{"id":5616,"date":"2009-09-06T05:02:10","date_gmt":"2009-09-06T05:02:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5616"},"modified":"2009-09-06T05:02:10","modified_gmt":"2009-09-06T05:02:10","slug":"afrika-immigrante-sak-op-sa-toe-voor-wreldbeker","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5616","title":{"rendered":"Afrika-immigrante sak op SA toe voor w?reldbeker"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Tans smous hy handsakke in &#39;n opelugmark, maar hy hoop steeds dat hy &#39;n voltydse werk gaan kry, nader aan die w&ecirc;reld se gewildste sportgebeurtenis.<\/p>\n<p>&quot;As meer mense vir die w&ecirc;reldbeker kom, sal daar miskien meer geld wees. Ek sal geld maak deur handel te dryf en miskien kan ek nog &#39;n ander werk ook kry,&quot; meen hy, waarmee hy die verwagtinge van vele werklose Suid-Afrikaanse en buitelandse swartes verwoord.<\/p>\n<p>Suid-Afrikaanse amptenare s&ecirc; dat hulle hul regmkaak vir &#39;n toestroming van trekarbeiders soos Smith wat hoop om uit die w&ecirc;reldbeker munt te slaan en bekommer dat nie almal van hulle weer n&aacute; die spele gaan vertrek nie.<\/p>\n<p>&quot;Ons verwag dat meer swartes uit Afrika na Suid-Afrika gaan reis gedurende die FIFA-w&ecirc;reldbeker in 2010, veral in die lig daarvan dat di&eacute; gebeurtenis Afrika se w&ecirc;reldbeker is,&quot; het Cleo Mosana, woordvoerder vir binnelandse sake ges&ecirc;.<\/p>\n<p>&quot;Die immigrasie-owerheid is baie bewus van die potensiaal vir mense wat die sportgebeurtenis as &#39;n manier sien om die land binne te kom en aan te bly,&quot; het sy bygevoeg.<\/p>\n<p>Kommer oor &#39;n toestroming van immigrante is veral sterk n&aacute; verlede jaar se anti-immigrantegeweld wat 60 mense dood gelaat het en tienduisende gedwing het om uit hul huise te vlug.<\/p>\n<p>Die aanvalle is deels gemotiveer deur die frustrasies van werklose Suid-Afrikaanse swartes&nbsp; wat sukkel om te midde van &#39;n amptelike werkloosheidskoers van 23,6 geholpe te raak. Indien ontnugterde werksoekers ingesluit word, is die re&euml;le werkloosheidskoers egter veel ho&euml;r.<\/p>\n<p>Die w&ecirc;reldbeker kom nader op dieselfde tydstip as wat die land sy eerste resessie sedert 1994 deurmaak, met meer as 700 000 werkgeleenthede wat verleder jaar verlore geraak het.<\/p>\n<p>Deskundiges vrees dat openbare verwagtinge van &#39;n styging in werkgeleenthede, sowel in die land as in die omliggende Afrikastate, onrealisties gestyg het.<\/p>\n<p>&quot;Daar is geen teken dat die w&ecirc;reldbeker enige soort langtermynwerkgeleenthede gaan skep nie,&quot; s&ecirc; Jean-Pierre Misago, &#39;n navorser in gedwonge migrasiestudies aan die universiteit van die Witwatersrand.<\/p>\n<p>&quot;Ons beter realisties raak&#8230; pleks van om te s&ecirc; dat die w&ecirc;reldbeker die ekonomie gaan versterk en miljoene rande gaan inbring.&quot; Die bou van nuwe stadions en ander vorme van staatsbesteding het gehelp om werksverliesetydens die land se eerste resessie in 17 jaar&nbsp; te verminder.<\/p>\n<p>Die plaaslike organisasiekomitee beraam dat die w&ecirc;reldbeker 415 000 werksgeleenthede in Suid-Afrika sal skep, wat die boubedryf, wetstoepassing en die dienstesektor insluit.<\/p>\n<p>Die werk wat Afrika-immigrante wil verrig, is meer informeel. Hulle beplan om hul goedere aan die 450 000 sokkergeesdriftiges te smous wat na verwagting op die land gaan toesak.<\/p>\n<p>Vele swartes uit buurlande kan Suid-Afrika op &#39;n 90-daevisum binnekom, &#39;n beleid wat die regering hoop hulle sal oortuig om die land wettiglik binne te kom &#8211; en dan weer te verlaat, s&ecirc; Misago.<\/p>\n<p>Maar hy het gewaarsku dat die regering sy besluit moet verduidelik in die lig van die anti-immigrantesentiment wat verlede jaar tot geweld gelei het.<\/p>\n<p>&quot;Die regering moet veel meer doen om aan die mense te verduidelik waarom di&eacute; besluit geneem is, die voordele vir die land, vir die gemeenskap, vir al die mense wat deur di&eacute; besluit geraak word,&quot; het hy ges&ecirc;.<\/p>\n<p>By die opelugmark in Johannesburg heers optimisme oor die sake-oplewing wat gedurende die spele gaan plaasvind.<\/p>\n<p>&quot;Daar gaan veel meer sake wees want mense sien na 2010 uit,&quot; s&ecirc; die Suid-Afrikaanse smous Martha Latawana, 23.<\/p>\n<p>&quot;Buitelanders gaan kom omdat daar meer geleenthede in Suid-Afrika gaan wees en meer werk vir 2010,&quot; s&ecirc; sy, maar voeg by dat sy nie dink dat die etniese aanvalle op vreemdelinge weer gaan uitbreek nie.<\/p>\n<p>&quot;Mense het uit hul foute geleer. Ek dink nie hulle sal weer so iets doen nie.&quot;<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/rating-casino\/\">live cassino<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/10.07.2017\/dostizheniya_harkova_priznayut_i_vysoko_otsenivayut_v_evrope\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043f\u043e\u043b\u0438\u0442\u0438\u043a<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px; width: 300px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/etniesegeweld_reigerpark2008_300.jpg\" width=\"300\" height=\"200\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Nie weer d?t nie&#8230; Geweld in Reigerpark verlede jaar<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Godfrey Smith het sy geboorteland, Malawi, verlede jaar verlaat op soek na &#39;n werk in Johannesburg, met die sekerheid dat die 2010-sokkerw&ecirc;reldbeker vir hom &#39;n skitterende geleentheid bied.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[6423,6425,21089,6424,6428,21133,2243,2242,21108,6427,6426],"class_list":["post-5616","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-afrika-immigrante-sak-op-sa-toe-voor-wreldbeker","tag-illegal-immigration","tag-nuus","tag-onwettige-immigrasie","tag-soccer","tag-c115-sokker","tag-south-africa","tag-suid-afrika","tag-suider-afrika","tag-wreldbeker-2010","tag-world-cup-2010"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5616","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5616"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5616\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5616"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5616"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5616"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}