{"id":5757,"date":"2009-09-18T01:31:14","date_gmt":"2009-09-18T01:31:14","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5757"},"modified":"2009-09-18T01:31:14","modified_gmt":"2009-09-18T01:31:14","slug":"barberton-gebied-toneel-van-daaglikse-skietgevegte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5757","title":{"rendered":"Barberton-gebied, toneel van daaglikse skietgevegte"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Minister Susan Shabangu s&ecirc; daaglikse skermutselinge tussen die polisie en onwettige myners in Mpumalanga se Barberton-gebied is aan die orde van die dag.<\/p>\n<p>&quot;Interbende- en skietgevegte is nou byna &#39;n daaglikse gebeurtenis in di&euml; gebied. Konfrontasies tussen onwettige myners, die polisie en veiligheidspersoneel vind al hoe meer plaas,&quot; het sy blykbaar aan die Nasionale Raad van Provinsies ges&ecirc;, volgens haar gedrukte toespraak.<\/p>\n<p>Die onwettige myners of zama-zamas is gewapen en gebruik ontvoerde wettige myners as menslike skilde in konflikte met die polisie.<\/p>\n<p>&quot;Hierdie onwettige delwers is gewapen en gevaarlik. Hulle dra openlik &#39;n ernorme aantal wapens, wat AK47&#39;s en 9mm pistole insluit.&quot;<\/p>\n<p>In Welkom in die Vrystaat, word fopmyne van plofstof vir die polisie en veiligheidspersoneel gestel.<\/p>\n<p>&quot;Onwettige mynbou brei uit na ander onwettige aktiwiteite, wat kinderprosttusie en kinderarbeid insluit. Asof dit nie genoeg is nie, word goeie burgers wat die onwettige aktiwiteite aanmeld by die owerhede met hulle lewens gedreig en geteister.&quot;<\/p>\n<p>Die hoogsgeorganiseerde en ryk sindikate wat hiervoor verantwoordelik is, hark miljarde rande in en gebruik onwettige myners om kos en ander benodighede soos plofstof en toerusting te vervoer, het sy ges&ecirc;.<\/p>\n<p>Plaaslike bendes help die sindikate om myners om te koop en werf delwers vir buurlande soos Botswana, Lesotho, Mosambiek en Zimbabwe. Die bendes verskaf ook regshulp aan onwettige myners.<\/p>\n<p>Die goud wat gemyn word, word uit die land gesmokkel en benadeel die land se ekonomie.<\/p>\n<p>&quot;Die gesmokkelde goud word deur tussengangers en frontmaatskappye aan buitelandse kopers aangebied,&quot; s&ecirc; Shabangu.<\/p>\n<p>In &#39;n poging om hierdie onwettige bedrywighede stop te sit, is &#39;n forum geskep waarop die polisie, gemeenskapsleiers, die regering en mynmaatskappye dien. Berigte van onwettige mynbou in Gauteng aan die Wesrand doen nou ook die rondte.<\/p>\n<p>Sy het ges&ecirc; die Kabinet is vasberade om dmv die  nuutgestigte Valke die kriminele te beveg. Polisie en  aanklaers gaan ook ondersoek word om te kyk of hulle nie die sindikate help nie.<\/p>\n<p>Die polisie in Mpumalanga en die Vrystaat wat met die kwessie gemoeid is, was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.<\/p>\n<p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\">kompressormash.com<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/other\/58379-istoriya-supermarketov-klass-ot-osnovaniya-do-nashix-dnej.html\">\u0434\u0435\u043f\u0443\u0442\u0430\u0442 \u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Minister Susan Shabangu s&ecirc; daaglikse skermutselinge tussen die polisie en onwettige myners in Mpumalanga se Barberton-gebied is aan die orde van die dag. &quot;Interbende- en skietgevegte is nou byna &#39;n daaglikse gebeurtenis in di&euml; gebied. Konfrontasies tussen onwettige myners, die polisie en veiligheidspersoneel vind al hoe meer plaas,&quot; het sy blykbaar aan die Nasionale Raad &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5757\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Barberton-gebied, toneel van daaglikse skietgevegte&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[6613,21089,21108,6614],"class_list":["post-5757","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-barberton-gebied","tag-nuus","tag-suider-afrika","tag-toneel-van-daaglikse-skietgevegte"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5757","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5757"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5757\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5757"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5757"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5757"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}