{"id":5638,"date":"2009-09-08T04:27:44","date_gmt":"2009-09-08T04:27:44","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5638"},"modified":"2009-09-08T04:27:44","modified_gmt":"2009-09-08T04:27:44","slug":"amerikaanse-soldate-storm-hospitaal-binne","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5638","title":{"rendered":"Amerikaanse soldate storm hospitaal binne"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>&#39;n Sweedse liefdadigheidsorganisasie het Amerikaanse troepe Maandag daarvan beskuldig dat hulle deur &#39;n hospitaal in Afghanistan gestorm het, deure afgebreek het en personeel vasgebind het op soek na militante. Die Amerikaanse weermag s&ecirc; hulle gaan die saak ondersoek.<\/p>\n<p>Die aanklag dat die Amerikaners neutrale gebied oortree het kom &#39;n week nadat die VSA daarvan beskuldig is dat hulle burgerlikes in &#39;n lugaanval gedood het. &#39;n Afghaanse regtegroep s&ecirc; die aanval op twee gekaapte brandstofvervoertenks het die lewens van 70 burgerlikes in die Kunduzprovinsie ge&euml;is.<\/p>\n<p>Burgerlike ongevalle en opdringerige soektogte het die bevolking van Afghanistan n&aacute; byna agt jaar van die Amerikaansgeleide inval, teen die VSA gedraai.<\/p>\n<p>Buitelandse magte probeer om die mense te oorreed om die Afghaanse parlement &#8211; wat te midde van stemkopery-aanklagte nog nie gevorm is nie &#8211; te ondersteun na verlede maand se verkiesing.<\/p>\n<p>Die Sweedse Komittee vir Afghanistan s&ecirc; die VSA se 10de Bergdivisie het die hospitaal binnegestorm sonder toestemming om insurgente te soek in Wardak, suidwes van Kaboel.<\/p>\n<p>Anders Fange, direkteur, s&ecirc; dit is onaanvaarbaar.<\/p>\n<p>Die soldate het Woensdagnag laat binnegedring, deure afgeskop en vier hospitaalwerkers vasgebind asook twee familielede van pasi&euml;nte. Hulle het glo ook pasi&euml;nte uit hul beddens gegooi gedurende die soektog.<\/p>\n<p>Toe hulle twee ure later vertrek het, het hulle die hospitaal gebied om die koalisiemagte in te lig oor enige gewonde militante wat opgeneem mag word en ges&ecirc; die weermag sal besluit of hulle behandel moet word, aldan nie, volgens Fange.<\/p>\n<p>Die personeel het geweier want dit kan die hospitaal &#39;n teiken maak en &#39;n risiko vir die peroneel inhou.<\/p>\n<p>Die liefdadigheidsorganisasie s&ecirc; dit is teen die ooreenkoms wat liefdadigheidsorganisasies met NAVO aangegaan het.<\/p>\n<p>Die VSA het by monde van &#39;n woordvoerder ges&ecirc; sulke insidente is raar maar hulle neem dit ernstig op en sal dit ondersoek.<\/p>\n<p><div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/marinesterf2.JPG\" width=\"407\" height=\"268\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\">Die sterwende seesoldaat<\/div>\n<\/div>\n<p>Intussen het die nuusagentskap AP kritiek ontvang vir die vrystelling van &#39;n foto van &#39;n sterwende seesoldaat in Afghanistan.<\/p>\n<p>Onderkorporaal Joshua &#39;Bernie&#39; Bernard, 21, is afgeneem waar hy sterwend in die modder l&ecirc; nadat &#39;n vuurpylgelanseerde granaat sy een been afgeskiet het, terwyl sy twee makkers tevergeefs probeer om hom te red.<\/p>\n<p>Hy en sy makkers het in &#39;n Talibanlokval ingeloop in die dorpie Dahaneh, in die Helmandprovinsie in Afghanistan.<\/p>\n<p>Bernard was van New Portland, Maine en is die negetiende ongeval wat in Augustus vir die VSA geregistreer is te midde van stygende geweld en dodetalle in die konflik.<\/p>\n<p>Robert Gates, die Amerikaanse minister van verdediging, het die besluit van AP om die grafiese foto te publiseer, skerp gekritiseer<\/p>\n<p>Gates s&ecirc; die besluit om die foto openbaar te maak is &#39;n onge&euml;wenaarde stap n&aacute; die beheerstheid van die media wat n&aacute; 2001 geheers het.<\/p>\n<p>Die fotograaf, &#39;n vrou, Julie Jacobson, is egter deur verskillende koerante geloof vir haar foto en verskeie is die mening aangedaan dat die publiek net die syfers sien en nooit die gesigte van die soldate wat sneuwel nie en het eweneens die foto rugbaar gemaak.<\/p>\n<p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">online free casino games slots<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/inforesist.org\/morskaya-dostavka-spetsifika-i-preimushhestva-na-fone-zheleznodorozhnogo-transporta\/\">\u0442\u043e\u043f\u043a\u0430\u0440\u0433\u043e \u043a\u0438\u0434\u0430\u043b\u044b<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#39;n Sweedse liefdadigheidsorganisasie het Amerikaanse troepe Maandag daarvan beskuldig dat hulle deur &#39;n hospitaal in Afghanistan gestorm het, deure afgebreek het en personeel vasgebind het op soek na militante. Die Amerikaanse weermag s&ecirc; hulle gaan die saak ondersoek. Die aanklag dat die Amerikaners neutrale gebied oortree het kom &#39;n week nadat die VSA daarvan beskuldig &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5638\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Amerikaanse soldate storm hospitaal binne&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[6459,162,21089],"class_list":["post-5638","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-amerikaanse-soldate-storm-hospitaal-binne","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5638","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5638"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5638\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5638"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5638"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5638"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}