{"id":5711,"date":"2009-09-14T04:18:05","date_gmt":"2009-09-14T04:18:05","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5711"},"modified":"2009-09-14T04:18:05","modified_gmt":"2009-09-14T04:18:05","slug":"nico-smith-se-pleidooi-vir-die-herinstelling-van-apartheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5711","title":{"rendered":"Nico Smith se pleidooi vir die herinstelling van apartheid"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Eerstens moet mens di&eacute; storie vat van wie dit kom. Ds Smith is eerstens &lsquo;n oud-Broeder. Is dit nie telkens die geval dat mens die merk van die Broederbond op baie dinge wat skeefloop, kan bespeur nie? Smith is destyds uit die Broederbond geskors n&aacute;dat hy gehuil het van blydskap oor sy beroeping na Mamelodi, maar gegewe die verraad wat die Broeders sedertdien teen Afrikaners gepleeg het, sou Smith seker deesdae vir &lsquo;n medalje by die Broeders gekwalifiseer het.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Siende dat Smith oorstelp was van vreugde om tussen swartmense in Mamelodi te gaan woon, is dit geen geheim waar sy simpatie l&ecirc; nie. Smith sien Afrikaners en ons arrogante klagtes oor derduisende moorde, plaasaanvalle en regstellende aksie as die probleem.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Op sigself is dit &lsquo;n interessante siening, gegewe dat Smith van alle mense &lsquo;n voorstaander van integrasie sal wees. Wat hy nie s&ecirc; nie, maar wat hy per implikasie erken, is dat integrasie eenvoudig nie werk nie. Dit is nie net moeitevol en duur nie, dit lei ook tot rassekonflik. In Smith se eie woorde loop blankes die risiko om soos die Franse in Algeri&euml; uitgemoor en verdryf te word, omdat ons weier om te integreer.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Goed, kom ons aanvaar Smith se siening vir die doeleindes hiervan as &lsquo;n akkurate weerspie&euml;ling van Suid-Afrika se problematiek. Dis die ondankbare blankes se skuld. Ons moet bly wees dat slegs sommiges van ons vermoor, verkrag en aangeval word. Ons moet dankbaar wees wanneer ons ons werk verloor, want dis &lsquo;n voorreg om plek te maak vir daardie bekwame regstellende-aksiekandidate.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Omdat blankes so ondankbaar is, omdat ons swartmense so in die gesig vat met ons houding, is die voor-die-hand-liggende oplossing om ons en hulle te skei, nie waar nie? Hou ons om hemelsnaam net weg van hulle, voor ons hulle te erg beledig en hulle ons op groot skaal uitwis. Die kitsoplossing vir hierdie probleem is uiteraard iets soos &lsquo;n volkstaat of die Groepsgebiedewet. Om konflik te vermy, sien?<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Dis te veel gevra vir &lsquo;n ekstreem-linkse oud-Broeder om die enorme ironie in sy sienswyses in te sien, maar waarop ds Smith se pleidooi neerkom, is sowel &lsquo;n bekentenis dat integrasie en die re&euml;nboognasie fundamenteel gedoem is, as &lsquo;n versoek om die herinstelling van apartheid of afskeiding in Suid-Afrika.<\/p>\n<p align=\"justify\"><em>Lees Anton Barnard se woernaal, <a href=\"http:\/\/antonbarnard.praag.co.za\">SAmizdat<\/a>. <\/em><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/categories\/78-prozhektory\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u043e\u0434\u0438\u043e\u0434\u043d\u044b\u0435 led \u043f\u0440\u043e\u0436\u0435\u043a\u0442\u043e\u0440\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/strana.in.ua\/news\/63481-eks-rukovoditelyu-xarkovskoj-strojfirmy-grozit-12-let-tyurmy.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px; width: 77px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/antonbkl2.JPG\" width=\"77\" height=\"101\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\"> <\/div>\n<\/div>\n<p> <em>Lees ook: <a href=\"content\/view\/5749\/236\/\">Stuur ons af op &#39;n blanke volksmoord?<\/a> deur Dan Roodt en <a href=\"content\/view\/5741\/403\/\">Media24-meningsvormer pleit vir Afrikaner-selfmoord<\/a>  deur Pieter Oosthuizen. <\/em><\/p>\n<p>Ouddominee Nico Smith meen dat blankes <a href=\"content\/view\/5749\/402\/\">gedienstig en gedwe&euml; moet wees<\/a>. Volgens ds Smith moet ons vir lief neem daarmee dat daar teen ons gediskrimineer word met rassistiese wetgewing en dat derduisende van ons vermoor, verkrag of aangeval word. So nie, waarsku ds Smith, wag daar moontlik &lsquo;n volksmoord op ons. Blankes sal volgens hom soos vasgekeerde rotte uitgemoor word.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[152,6552,21092,2243,2242,2261,6553],"class_list":["post-5711","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-anton-barnard","tag-nico-smith-se-pleidooi-vir-die-herinstelling-van-apartheid","tag-rubrieke","tag-south-africa","tag-suid-afrika","tag-volksmoord","tag-white-genocide"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5711","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5711"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5711\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5711"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5711"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5711"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}