{"id":57,"date":"2007-01-28T15:38:37","date_gmt":"2007-01-28T15:38:37","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=57"},"modified":"2007-01-28T15:38:37","modified_gmt":"2007-01-28T15:38:37","slug":"fw-de-klerk-argitek-van-ons-onreg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=57","title":{"rendered":"FW de Klerk: argitek van ons onreg &#8211; PRAAG-klassiek"},"content":{"rendered":"<div><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Meer as \u2018n dekade lank al predik De Klerk, Pik Botha en ander lede van die \u201coorgawekabinet\u201d aan Afrikaners dat hulle onderdanig aan die ANC-bewind moet wees en dat ons oor \u2018n \u201cwonderlike grondwet\u201d beskik. Trouens, daar is al meer lofsange aan die grondwet deur De Klerk en die Nasionale Perskoerante gesing as wat Afrikaners op Sondae psalms in die drie susterskerke aanhef.<\/span><\/div>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Toevallig het ek die afgelope week weer allerlei besonderhede verneem oor die omstandighede waaronder De Klerk se oorgawe aan die ANC geskied het. Onder andere was daar \u2018n vroegoggendse kabinetsvergadering nadat Tertius Delport, die destydse adjunk-minister vir staatkundige ontwikkeling en NP-onderhandelaar, verseg het om aan Cyril Ramaphosa se mees onredelike eise toe te gee. Soos ons almal weet, het Ramaphosa uitgestap en sodoende die onderhandelinge in \u2018n krisis gedompel.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Indien die NP destyds by Tertius Delport gestaan het en aangedring het op eie skole en universiteite, asook verskanste taalregte, sou \u2018n groot deel van ons probleme vandag nie bestaan het nie. Maar die dweepsieke Hernus Kriel het tydens die kabinetsvergadering verklaar: \u201cDie profesie moet bewaarheid word\u201d. Die \u201cprofesie\u201d waarna hy verwys het, was blykbaar die gedagte dat \u201calmal in die land in vrede sou saamleef\u201d, soos sommige buitelandse joernaliste voorspel het.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">De Klerk self het ook aan \u201cdie profesie\u201d geglo. \u2018n Uur voor die kabinetsvergadering waar Delport se bedanking ge\u00ebis is, Roelf Meyer aangestel en die hele sonderlinge oorgawe aanvaar is, het Delport nog vergeefs by De Klerk in sy kantoor aanhou pleit. \u201cMnr. De Klerk, u is besig om die Afrikanervolk uit te verkoop! U mag nie toegee op hierdie vyf punte oor taal en kultuur, regstellende aksie, amnestie vir die veiligheidsmagte, mede-beheer oor die weermag en polisie, asook eie skole en universiteite nie.\u201d<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Blykbaar het Delport vir De Klerk aan sy bors gegryp en hom met trane in sy o\u00eb gesmeek om nie alle mag aan die ANC te oorhandig en die Afrikaner sodoende van alle invloed in die land te stroop nie. Maar tevergeefs, die prokureur van Vereeniging was vasbeslote om alles te waag. \u201cJy besef nie wat tussen my en Mandela gebeur het nie. Ons gaan saam die land regeer,\u201d het De Klerk vir Tertius Delport toegesnou. Die fanatiese droom, so eie aan elke revolusie, van \u2018n \u201cnuwe w\u00eareld\u201d en \u2018n \u201cnuwe tyd\u201d wat moet aanbreek, het De Klerk, Hernus Kriel, Pik Botha en die res van die NP-kabinet beetgepak.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">\u201cM\u00f4re gaan ons voor die w\u00eareld verklaar dat ons die ANC se voorstelle aanvaar,\u201d het De Klerk nog oplaas aan Delport ges\u00ea. Vandag stel \u201cdie w\u00eareld\u201d allermins in die Afrikaner se bestaanskrisis belang en word De Klerk gesien vir wat hy is: \u2018n na\u00efeweling wat\u00a0 bereid was om sy eie volk in die hand van hul historiese vyande, die Xhosas en Engelse elite, te gee sonder enige teenprestasie in die vorm van grondwetlike waarborge of grondgebied. Van sy fameuse \u201cwigte en teenwigte\u201d het dadels gekom.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">De Klerk en Hernus Kriel se idee van \u2018n \u201cprofesie\u201d mag gegrond wees op Openbaring in die Bybel of op die bekende re\u00ebls uit Jesaja 6:11: \u201cDan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan l\u00ea by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en &#8216;n klein seuntjie sal hulle aanja.\u201d<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Toe die Boeremagverhoor \u2018n aanvang geneem het, het veral die Engelse pers hulself verkneukel in wat voorgestel is as die fundamentalistiese politiek van \u2018n Israelvisie-behepte groepie Boere-nasionaliste. Maar hoe verskil De Klerk se oorgawepolitiek met \u201cdie wolf wat by die lam wei\u201d in \u2018n hemel op aarde van die sogenaamde Boeremag se kwasi-godsdienstige idees?<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Teenoor die \u201cBoeremag\u201d staan De Klerk se \u201cBoere-onmag\u201d wat inspirasie uit dieselfde swaksinnige politieke lesings van die Bybel put. Behalwe dat sy profeet nie Siener van Rensburg is nie, maar Nelson Mandela. Terwyl die wolf in die gedaante van \u2018n radikale ANC saam met die lam wei in die nuwe Suid-Afrika, het ons almal lammers ter slagting geword. Met tierende geweldsmisdaad, blatante taaldiskriminasie en \u2018n soort ge\u00efnstitusionaliseerde minagting vir die Afrikaner wat die Afrosentriese staat uitstraal.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Persoonlik kan ek geen ander verklaring vir De Klerk se onbesonne nonchalance oor ons toekoms vind as \u2018n fundamentalistiese geloof in \u2018n Ho\u00ebr Hand wat ons noodwendig gaan beskerm al beskik ons oor geen politieke mag of seggenskap nie. Vir seker is De Klerk se fundamentalisme baie ver verwyder van \u2018n Gereformeerde of Calvinistiese siening.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Johannes Calvyn het geskryf dat die aardse lewe \u2018n \u201cpelgrimstog\u201d is, maar dat die skoonheid daarvan ook geniet moet word. Gewoonlik behoort ons die owerheid te gehoorsaam. Desnieteenstaande is dit elkeen se plig is om in opstand te kom teen \u2018n onregverdige bestel. Indien \u2018n owerheid onreg deur God pleeg, deur byvoorbeeld ongebreidelde misdaad en bloedvergieting toe te laat, moet die gelowige nie die bevele van so \u2018n owerheid gehoorsaam nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">J.B.M. Hertzog was waarskynlik die politieke leier in die twintigste eeu wat die meeste vir Afrikaans en die Afrikanervolk vermag het. Hy sou hom egter nooit op die soort Baptistiese lekkergeloofdenke van \u2018n De Klerk verlaat het nie. N\u00earens in enige van sy toesprake vind ons hoegenaamd die gedagte dat die Here \u2018n soort \u201cveiligheidsnet\u201d of \u201cvalskerm\u201d vir die Afrikaner sou voorsien as sy leiers en politici foute sou begaan nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Gedane sake het egter geen keer en vandag sit ons midde-in hierdie verdrukkende en gewelddadige bestel wat ons beste mense al tot emigrasie oorreed het, om van die tragiese uittog van ons jongmense nie te praat nie.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit sou waarskynlik wensdenkery wees om te hoop dat De Klerk (en Roelf Meyer) ooit sy groteske flater sou erken om van die ANC skaapwagter by die Afrikanerkraal te maak. Daarom is sy verdere inmenging in die Afrikaanse taalstryd, asook sy aangekondigde deelname aan die sogenaamde \u201cTweede Afrikaanse Taalberaad\u201d nie net ongevraagd nie, maar selfs belaglik.<\/span><\/p>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Dit ly geen twyfel dat die naam FW de Klerk deur toekomstige historici met honende minagting gebesig sal word nie. Mag ons die verskriklike ding wat De Klerk ons aangedoen het, oorkom soos wat ons die Britse triomf van 1902 oorkom het.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/optsii_i_aksessuary_smazochno_zapravochnoe\/\">\u043b\u0438\u043f\u0435\u0446\u043a \u043e\u043f\u0446\u0438\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/gordonua.com\/news\/war\/na-granice-pri-popytke-sbezhat-v-rossiyu-zaderzhali-harkovskuyu-minershu-55925.html\">\u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<h1><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\"><img decoding=\"async\" src=\"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2007\/01\/roodt_dan4.jpg\" border=\"0\" \/><strong>Die &#8220;Boeremag&#8221; en die vorige staatspresident se &#8220;Boere-onmag&#8221; is fundamentalistiese vo\u00ebls van eenderse vere.<\/strong><br \/> <\/span><\/h1>\n<p class=\"MsoNormal\" align=\"justify\"><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Vandeesweek het die voormalige staatspresident, FW de Klerk, in \u2018n patetiese gebaar aangekondig dat sy stigting die Weskaapse polisiekommissaris wil dagvaar omdat di\u00e9 die gebruik van Afrikaans onder polisiebeamptes verbied het.<\/span><\/p>\n<div><span style=\"font-size: 10pt; font-family: Arial\">Die eerste vraag wat by my opgekom het, was: waarom raak De Klerk n\u00f3\u00fa skielik sentimenteel oor Afrikaans? Het hy nie dertien, veertien jaar gelede tydens die onderhandelinge die geleentheid gehad om \u2018n billike taalbedeling tot stand te bring nie? <\/span><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":56,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,192,21092],"class_list":["post-57","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-fw-de-klerk-argitek-van-ons-onreg-oorgawe-1994-onderhandelings","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/57","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=57"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/57\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/56"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=57"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=57"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=57"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}