{"id":5710,"date":"2009-09-14T03:57:47","date_gmt":"2009-09-14T03:57:47","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5710"},"modified":"2009-09-14T03:57:47","modified_gmt":"2009-09-14T03:57:47","slug":"argentini-gevra-om-in-2012-deel-van-drienasies-te-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5710","title":{"rendered":"Argentini? gevra om in 2012 deel van Drienasies te word"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>SANZAR, die groep wat die internasionale en provinsiale toernooie tussen Suid-Afrika, Australi&euml; en Nieu-Seeland organiseer, het vandag ges&ecirc; dat hy &#39;n voorwaardelike uitnodiging aan Argentini&euml; gerig het om n&aacute; die volgende w&ecirc;reldbeker by die Drienasieslande aan te sluit.<\/p>\n<p>Die amptenare het ges&ecirc; dat Argentini&euml; gevra sal word om te waarborg dat hul beste spelers aan die Viernasies sal deelneem en dat Argentynse spelers insgelyks geleentheid gebied gaan word om vir Super-14-spanne van Suid-Afrika, Australi&euml; en Nieu-Seeland te speel.<\/p>\n<p>Die formaat van die Viernasies sal voorsiening maak vir elke span om tuis- en &#39;n wegwedstryde te speel &#8211; ses wedstryde per span en 12 wedstryde in totaal.<\/p>\n<p>Andy Marinos, die waarnemende direkteur van SA Rugby en uitvoerende beampte van SANZAR, meen Argentini&euml; sal kontras teenoor die speelstyl van die huidige drie spanne verskaf.<\/p>\n<p>&quot;Om die Poemas, wat derde in die Rugbyw&ecirc;reldbeker van 2007 ge&euml;indig het en tans sesde ter w&ecirc;reld geklassifiseer word, saam met die drie top- internasionale spanne in w&ecirc;reldrugby te sien speel, sal vir rugbygeesdriftiges opwindend wees, asook vir borge en uitsaaiers dwarsdeur ons vier lande en elders ter w&ecirc;reld,&quot; het Marinos verklaar.<\/p>\n<p>&quot;Hulle speel met &#39;n ander styl as die All Blacks, Springbokke en Wallabies en hul insluiting sal die Drienasies in &#39;n waarlike suidelikehalfrondkampioenskap laat ontwikkel.&quot;<\/p>\n<p>Die Viernasies sal vanaf middel-Augustus (n&aacute; afloop van die Superrugbykragmeting) vir &#39;n agt- of negeweekperiode tot vroeg Oktober gespeel word. In &#39;n Rugbyw&ecirc;reldbekerjaar sal &#39;n verkorte weergawe tydens Julie en Augustus gespeel word.<\/p>\n<p>Porfirio Carrera, die president van die Union Argentina de Rugby (UAR) het die uitnodiging &#39;n &quot;heuglike tyd vir rugby&quot; in sy land genoem.<\/p>\n<p>Augustin Picho, die kaptein van die Poemas tydens die 2007-w&ecirc;reldbeker en tans lid van Argentynse rugby se ho&euml;prestasieraad, het ges&ecirc; dat die besluit tot verhoogde belangstelling in die sport in sy land sal lei.<\/p>\n<p>&quot;Ons is verheug om die kans te kry &#39;n groot rugbyland te word en om aan topvlak- internasionale rugby deel te neem,&quot; het Pichot ges&ecirc;.<\/p>\n<p>&quot;Hierdie opwindende verwikkeling gaan lewensbelangrik wees om die spel in Argentini&euml; te laat uitbrei. Dis geskiedkundig en elkeen in Argentini&euml; behoort trots te voel.&quot;<\/p>\n<p>Die Australiese rugbyunie het in &#39;n verklaring ges&ecirc; dat hy Argentini&euml; aangemoedig het om met die &quot;nodige harde werk&quot; voort te gaan om aan SANZAR se finansi&euml;le voorwaardes te voldoen wat die Poemas sal toelaat om aan die Drienasies deel te neem.<\/p>\n<p>&quot;Argentini&euml; het tot dusver hul verbintenis, hartstog en &#39;n werketiek getoon wat hul begeerte beklemtoon om toe te sien dat die Poemas konsekwent op die hoogste moontlike vlak kan deelneem,&quot; het die uitvoerende beampte van die ARU, John O&#39;Neill, ges&ecirc;.<\/p>\n<p>&quot;Dis daarom belangrik dat Argentini&euml;, met die voorwaardelike uitnodiging wat op die tafel is, stelselmatig vooruitgang sal maak en aan die nodige voorwaardes sal voldoen.&quot;<\/p>\n<p>Argentini&euml; het in 1910 sy eerste internasionale rugbywedstryd teen &#39;n toerspan van die Britse eilande gespeel. Sedert 1987 het die land aan al ses w&ecirc;reldbekertoernooie deelgeneem, met as beste poging die halfeindrondte in Frankryk twee jaar gelede.<\/p>\n<p>Die beste Argentynse spelers beskik oor kontrakte met Europese klubs, maar die Poemans het beperkte blootstelling aan internasionale mededinging van die toernooitipe. Die topses- Europese lande speel &#39;n jaarlikse Sesnasiestoernooi, wat reeds gevestig was lank voordat SANZAR onafhanklike toere deur die suidelike spanne tydens die negentigerjare in &#39;n jaarlikse Drienasiestoernaai omgeskakel het.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/luxurytiaras.com\/product-category\/accessories\/\">wedding accessories<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e \u042e\u0440\u0438\u0439 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\"><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px; width: 306px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/UAR_embleem.png\" width=\"306\" height=\"353\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Embleem van die Argentynse Rugbyunie<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Argentini&euml; is genooi om vanaf 2012 by die Drienasiestoernooi aan te sluit. Tesame met Suid-Afrika, Australi&euml; en Nieu-Seeland sal die reeks dus tot &#39;n Viernasieskragmeting uitgebrei word.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[6551,21114,21101],"class_list":["post-5710","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby","tag-argentini-gevra-om-in-2012-deel-van-drienasies-te-word","tag-c78-rugby","tag-s25-sport"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5710","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5710"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5710\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5710"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5710"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5710"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}