{"id":5761,"date":"2009-09-18T02:42:23","date_gmt":"2009-09-18T02:42:23","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5761"},"modified":"2009-09-18T02:42:23","modified_gmt":"2009-09-18T02:42:23","slug":"vsa-skrap-missielafweerstelsel-in-oos-europa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5761","title":{"rendered":"VSA skrap missielafweerstelsel in Oos-Europa"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Die Obama-administrasie gaan die omstrede missielafweerstelsel in Oos-Europa skrap.<\/p>\n<p>Senior Amerikaanse amptenare se uitsprake is deur soortgelyke verklarings in Pole en Tsjeggi&euml;, die twee sleutellande waar elemente van die stelsel opgerig sou word, gevolg.<\/p>\n<p>Aanvanklik wou vise-president Joe Biden nie gerugte bevestig of ontken nie.<\/p>\n<p>Hy het egter die logika van die besluit verdedig deur aan te voer dat Iran nie deur die VSA as &#39;n bedreiging beskou word nie.<\/p>\n<p>Biden het aan CNN ges&ecirc; Amerika is &quot;heeltemal by magte en gereed om enige huidige of toekomstige bedreiging uit Iran te hanteer&quot;.<\/p>\n<p>&quot;Die hele doel van die oefening wat ons onderneem is om die moontlikheid van Iranese wat di&eacute; streek in die w&ecirc;reld destabiliseer, te verminder. Ek is nie baie bekommerd &#8211; baie minder bekommerd &#8211; oor die potensiaal van Iran. Hulle het geen potensiaal op hierdie stadium om &#39;n missiel na die VSA af te vuur nie,&quot; het hy ges&ecirc;.<\/p>\n<p>Biden het ges&ecirc; hy is &quot;diep&quot; betrokke by die hersiening van die missielafweerstelsel.<\/p>\n<p>Die vorige Bushadministrasie het Iran as &#39;n bedreiging beskou en die beweegrede vir die afweerstelsel.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse ommeswaai sal goeie nuus vir Rusland wees wat fel gekant was teen die plan.<\/p>\n<p>&#39;n Amerikaanse afvaardiging het Donderdag in beide Pole en Tsjeggi&euml; aangedoen en albei lande het bevestig dat die stelsel geskrap gaan word.<\/p>\n<p>Tsjeggiese eerste minister Jan Fischer het ges&ecirc; Obama het hom Woensdag ingelig oor die skrappng maar het nie redes daarvoor gegee nie.<\/p>\n<p>&#39;n Woordvoerder van die Poolse minsiterie van verdediging het ook ges&ecirc; die planne is van die baan. Die woordvoerder, wat anoniem wou bly, het ges&ecirc; &quot;dit is &#39;n katastrofe vir Pole&quot;.<\/p>\n<p>Albei Oos-Europese lande het hulle toekomstige veiligheidsbeleid op die missielafweerstelsel van die VSA gegrond omdat hulle inmenging van Rusland vrees.<\/p>\n<p>Hulle sal na verwagting nou na Navo-alliansievennote kyk vir soortgelyke waarborge. &quot;Ons verwag dat die VSA sal aanhou saamwerk met Tsjeggi&euml; en die betrokke ooreenkomste van ons gesamentlike (navorsing en ontwikkeling) en finansiering van spesifieke milit&ecirc;re projekte, sal eerbiedig,&quot; het Fischer ges&ecirc;.<\/p>\n<p>Daar was geen kommnetaar van Russiese amptenare oor die skrapping, wat &#39;n diplomatieke oorwinning vir Rusland is, nie.<\/p>\n<p>Met die afweerstelsel uit die pad is daar egter &#39;n moontlikheid van nouer samewerking tussen die VSA en Rusland wat Iran aanbetref, aangesien die afweerstelsel as &#39;n struikelblok oor die aangeleentheid beskou is.<\/p>\n<p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/zaryadnye_i_pusko_zaryadnye\/\">\u043b\u0443\u0447\u0448\u0435\u0435 \u043f\u0443\u0441\u043a\u043e \u0437\u0430\u0440\u044f\u0434\u043d\u043e\u0435<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/58379-istoriya-supermarketov-klass-ot-osnovaniya-do-nashix-dnej.html\">\u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Obama-administrasie gaan die omstrede missielafweerstelsel in Oos-Europa skrap. Senior Amerikaanse amptenare se uitsprake is deur soortgelyke verklarings in Pole en Tsjeggi&euml;, die twee sleutellande waar elemente van die stelsel opgerig sou word, gevolg. Aanvanklik wou vise-president Joe Biden nie gerugte bevestig of ontken nie. Hy het egter die logika van die besluit verdedig deur [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089,6625],"class_list":["post-5761","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus","tag-vsa-skrap-missielafweerstelsel-in-oos-europa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5761","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5761"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5761\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5761"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5761"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5761"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}