{"id":559,"date":"2007-06-19T00:00:00","date_gmt":"2007-06-19T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=559"},"modified":"2007-06-19T00:00:00","modified_gmt":"2007-06-19T00:00:00","slug":"onthou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=559","title":{"rendered":"Onthou!"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\">Hierdie is geen fiktiewe relaas van &rsquo;n geskiedkundige gebeurtenis nie. Dit is ook nie &rsquo;n tweede- of derdehandse oorvertelling of selfs &rsquo;n geskiedkundige studie deur &rsquo;n professionele skrywer nie. Hierdie boek is &rsquo;n vrou se eerstehandse belewing van &rsquo;n oorlog wat die wese van ons volk en die toekoms van hierdie land ondenkbaar sou be&iuml;nvloed.   <\/p>\n<p align=\"justify\">Wat hierdie vertelling so interessant maak, buiten die eerstehandse aard daarvan, is dat dit geskryf word vanuit die bewussyn en gemoed van &rsquo;n vrou en spesifiek iemand wat haar tot die verpleegkunde gewend het omdat menslike lyding en smart haar aangegryp het. Dit is hierdie ingesteldheid van Hendrina van der Merwe wat haar vertelling so uiters sensitief met die oorlogswerklikheid verbind en wat mens meermale &rsquo;n knop in die keel gee.  <\/p>\n<p align=\"justify\">Uit die koers wat haar lewe tydens die oorlog neem, is dit duidelik dat Hendrina van der Merwe geen gewone mens was nie. Die feit dat sy self krygsgevangene word en nie &rsquo;n blote konsentrasiekampaangehoudene nie, dui op die feit dat sy reeds van die begin haarself deel gemaak het van haar mense se stryd om geregtigheid en vryheid.  <\/p>\n<p align=\"justify\">Hendrina van der Merwe se vertelstyl is sekerlik oudmodies. Dit is egter opreg en  gesellig asof sy met jou as leser persoonlik &rsquo;n gesprek voer. Wat ook opval, is hoe die Afrikaans van haar tydperk van ons s&rsquo;n verskil. Sy gebruik somtyds bekende woorde in kontekste wat ietwat van vandag se gebruik verskil.   <\/p>\n<p align=\"justify\">Wat my sterk in Van der Merwe se vertelling opgeval het, is dat sy nooit na die inwoners of die soldate van die Republieke verwys as &ldquo;Boere&rdquo; of &ldquo;Boer(e)Volk&rdquo; nie. Deurgaans praat sy van die &ldquo;burgers&rdquo; en dikwels van &ldquo;Afrikaners&rdquo;. Die enigste kere wanneer die begrip &ldquo;Boere&rdquo; vermeld word, is wanneer sy die Engelse aanhaal. Mens kry dan ook die indruk dat dit &rsquo;n begrip is wat deur die Engelse geskep is (natuurlik het hulle dit in konteks uit Hollands ontleen) en dat dit &rsquo;n meer neerhalende term soos &ldquo;Kaffer&rdquo; is. Volgens Van der Merwe se vertelling is dit duidelik dat die term &ldquo;Boer&rdquo; nie &rsquo;n benaming was wat tydens die AOB deur Afrikaners gebruik is om hulself te beskryf nie. Die alombekende en daaglikse benaming was onteenseglik &ldquo;burger&rdquo;.   <\/p>\n<p align=\"justify\">Dit is egter veral die aanspreekvorme &ldquo;boetie&rdquo; en  &ldquo;sussie&rdquo; wat  gedui het op &rsquo;n band van gemeenskaplikheid tussen die burgers. Hierdie mooie aanspreekvorme kom heerhaaldelik voor en is ewe gemaklik tussen burgers gebruik wat vreemdes was as tussen familielede.  <\/p>\n<p align=\"justify\">Hendrina van der Merwe vertel van vele smart en lyding wat sy tydens die oorlog ervaar het. Sy vertel egter ook van die wedervaringe van diegene wat haar belewenisse gedeel het. Hoewel Hendrina van der Merwe nie soveel tyd in die konsentrasiekampe spandeer het soos heelwat ander Afrikanervroue nie, gee sy nogtans &rsquo;n omvattende beeld van die trauma en lyding wat haar mense ervaar het deur al die verskrikkinge van die oorlog.   As krygsgevangene wat vir &rsquo;n lang periode tronkstraf moes uitdien, is sy aan uiterste toestande van geestelike en fisieke verguising blootgestel wat haar menswaardigheid en gesondheid so afgetakel het dat sy op een stadium op die rand van die dood gehuiwer het.  <\/p>\n<p align=\"justify\">Sy draai nie doekies om in haar beskrywing van die Kakies nie, maar erken tog menslikheid waar dit na vore kom. Hendrina van der Merwe ontbloot die verskriklike onreg wat die Britte en hul handlangers (swartes en joiners) teenoor die Afrikaner gepleeg het. Uiteindelik verklaar sy ook hoe baie van ons mense van grondbesitters tot armblankes verlaag is deur die verskroeide-aardebeleid.<\/p>\n<p align=\"justify\">  Wat ook opmerklik is, is die gretigheid waarmee veral Engelssprekende Suid-Afrikaners en swartes saam met die Britte gewerk het. Sy vertel ook hoe swartes deur die besetters ingespan is om gesinne op plase aan te val. Sy noem verder hoe sy eens in die tronk moes aanhoor hoe swart gevangenes hulleself verlekker in wat hulle alles met die Boervroue &ldquo;aangevang&rdquo; het.  <\/p>\n<p align=\"justify\">Alle Afrikaners behoort Hendrina van der Merwe se verhaal te lees. Daar is heelwat parallelle te trek tussen die tydperk van die AOB en die ANC se transformasieregime. Ten spyte daarvan dat die burgers die oorlog verloor het en amper totaal uitgedelg is, het hulle in 1910, met &rsquo;n Unie wat Britse heerskappy moes verseker, daarin geslaag om beheer oor die land te neem. Van der Merwe laat mens besef van watter voorsate ons afstam en dat ons ook die huidige verdrukking sal oorleef.   <\/p>\n<p align=\"justify\">Met opset het ek my voorgeneem om nie te veel van die verhaal, selfs opsommenderwys, oor te vertel nie. Dit is my hoop dat hierdie waardevolle werk weereens uitgegee kan word sodat elke Afrikaner eerstehands Hendrina van der Merwe se vertelling kan lees. Sy het &rsquo;n beroep op Afrikaner-nasate gedoen om nie die verskriklike wreedhede wat teenoor ons mense tydens die AOB gepleeg is, te vergeet nie.   <\/p>\n<p align=\"justify\">Opeenvolgende wit regerings het, ter wille van versoening, hierdie werklikheid verswyg. Nooit is die oorlewendes noemenswaardige erkenning vir hul lyding of vergoeding vir hul enorme verliese aangebied nie. Serdertdien het swart Suid-Afrikaners die Waarheids-en versoeningskommissie gehad en tans ontvang hulle grond wat nooit aan hulle behoort het nie.  <\/p>\n<p align=\"justify\">Ons is dit aan ons voorsate verskuldig om hierdie publikasie te herdruk. <\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ds-dental.ru\/blog\">air flow \u0447\u0438\u0441\u0442\u043a\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/society\/2017\/10\/26\/190184.html\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\">Onlangs het ek die heerlike ontdekking van &rsquo;n ou Afrikaanse boek op my boekrak gemaak. Dit is een van die vele boeke wat my moeder versamel het en waarvan ek vandag heelwat besit: &rsquo;n outobiografie deur ene Hendrina van der Merwe (gebore Rabie), getiteld <em>Onthou! In die skadu van die galg.<\/em> Volgens haar vertelling het sy die teks in die laat dertigerjare geskryf en die boek is in 1940 gepubliseer.  <\/p>\n<p align=\"justify\">Hendrina van der Merwe was &rsquo;n verpleegster tydens die Anglo-Boereoorlog. Sy en haar man was gebore Vrystaters wat tot met die uitbreek van die oorlog in die Oos-Kaap gebly het. Met die oorlogsverklaring het hulle inderhaas opgepak en met die laaste trein na die Vrystaat teruggekeer.  Terwyl haar man aan die kant van die Burgers (Vrystaatse en ZAR-soldate) geveg het, het sy haarself eers na haar familie in Bloemfontein gehaas en van daar na die slagveld as Rooikruis-verpleegster aan die Republieke se kant.  Onmiddellik het Hendrina van der Merwe haar in &rsquo;n avontuur van onvoorspelbare en dramatiese gebeurtenisse bevind, soos wat mens alleen in &rsquo;n oorlogsituasie te wagte kan wees.  <\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[48],"tags":[659,21092,198],"class_list":["post-559","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c30-vlad-du-plessis","tag-onthou","tag-rubrieke","tag-vlad-du-plessis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/559","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=559"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/559\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=559"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=559"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=559"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}