwikkelende w\u00eareld bly arm, maar verval nie heeltemal nie, terwyl die ryker dele van die w\u00eareld miskien stadiger groei, maar sonder groot ontwrigting.  Die scenario is natuurlik baie optimisties, en myns insiens ietwat onwaarskynlik.<\/p>\n<p>\u0149 Belangrike komponent van die optimistiese scenario maak staat op idees vir alternatiewe opwekking en bronne van energie. Abiotiese petroleum is een alternatiewe idee, terwyl ander ontleders beweer dat aardgas of steenkool so voldoende is dat dit petroleum heeltemal kan verplaas. Ek is bra skepties daaroor. Daar word ook van gevorderde windopwekkers gepraat, voorstelle gemaak om getye te dam en in hidro-elektriese skemas te gebruik, en dies meer. Verder ook nog kernkrag genoem, en as skeptici voorspel dat uraanvoorraad reeds te min is, dan toriumreaktors. Sonkrag en ander nuwer tegnologie word ook dikwels beloof as \u0149 oplossing.<\/p>\n<p>Daar is iets wat &#8216;n mens ongemaklik stem oor al die beloftes vir alternatiewe bronne van energie. Dit is naamlik dat dit net t\u00e9 maklik is \u2013 amper soos \u0149 enkele ridder wat oor die horison aangery kom met wat die Engelse &#8216;n \u201cfree lunch\u201d noem. As \u0149 petroleumtekort in die volgende dekade ontstaan sal ons natuurlik oorskakel, sover moontlik, na alternatiewe bronne. Daar is weliswaar baie goeie idees vir plaaslike opwekking, waar elke gesin hulle energie vanaf son- en windopwekking verkry, en dies meer.<\/p>\n<p>Maar mense wat beweer dat alternatiewe opwekking van welke aard ookal in samewerking met petroleum energie aan ons ekonomie kan verskaf, verstaan nie die skaal van die probleem nie. Die VSA alleen sal honderde nuwe kernkragsentrales moet bou en biljarde kubieke meters aardgas moet ontgin, net om petroleum te kan vervang, en dit sonder om verhoogde kapasiteit wat ekonomiese groei vra, in ag te neem.<\/p>\n<p>Terloops, aardgas, en dan miskien massiewe olie-uit-steenkool projekte wat die Sasol-proses gebruik, tesame met elektriese voertuie en kernkragopwekking, lyk na die beste van die alternatiewe voorstelle, en veral aardgas kan dien as \u0149 oorgangsbron vir \u0149 paar dekades, totdat dit self deur \u0149 Hubbardpiek sal gaan.<\/p>\n<p>Om op te som: Daar is vir my iets utopies in die optimistiese vooruitsigte rondom Piekolie. Voorspellings van \u0149 alternatiewe energie-utopie in \u0149 w\u00eareld wat gekenmerk word deur volop voedsel en vrede, skoon energie en elektriese voertuie, lyk vir my al te veel na ander utopiese ideologie\u00eb, wat mense dikwels aanmoedig om (dom) moeilike keuses vandag te maak om die toekomstige utopie later te skep. In die sin blyk die soort optimistiese beskouing vir my taamlik ideologies in karakter.<\/p>\n<p>Die pessimistiese vooruitsig: Die meer pessimistiese vooruitsig is reeds in 1994 deur Robert Kaplan verwoord in sy essay \u201cThe Coming Anarchy\u201d, waarin hy opmerk dat \u201cThe cities of West Africa at night are some of the unsafest places in the world. Streets are unlit; the police often lack gasoline for their vehicles; armed burglars, carjackers, and muggers proliferate.\u201d<\/p>\n<p>Kaplan se opstel is profeties. Hy merk op dat \u201cWest Africa is becoming the symbol of worldwide demographic, environmental, and societal stress, in which criminal anarchy emerges as the real &#8220;strategic&#8221; danger. Disease, overpopulation, unprovoked crime, scarcity of resources, refugee migrations, the increasing erosion of nation-states and international borders &#8230;\u201d  en dit is veral met die opmerking oor \u201cscarcity of resources\u201d dat sy beskrywing met die pessimistiese vooruitsig van Piekolie resoneer.<\/p>\n<p>Pessimistiese ontleders interpreteer die koms van die piek in olieproduksie soos volg: Ten eerste \u0149 kortdurende maar skerp verhoogte olieprys. Het ons dit reeds in 2008 gesien? Daarna &#8216;n w\u00eareldwye ekonomiese resessie met laer gepaardgaande energiepryse wat moontlik in \u0149 depressie van ontwikkel.<\/p>\n<p>Daarna lei stimulasie van die ekonomie deur sentrale banke uiteindelik tot stagflasie of selfs \u0149 periode van hiperinflasie. Onvermydelike verdere afnames in olieproduksie oor die volgende dekade vernietig die w\u00eareldekonomie sodanig dat investering in nuwe projekte om olie te produseer begin afneem, met gevolglike verdere afnames in produksie in \u0149 afwaartse spiraal.  Minder olie, minder kapitaal, gevolg deur nog minder olie. In die ontwikkelende w\u00eareld \u0149 katastrofe soos afnames in gemeganiseerde landbou en etanol uit mielies of diesel uit sonneblom w\u00eareldvoedselproduksie sodanig verminder sodat oorbevolking daarvoor sorg dat die totale bevolking nie gevoed kan word uit bestaansboerderye nie.<\/p>\n<p>In die ontwikkelde w\u00eareld maak die Amerikaners seker dat Bush se doktrine, naamlik dat die Amerikaanse lewenstyl nie onderhandelbaar is nie, wel ge\u00efmplementeer word. Dit veroorsaak milit\u00eare ingryping van die VSA in plekke soos Meksiko en Wes-Afrika (en party mense voer reeds aan dat die oorlo\u00eb in Irak en Afghanistan deur energie gemotiveer word).  Honger bevolkings begin migreer, diere en die omgewing word gestroop, en Robert Kaplan se bleek landskap ontvou soos wat mense terugkeer na \u0149 Hobbesiaanse wildernis, die lewe word brutaal, minagtend, arm, onseker en kort. Uiteindelik verdwyn tegnologie, en ons het teruggekeer na \u0149 natuurlike staat in die wildernis.<\/p>\n<p>Slot-opmerkings: Ek is nie \u0149 aanhanger van die pessimistiese vooruitsig nie. Dit is wel moontlik, maar (hopelik) onwaarskynlik. Diep in elke mens is daar \u0149 optimistiese hartklop, en in die geval voel ek baie meer gemaklik met die optimistiese vooruitsig wat kortliks hierbo opgesom word. Dit is egter moeilik om \u0149 piek in olieproduksie, op een of ander tyd, of dalk reeds, te ontken.<\/p>\n<p>Dit is verder doodlogies dat die tydvak van afname in produksie sekere gevolge gaan h\u00ea. Modelle van die aarde se ekonomie deur die Klub van Rome se \u201cLimits to Growth\u201d projek, asook ander argumente gebaseer op demografie soos in Kaplan se essays, is dit feitlik almal eens dat ons op die drempel van \u0149 meer onsekere internasionale tydvak staan \u2013 sommige sosiale wetenskaplikes beweer dat ons die einde van die Verligting, wat met die Franse Rewolusie begin het, nog in die eeu sal ervaar en dat \u0149 nuwe Middeleeuse donker tydvak voorl\u00ea.<\/p>\n<p>In die geval van Piekolie argumenteer my optimistiese sy dat die ontwikkelde w\u00eareld erger as die derde w\u00eareld ontwrig gaan word. In die opsig merk mens op dat die Amerikaanse ekonomie baie meer op goedkoop energie en petroleum gebaseer is, as dit vergelyk word met bestaansboerderye in, s\u00ea nou maar, Indonesi\u00eb.<\/p>\n<p>Met ander woorde, die bestaansboere in Indonesi\u00eb sal met minder ontwrigting en ontbering aan die anderkant uitkom, as Amerikaners. Groot Westerse stede soos Los Angeles is in besonder blootgestel \u2013 die groot bevolking in \u0149 woestynklimaat kan net gevoed word met goedkoop energiebronne vir gemeganiseerde landbou en vervoer. Verder is hulpbronoorlo\u00eb ook baie meer waarskynlik in die ontwikkelde w\u00eareld, wat beide baie meer het om te verloor, en wat nog die kapasiteit sal h\u00ea om op groot skaal oorlog te voer.<\/p>\n<p>As mens nou \u00earens heen wil vlug of veiligheid wil soek, wat sal die advies wees?  Ek het nie veel nie, maar kom ons probeer:  Maak seker jy weet hoe om kos te verbou en te preserveer. As jy in \u0149 stad bly, migreer dan eerder na \u0149 kleiner plek met minder mense en meer natuurlike hulpbronne soos water per capita. Maak seker jy het \u0149 agtertuin waarin jy tamaties kan groei, en dat jy jou tuin kan beskerm. As jy op \u0149 plaas bly, dan bly jy net daar, maar maak seker jy is veilig. Maak seker jy weet hoe om biltong te maak en te bewaar.<\/p>\n<p>En onthou die drie dries:  Mense kan drie minute maklik sonder suurstof leef, drie dae sonder water leef, en drie weke sonder kos. Na enige van die drie het jy \u0149 probleem.<\/p>\n<p>Dit onthou en doen jy alles terwyl jy angstig op Piekolie wag.<\/p>\n<p>Andersins gaan jy aan met jou lewe soos die meeste van ons, en hoop jy dat more \u0149 beter dag sal wees. Soos die apostel Paulus opgemerk het:  \u201cNou kyk ons nog in &#8216;n dowwe spie\u00ebl [na die toekoms] en sien &#8216;n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken\u2026.En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie &#8230;\u201d (I Korinti\u00ebrs 13 verse 12, 13).<\/p>\n<p>Ek is nie so seker oor geloof en liefde onder mense nie, maar mense het altyd, almal het altyd, hoop.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/lestnitsyi-i-podokonniki\/\">\u043d\u0430 \u0442\u0435\u0442\u0438\u0432\u0430\u0445<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/13.10.2017\/harkov_v_liderah_po_komfortnosti_zhizni_v_ukraine\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u043e\u0441\u044c\u0435<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In die finale deel van my aflewering wil ek die sosiale gevolge van Piekolie ontleed. Dit is die mees kontroversiele deel van die beskrywing, fundamenteel omdat dit \u0149 oefening in voorspellings oor die toekoms is. Daar is baie filosofiese probleme met ons geneigheid om die toekoms te probeer beskryf, en \u0149 versigtige benadering is die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[44],"tags":[232,6638,21092],"class_list":["post-5768","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c25-buks-van-rensburg","tag-buks-van-rensburg","tag-die-gevolge-van-piekolie","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5768","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5768"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5768\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5768"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5768"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5768"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}