{"id":5752,"date":"2009-09-17T12:14:58","date_gmt":"2009-09-17T12:14:58","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5752"},"modified":"2009-09-17T12:14:58","modified_gmt":"2009-09-17T12:14:58","slug":"kriegler-gaan-gdk-hof-toe-vat","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5752","title":{"rendered":"Kriegler gaan GDK hof toe vat"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Oud-regter Johann Kriegler, voorsitter van die Freedom Under Law, FUL, &rsquo;n onafhanklike regsorganisasie sonder winsbejag, gaan &#39;n aansoek in die hooggregshof bring om die Geregterlike Dienskommissie, GDK, se besluit oor regterpresident John Hlophe te hersien.<\/p>\n<p>Dokumente sal na verwagting volgende week by die hof ingedien word.<\/p>\n<p>FUL het Donderdag in &#39;n verklaring ges&ecirc; die GDK het nie op &#39;n brief wat aan hulle gestuur is, reageer nie.<\/p>\n<p>Die brief versoek skriftelike redes waarom die GDK die saak teen Hlophe laat vaar het.<\/p>\n<p>&quot;FUL het nog geen reaksie van die GDK ontvang nie, en gaan oor tot die volgende stap,&quot; het FUL ges&ecirc;.<\/p>\n<p>Die brief is op 10 September aan Lex Mpati, waarnemende voorsitter van die GDK, gestuur en die GDK is tot 15 September kans gegee om op die brief te reageer.<\/p>\n<p>Kriegler het verlede week in &#39;n onderhoud met Mail &amp; Guardian ges&ecirc; die GDK het &lsquo;n vraagteken oor John Hlophe laat hang deur hom nie onder kruisverhoor te plaas nie.<\/p>\n<p>&ldquo;Die aanklagtes teen Hlophe is van die ergste wat jy teen &lsquo;n regterlike amptenaar kan maak &ndash; om die integriteit van die hoogste hof in die land te ondermyn,&rdquo; het Kriegler, voormalige regter van die konstitusionele hof en &lsquo;n stigterslid van FUL, aan die koerant ges&ecirc;.<\/p>\n<p>&ldquo;Ek weet nie of die aanklagtes waar is of nie.<\/p>\n<p>&ldquo;Al wat ek weet is dat die RDK dit nie wou ondersoek nie en dit was die basiese fout.&rdquo;<\/p>\n<p>&ldquo;Dit los &lsquo;n vraagteken bo sy kop en ek weet nie hoe hy sy kollegas in die o&euml; sal kan kyk nie,&rdquo; het Kriegler ges&ecirc;.<\/p>\n<p>Sy opmerkings verwys na die aanklag deur die GDK dat Hlophe wou inmeng in &rsquo;n uitspraak van die konstitusionele hof rakende Jacob Zuma voordat hy president geword het.<\/p>\n<p>Hlophe het weer beswaar gemaak teen die feit dat die regters hul aantygings publiek gemaak het nog voordat hy daarop kon reageer.<\/p>\n<p>Na &lsquo;n voorlopige verhoor het die RDK besluit om die saak daar te laat, en Hlophe het na &lsquo;n tydperk van spesiale verlof sy werk hervat.<\/p>\n<p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">online free slots<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.obozrevatel.com\/crime\/90724-v-harkove-prokuratura-zavela-delo-o-krazhe-konfiskata-na-15-millionov.htm\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oud-regter Johann Kriegler, voorsitter van die Freedom Under Law, FUL, &rsquo;n onafhanklike regsorganisasie sonder winsbejag, gaan &#39;n aansoek in die hooggregshof bring om die Geregterlike Dienskommissie, GDK, se besluit oor regterpresident John Hlophe te hersien. Dokumente sal na verwagting volgende week by die hof ingedien word. FUL het Donderdag in &#39;n verklaring ges&ecirc; die GDK &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5752\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kriegler gaan GDK hof toe vat&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[6607,21089,21108],"class_list":["post-5752","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-kriegler-gaan-gdk-hof-toe-vat","tag-nuus","tag-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5752","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5752"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5752\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5752"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5752"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5752"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}