{"id":5653,"date":"2009-09-09T09:49:11","date_gmt":"2009-09-09T09:49:11","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5653"},"modified":"2009-09-09T09:49:11","modified_gmt":"2009-09-09T09:49:11","slug":"n-mediaskouspel-sonder-weerga","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5653","title":{"rendered":"&#8216;n Mediaskouspel sonder weerga"},"content":{"rendered":"<p>\u2018n <em>Pantoufflard<\/em>, is \u2018n pantoffeldraer.  In Frans beteken dit \u2018n lid van die uitgelese groep Mandaryne of besluitnemers wat die duur tapyte van die Franse regeringskantore bewandel.<\/p>\n<p>Ek moes dikwels, tydens ons verblyf in Parys, die Engels verskaf vir wat pantoufflard as hule dagtaak beskou het: Onderhandelinge, dokumente, samesprekinge wat Frankryk se standpunt, mening, siening aan die Angelsaksers tuisbring.<\/p>\n<p>Die uwe was naamlik \u2018n Engelse onderwyser by die taalskool Berlitz waar die pantoffeldraers aangedoen het vir hulle kennis, aanleer, vertalings en uitspraak van en uit die Rooitaal.<\/p>\n<p>In my hoedanigheid as Engelse leerkrag het ek besonder bekwame, talentvolle en hardwerkende Franse ontmoet en sterk onder die indruk gekom van hulle unieke opvoedingstelsel.<\/p>\n<p>Die <em>Grandes Ecoles<\/em> is die blywende nalatenskap van Napoleon. Die stelsel van \u201cgroot skole\u201d, eintlik universiteite, is geweldig mededingend en as jy nie op die ouderdom van 23 presteer het nie, is dit ongelukkig vir altyd te laat.<\/p>\n<p>Dit behels \u2018n strawwe eksamen wat na die <em>Baccalauriat<\/em>, die matriek, geskryf word en waarvoor studente twee jaar volstoom voorberei.<\/p>\n<p>Die toppresteerders in Frankryk word gekies vir di\u00e9 verskillende skole.<\/p>\n<p>Die Franse l\u00ea baie klem op kennis van hulle taal, vanselfsprekend, op wiskunde en filosofie. Laasgenoemde is ook \u2018n gesogte skoolvak vir die uitblinkers naas wiskunde.<\/p>\n<p>Waar ons Afrikaners groot geword het met die gedagte dat die slimste mense hulleself as medici bekwaam, is ingenieurswese di\u00e9 beroep om te volg.<\/p>\n<p>Wat my by Frankryk se huidige president bring. Nicolas Sarkozy is juis nie \u2018n produk van die <em>Grandes Ecoles<\/em> nie, en die Franse leier maak uitsprake wat die deursnit, ernstige Franse staatsamptenaar se wenkbroue laat lig.<\/p>\n<p>Hy is geen tipiese Mandaryn nie en word eerder as \u2018n dinamo beskryf:. Energiek en vol lewe, maar ook opvlie\u00ebnd!<\/p>\n<p>Voorheen was al die Franse leiers, ten minste van de Gaulle se tyd af, na die tweede W\u00eareldoorlog, van ENA, die \u00e9cole nationale d\u2019administration, een van daardie \u201cgroot skole\u201d.<\/p>\n<p>Sarkozy, s\u00ea sy skoolmaats, sou nooit daardie vreeslike eksamen deurgekom het nie, Hy is net nie slim genoeg om \u2018n \u00e9narque, \u2018n produk van ENA, te wees nie.<\/p>\n<p>En die Mandaryne sien \u2018n bietjie neer op hom om daardie rede.<\/p>\n<p>Maar Frankryk het \u2018n president nodig gehad wat Frankryk se bande met sy Arabiese kolonies nie vooropstel nie, want die land se wapenbedryf is in die moeilikheid.<\/p>\n<p>Ook \u2018n president wat die spesiale posisie wat Frankryk die afgelope 40 jaar in die w\u00eareld beklee het, met grasie kon prysgee. Want dit gaan beroerd in Afrika ook.<\/p>\n<p>Die Franse se unieke karakter waarop hulle hulself roem is in \u2018n mate ook ontleen daaraan dat die land nie deel was van NAVO nie en in die globale politiek \u2018n unieke rol vervul het. Kritici het die Franse internasionale politiek trouens meermale as uiters machiavelliaans beskryf omdat dit in seker opsigte buite die Noordatlantiese eensgesindheid gesitueer was.<\/p>\n<p>Daardie spesiale rol het weer Franse trots gevoed, maar die harde werklikheid is vandag dat Frankryk nie meer die finansies het om dit vol te hou nie.<\/p>\n<p>In die pynlike oorgang van \u2018n onafhanklike land na \u2018n lid van NAVO, het Sarko \u2013 soos die Franse na hom verwys &#8211; die nodige afleiding verskaf om nie die Franse nasionale trots in te boet nie.<\/p>\n<p>Ook nie wat Afrika en sy invloed hier betref nie. Tans word die Franse se rol in Afrika eerder deur die teenwoordigehid van die groot moondhede China en die VSA bepaal en die Franse probeer naarstiglik hulle invloed in hulle eertydse kolonies beskerm.<\/p>\n<p>Frankryk se nuwe rol is een van gelyke vennoot en Sarko het hom dus voorgeneem om reguit te praat.<\/p>\n<p>Die logika van Frankryk se buitelandse politiek is dat dit \u2018n verlenging moet wees van die land se binnelandse politiek. Maar die nuwe wending het nog weinig vrugte afgewerp.<\/p>\n<p>Verskeie van Sarko se toesprake oor Afrika het  egter baie kritiek van die kontinent self uitgelok. PRAAG het tewens die boek &#8211; wat aanleiding gegee het tot baie van hierdie uitsprake van Sarkozy &#8211; in Afrikaans vertaal.<\/p>\n<p>Die boek deur \u2018n Franse Afrikakenner, Stephen Smith, geskryf, is natuurlik Negrologie. Dit is nie in Engels beskikbaar nie, alleen in Frans en Afrikaans, terloops.<\/p>\n<p>Vervolgens \u2018n paar van hierdie omstrede aanhalings oor Afrika, met die Sarkozy-handelsmerk duidelik daarop, uit verskeie Afrika toesprake:<\/p>\n<p>In Libreville in 2007 s\u00ea hy die volgende: \u201c\u2019n Mens kan nie alles op kolonialisme blameer nie\u2026 die korrupsie, die diktators, die volksmoorde, dis nie kolonialisme nie.\u201d<\/p>\n<p>By die Universiteit van Cheikh Anta Diop in Dakar, ook in 2007, gedurende sy Afrikatoer praat hy as volg:<\/p>\n<p>\u201cDie Afrika-landvolk ken net die ewige heruwing van tyd, deur die eindelose herhaling van dieselfde handelinge en dieselfde woorde dag in en dag uit.<\/p>\n<p>\u201cIn hierdie magiese w\u00eareld waar alles oor en oor begin, is daar nie plek vir menslike avontuur en die idee van vooruitgang nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy vra aan die studente met \u2018n ernstige stem \u201cWil julle hierdie korrupsie en geweld laat ophou? Wil julle geld ge\u00efnvesteer sien ipv gesteel? Wil julle in \u2018n regstaat lewe?\u201d<\/p>\n<p>\u201cFrankryk sal by julle staan as \u2018n getroue vriend as julle so besluit.\u201d<\/p>\n<p>In Gaboen, nog steeds dieselfde jaar is hy deur Omar Bongo Ondimba, 40 jaar ononderbroke aan bewind, ontvang. Maar sy kritiek teen Afrika hou hy vol.<\/p>\n<p>As dit in Frankryk werk vir Sarko, moet dit in Wes-Afrika, die verlengstuk van die moederland, net so goed werk! Die kort mannetjie \u2013 sy werklike lengte is \u2018n staatsgeheim \u2013 stoom voort.<\/p>\n<p>\u201cFrankryk wil Afrika help om te ontwikkel maar daar is 450 miljoen Afrikane onder die ouderdom van 17 en hulle kan nie almal Europa toe kom nie.  \u2026Hoe gaan julle julle ekonomie\u00eb ontwikkel as ons al julle mense vat?\u201d<\/p>\n<p>Kennelik praat die man reguit, hy is nie bang om sy \u201cgelyke\u201d vennote tromop te loop nie.<\/p>\n<p>Daar bars egter daarna \u2018n koor van verontwaardigde stemme los vanuit die kontinent.<\/p>\n<p>Die enigste ondersteuner uit Afrika was Mbeki wat ewneens baie kritiek uit Afrika gekry het.<\/p>\n<p>Ek het met die Franse omroeper van die BBC gesels wat ges\u00ea het daardie ondersteuning het SA baie vriende in Wes-Afrika gekos.<\/p>\n<p>Duidelik het sy kritiek spanning tussen die moederland en haar eertydse kolonies laat oplaai en tydens die besoek aan Suid-Afrika in Februarie 2008 maak Sarkozy seker dat hy nie weer in dieselfde strik trap nie en hy lewer \u2018n besielende toespraak vir die vasteland.<\/p>\n<p>Ons weet natuurlik dat Frankryk bekommerd is oor die invloed wat Suid-Afrika op Wes-Afrika kan uitoefen en die Franse teenwoordigheid daar kan laat verwater.<\/p>\n<p>Maar wie is hierdie man wat sy nuutste eggenoot aangewend het om Madiba te besing?<\/p>\n<p>\u2018n Een en ander oor die man wat nie net iets nuuts in Frankryk verteenwoordig nie, maar ook in Afrika: Nicolas Sark\u00f6zy de Nagy-Bocsa kom uit \u2018n Hongaarse adelike familie. Sy moeder is Joods.<\/p>\n<p>Wat hom tot dusver absoluut onderskei van sy voorgangers is sy verhouding met die skoner geslag. En ek bedoel dit in alle opsigte.<\/p>\n<p>In die politieke arena: Sewe uit die 15 kabinetslede wat hy aanstel is vroue. Daar is ondermeerValerie Pecresse, Rachida Dati \u2013  die eerste Arabier \u2013 en Christine Lagarde, en dan die baie bekwame Alliot-Marie wat onder Chirac gedien het.<\/p>\n<p>Dit wat sy politieke skuiwe betref. Sy liefdeslewe is kort-kort die onderwerp van bespreking in die media en sy persoonlike lewe is feitlik \u2018n onophoudelike en onafgebroke mediaopvoering.<\/p>\n<p>Dit is eintlik die heel grootste verskil tussen hom en sy voorgangers, Jacques Chirac en Francois Mitterand.<\/p>\n<p>Mitterand het \u2018n buite-egtelike dogter, Mazarine, maar haar bestaan is eers n\u00e1 sy dood uitgelek deur die media.<\/p>\n<p>Almal wat iets vermoed het, het nooit gewaag om \u2018n woord daaroor te rep nie.<\/p>\n<p>Wat Chirac betref, het hy glo \u2018n Japannese skelmpie gehad \u2013 hy het \u2018n matelose bewondering vir die Japannese en praat die taal vlot \u2013 maar dit is nog nie \u2018n onderwerp vir openbare bespreking nie en sal waarskynlik eers na sy afsterwe die skinderblaaie haal.<\/p>\n<p>Sarko, egter, is \u2018n heel ander storie en benewens die feit dat hy van die media-aandag hou, gebruik hy sy lewe ook as \u2018n doelmatige politieke instrument.<\/p>\n<p>En ek dink veral aan sy derde vrou, die een waarmee hy tans getroud is, die dekadente Italiaanse model, Carla Bruni.<\/p>\n<p>Sy was voorheen romanties verbind met Mick Jagger en Eric Clapton en daarmee lanseer die Franse president homself in die w\u00eareld van vermaak. Van politiek tot die vermaaklikheidsbedryf is een sprong!<\/p>\n<p>Bruni is ondermeer, behalwe haar amoreuse verhoudings met Jagger, Clapton en ryksmanskerjakker, \u2018n voorstander van poliandrie, dws \u2018n vrou wat meer as een man aanhou, die teenoorgestelde van poligamie.<\/p>\n<p>Dan het sy ook verskeie plate gemaak. Een snit opgedra aan Sarko beskryf hom as haar \u201cheroi\u00ebn\u201d. Tu est ma came, sing sy in \u2018n heserige klein stemmetjie. Dit het spekulasie verder gaande gemaak dat Frankryk se eerste vrou dalk nie heeltemal so gekant is teen dwelms nie.<\/p>\n<p>Duidelik is dit politiek as suiwer vermaak, ontdaan van enige substansie en inhoud, verblindend in die nuttelose afleiding wat dit verskaf.<\/p>\n<p>Dit wil gedoen wees, veral in Frankryk waar politici se privaatheid heilig is. Niemand wou geweet het of het belanggestel in politici se slaapkameravonture nie, maar Sarko dring dit eenvoudig aan algar op.<\/p>\n<p>Sy eerste vrou is Marie-Dominique Culioli, \u2018n Korsikaan, maar hy is in 1996 van haar geskei, nadat hulle reeds \u2018n aantal jare vervreem was.<\/p>\n<p>C\u00e9cilia Ciganer-Alb\u00e9niz, kleindogter van die komponis Albeniz, en ook model was sy tweede. Lesers onthou haar dalk as die vrou aan Sarko se sy toe hy as president verkies is.<\/p>\n<p>In 2005 het hy egter \u2018n verhouding met joernalis Anne Fulda, politieke korrespondent van Le Figaro, nadat C\u00e9celia hom verlaat vir \u2018n Amerikaner. Skindertonge s\u00ea die verhouding was kandidaat Sarkozy se manier om die media ten goede te be\u00efnvloed om sy kanse om verkies te word, te vergroot.<\/p>\n<p>Kennelik was dit \u2018n suksesvolle poging.<\/p>\n<p>Fulda skinder nadat hulle verhouding ten einde loop, en s\u00ea Sarkozy is glo verskriklik bederf en Cecelia het alles vir hom gedoen: Kos aangedra en elke dag klere uitgekies en reggesit.<\/p>\n<p>Hy word weer met Cecelia herenig kort voordat hy as president verkies word en ons onthou dat hy haar op \u2018n diplomatieke missie na Libi\u00eb stuur toe die Franse wapenskandaal met Libi\u00eb breek.<\/p>\n<p>\u2018n Bedrewe manier om die media-aandag van die skandaal af te lei en die wel en wee van die Sarkozy\u2019s se persoonlike verhouding weer voorop te stel.<\/p>\n<p>Maar C\u00e9celia se hart was nie in die politiek nie en sy het begin vasskop teen die media-aandag. Sy is kort nadat haar man as president verkies is weer terug na haar minnaar Richard Attias met wie sy sedertdien getroud is.<\/p>\n<p>Carla Bruni het Sarko derde vrou geword na net 80 dae se blitsromanse, die soort tydperk wat \u2018n glansblad gewoonlik bestee om hul lesers in glanspersoonlikhede te interesseer.<\/p>\n<p>Daar is trouens kommentators wat s\u00ea Bruni het \u2018n swart gordel in mediamanipulasie.<\/p>\n<p>Want net toe Sarko Brittanje besoek en tydens die belangrike samesprekinge oor Frankryk se toekomstige rol in NAVO, is daar \u2018n foto van Carla, April 2008, sonder \u2018n draad klere wat deur die afslaer Christies in Londen van die hand gesit word.<\/p>\n<p>Dit word vir baie meer verkoop as die oorspronklike prys danksy \u2018n verbete koper in China wat teen \u2018n Duitse fotograaf van Bild bie.<\/p>\n<p>Hoe is Sarko hoegenaamd verkies tot president? Hoe het dit gekom dat iemand wat sy lewe graag in die openbaar opvoer, die Mandaryne, gefnuik het?<\/p>\n<p>Vanwe\u00eb die demografiese druk op Frankryk \u2013 die meeste kinders wat daar gebore word  is Arabiere \u2013 was daar \u2018n geweldige swaai in die politiek na regs gewees.<\/p>\n<p>En Sarko het dit benut. Hy het vir opslae gesorg toe hy ges\u00ea het die kriminele swart jeug moet ge-K\u00e4rcher word. K\u00e4rcher is daardie ho\u00ebdruk Duitse waterspuittoestelle waarmee \u2018n mens goed goed skoonmaak.<\/p>\n<p>Hy het ook na hierdie swart jeugdiges, <em>les jeunes<\/em> in Frans, as \u201cracaille\u201dverwys, naamlik gespuis. Dis kwaai woorde vir die VSA se nuwe bondgenoot in Europa.<\/p>\n<p>Daar heers \u2018n soort voortslepende jeugopstand in die arm voorstede rondom Parys, soos ingeligte lesers weet, waar duisende motors jaarliks in ligte laaie gelaat word.<\/p>\n<p>En die die opstandige jeug is swart en Arabies.<\/p>\n<p>N\u00e1 die K\u00e4rcher-opmerking in 2005 breek daar tewens volskaalse rasseonluste in Parys uit en skielik is dit opmerklik dat C\u00e9celia se doen en late weer eens die media oorspoel.<\/p>\n<p>Ondersteun sy hom? Gaan sy by hom bly? Is hy werklik lief vir haar of lyk dit net sleg as \u2018n president verkies word wat nie eens \u2018n vrou het nie, \u2018n enkelpa! En wie het daardie oulike uitrusting ontwerp?<\/p>\n<p>Weliswaar! Die onbeskaamde taktiek werk. Hy deflekteer die ergste kritiek deur gratis, heerlike oogkougom aan sy kiesers en landgenote uit te deel.<\/p>\n<p>Sarko gebruik dus sy goedversorgde nuwe Italiaanse modelvrou op dieselfde wyse as C\u00e9celia, en selfs met meer sukses, om die aandag van netelige politieke kwessies af te lei.<\/p>\n<p>Die Franse mediasirkus is goed op dreef, die pantoffeldraers tot hulle stowwerige biblioteke verban.<\/p>\n<p>Tydens \u2018n besoek aan \u2018n fabriek in Normandi\u00eb verlede week, het Sarko seker gemaak die TV-span kies werkers wat almal korter is as hy. Sy opgeboude skoene, wat die 12cm verskil tussen hom en Bruni probeer verminder, was nie genoeg om hom die mediastatuur te gee wat hy glo hom toekom nie.<\/p>\n<p>Hy vra glo gereeld dat \u2018n trappie agter \u2018n podium opgestel word dat hy net so goed soos ander w\u00eareldleiers vertoon. Die klem, vir Frankryk se kort president, l\u00ea op vertoon.<\/p>\n<p>Frankryk, en die w\u00eareld, is in volle betowering oor hulle eerste dame. Haar onberispelike kleresmaak \u2013 sy verkies Dior \u2013 is voorbladnuus. Haar skalkse soet glimlag troef di\u00e9 van die Mona Lisa.<\/p>\n<p>Die land van honderde kase, is verenig onder die towerspreuk wat Sarko en Bruni oor hulle afgeroep het, en vervelige politiek sake het lankal in die vergetelheid verdwyn\u2026<\/p>\n<p>\u00a0<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\">\u043c\u0435\u0434\u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0438 <\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otz.avetesla.ru\/object\/dostavki-kompanii-topcargpo\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Pantoufflard, is \u2018n pantoffeldraer. In Frans beteken dit \u2018n lid van die uitgelese groep Mandaryne of besluitnemers wat die duur tapyte van die Franse regeringskantore bewandel. Ek moes dikwels, tydens ons verblyf in Parys, die Engels verskaf vir wat pantoufflard as hule dagtaak beskou het: Onderhandelinge, dokumente, samesprekinge wat Frankryk se standpunt, mening, siening [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[45],"tags":[6476,166,21092],"class_list":["post-5653","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c26-karin-roodt","tag-n-mediaskouspel-sonder-weerga","tag-karin-roodt","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5653","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5653"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5653\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5653"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5653"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5653"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}