{"id":5735,"date":"2009-09-16T04:30:53","date_gmt":"2009-09-16T04:30:53","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5735"},"modified":"2009-09-16T04:30:53","modified_gmt":"2009-09-16T04:30:53","slug":"nuwe-hofsaak-oor-pretoria-naam","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5735","title":{"rendered":"Nuwe hofsaak oor Pretoria-naam"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Die Vryheidsfront Plus het ges&ecirc; dat die party die Tshwane-metroraad se nuutste poging om eensydig die naam van Pretoria na Tshwane te herdoop, met alles in sy vermo&euml; sal beveg.<\/p>\n<p>Dit volg nadat hofstukke afgelewer is waarin die Tshwane-metroraad die Vryheidsfront Plus, AfriForum en dr. Conrad Beyers voor die hof daag ten einde toestemming te kry om naamborde met die naam &ldquo;City of Tshwane&rdquo; in en om Pretoria op te rig. Volgens die hofstukke sal die saak op die 6de Oktober voor die Noord-Gautengse Hooggeregshof kom.<\/p>\n<p>Einde 2007 het die VF Plus, AfriForum en Beyers &lsquo;n interdik teen die metroraad verkry wat hulle verbied het om naamborde wat na Pretoria as Tshwane verwys, op te rig. Die metroraad het nou &lsquo;n nuwe aansoek gebring in &lsquo;n poging om die interdik te omseil.<\/p>\n<p>Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid in die metroraad, is hierdie &lsquo;n verdere bewys dat die plaaslike ANC geensins belangstel om in &lsquo;n gees van versoening op te tree nie.  Hierdie is die ANC se oudste truuk: Om die aandag af te lei van die finansi&euml;le ramp wat hulle vir die hoofstad geskep het, wend hulle hul tot naamsveranderinge.<\/p>\n<p>&ldquo;Die plaaslike ANC se vyandige optrede teenoor Afrikaners se erfenis druis lynreg in teenoor pres. Zuma se toenaderende houding teenoor Afrikaners. Die Vryheidsfront Plus het al by verskeie geleenthede ges&ecirc; dat die party oop is vir &lsquo;n kompromie oor die naamkwessie, maar dit is duidelik dat die plaaslike ANC die roete van openlike konfrontasie verkies,&rdquo; het Beyers ges&ecirc;. &nbsp;<\/p>\n<p>Volgens Beyers besef die VF Plus dat voorbereidings vir die 2010 Fifa-W&ecirc;reldbeker getref moet word en dat naamborde aangebring moet word. &ldquo;Die VF Plus wil ook so gou moontlik h&ecirc; dat naamborde opgerig moet word by die stad se ingange. Maar die naam wat daarop moet staan is Pretoria.&rdquo;<\/p>\n<p>Die VF Plus sal in konsultasie met sy regspan binnekort verdere aksie bekendmaak.<\/p>\n<p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/miomare-yachting.com\/ru\/parusnyj-sport\/\">\u0447\u0435\u043c\u043f\u0438\u043e\u043d\u0430\u0442 \u043c\u0438\u0440\u0430 \u043f\u043e \u043f\u0430\u0440\u0443\u0441\u043d\u043e\u043c\u0443 \u0441\u043f\u043e\u0440\u0442\u0443<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.finobzor.com.ua\/novosti\/nid\/29382\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u0425\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Vryheidsfront Plus het ges&ecirc; dat die party die Tshwane-metroraad se nuutste poging om eensydig die naam van Pretoria na Tshwane te herdoop, met alles in sy vermo&euml; sal beveg. Dit volg nadat hofstukke afgelewer is waarin die Tshwane-metroraad die Vryheidsfront Plus, AfriForum en dr. Conrad Beyers voor die hof daag ten einde toestemming te &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5735\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nuwe hofsaak oor Pretoria-naam&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52],"tags":[175,21089,6580],"class_list":["post-5735","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","tag-afrikaanse-nuus","tag-nuus","tag-nuwe-hofsaak-oor-pretoria-naam"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5735","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5735"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5735\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5735"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5735"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5735"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}