{"id":5604,"date":"2009-09-04T01:49:33","date_gmt":"2009-09-04T01:49:33","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5604"},"modified":"2009-09-04T01:49:33","modified_gmt":"2009-09-04T01:49:33","slug":"kanada-gaan-asielbesluit-teenstaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5604","title":{"rendered":"Kanada gaan asielbesluit teenstaan"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Kanada se federale regering het Donderdag aangedui dat hulle die uitspraak van die Kanadese Immigrasieraad gaan betwis wat asiel aan &#39;n wit Suid-Afrikaner toegestaan het op grond van rassevervolging deur swartes.<\/p>\n<p>Danielle Norris, woordvoerder vir die departement van burgerskap en immigrasie, s&ecirc; regskenners is besig om die uitspraak te bestudeer en sal die uitspraak teenstaan in die Federale Hof.<\/p>\n<p>Suid-Afrika het die Kanadese regering gevra om app&egrave;l aan te teken teen die besluit om Brandon Huntley as &#39;n vlugteling te aanvaar.<\/p>\n<p>Huntley het aangevoer dat wittes deur swart kriminele geteiken word in Suid-Afrika uit weerwraak en dat die Suid-Afrikaanse regering niks doen om wit burgers te beskerm nie. Hy is self glo sewe keer aangeval.<\/p>\n<p>Voorsitter van die Immigrasieraad William Davis, het ges&ecirc; Huntley sal soos &#39;n &quot;seer duim&quot; uitstaan weens sy velkleur en bevind dat sy vrese vir vervolging geregverdig was op grond van die getuienis wat hy gvoorgel&ecirc; het.<\/p>\n<p>Die Immigrasie- en vlugtelingraad weier om kommentaar te lewer oor die uitspraak. Stephane Malepart, woordvoerder vir die raad, s&ecirc; hy word verhoed om &#39;n mening te gee deur privaatheidsklousules.<\/p>\n<p>Die raad is &#39;n onafhanklike tribunaal wat steeds binne bereik van die Kanadese regering opereer.<\/p>\n<p>Norris s&ecirc; &#39;n geregtelike oorsig deur die Federale Hof sal nie bykomende getuienis oor die feite van die saak wat handel oor die toestande in Suid-Afrika, aanhoor nie<\/p>\n<p>Anesh Maistry, hoof van die politieke afdeling van die Suid-Afrikaanse ho&euml;kommissaris in Kanada, s&ecirc; die raad se besluit is verkeerd en weerspie&euml;l nie die werklikheid in Suid-Afrika nie. Die ho&euml;kommissaris is &#39;n ambassade in Britse Gemenebeslande.<\/p>\n<p>Maistry s&ecirc; die raad het nooit Suid-Afrika se siening oor Huntley se beweringe gevra nie en het nie moeite gedoen om sy getuienis van herhaaldelike aanvalle te verifieer nie.<\/p>\n<p>&quot;Die besluit is verkeerd, dit is nie feitelik nie, dit verteenwoordig nie feite op die grond nie. Dit stel Suid-Afrika in &#39;n negatiewe lig en gee &#39;n wanvoorstelling van die werk wat die laaste 15 jaar gedoen is om &#39;n nie-rassige samelewing in die land te bou,&quot; het Maistry ges&ecirc;.<\/p>\n<p>Abraham Nkomo, Suid-Afrika se ho&euml;kommissaris in Kanada, s&ecirc; die vlugtelingraad is om die bos gelei in die saak en het bygevoeg dat dit &#39;n misdaadkwessie is en nie &#39;n rasaangeleentheid nie.<\/p>\n<p>&quot;Daar is nie vervolging teen die wit geeenskap in Suid-Afrika nie,&quot; het Nkomo aan die Kanadese uitsaaier CBC ges&ecirc;. Hy het ges&ecirc; misdaadteikens word gekies omdat hulle gerieflik is.<\/p>\n<p>Nkomo het Kanadese amptenare ontmoet en sy verbasing oor Huntley se vlugtelingstatus teenoor hulle uitgespreek.<\/p>\n<p>Deepak Obrai, Kanada se parlement&ecirc;re sekretaris vir die minister van buitelandse sake en &#39;n konserwatiewe LUR in eerste minister Stephen Harper se regering, het sy ontsteltenis oor die raad se besluit in &#39;n verklaring te kenne gegee en ges&ecirc; dit wys &#39;n ernstige gebrek aan oordeel.<\/p>\n<p>&quot;Om in Afrika groot te word en die vernietigende gevolge van apartheid te sien, in hierdie geval teen swartes en Indi&euml;rs, gaan dit my vertsand te bowe hoe &#39;n Kanadese instelling &#39;n besluit op grond van ras kan neem.&quot; Obrai is in Tanzani&euml; gebore.<\/p>\n<p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/nasosnoe-oborudovanie\/bytovye-nasosy-dlya-doma-i-sada\/avtomaticheskie-stancii\">\u043d\u0430\u0441\u043e\u0441\u043d\u044b\u0435 \u0441\u0442\u0430\u043d\u0446\u0438\u0438 \u043f\u0435\u0434\u0440\u043e\u043b\u043b\u043e<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/101otzyv.ru\/object\/topcargo\">topcargo \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Kanada se federale regering het Donderdag aangedui dat hulle die uitspraak van die Kanadese Immigrasieraad gaan betwis wat asiel aan &#39;n wit Suid-Afrikaner toegestaan het op grond van rassevervolging deur swartes. Danielle Norris, woordvoerder vir die departement van burgerskap en immigrasie, s&ecirc; regskenners is besig om die uitspraak te bestudeer en sal die uitspraak teenstaan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,6392,21089],"class_list":["post-5604","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-kanada-gaan-asielbesluit-teenstaan","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5604","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5604"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5604\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5604"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5604"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5604"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}