{"id":5578,"date":"2009-09-01T13:23:05","date_gmt":"2009-09-01T13:23:05","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5578"},"modified":"2009-09-01T13:23:05","modified_gmt":"2009-09-01T13:23:05","slug":"kanada-erken-etniese-suiwering-in-suid-afrika","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5578","title":{"rendered":"Kanada erken etniese suiwering in Suid-Afrika"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Maar in Huntley se geval het die Kanadese immigrasieraad eenparig bevind  dat hy op grond van sy ras in Suid-Afrika vervolg word en dat hy in so  &#39;n mate in sy geboorteland bedreig word dat hy nie hierheen teruggestuur  mag word nie. Die re&euml;ls vir politieke asiel verskil van land tot land,  maar die beginsel bly w&ecirc;reldwyd dieselfde: dat &#39;n individu in sy land  van herkoms om politieke, godsdienstige of etniese redes in lewensgevaar  verkeer. In di&eacute; geval gaan dit om etniese vervolging. En, anders as in  die geval van Afrikaners teen wie daar ook op grond van taal deur die  ANC-bewind gediskrimineer word, is Huntley &#39;n Engelssprekende teen wie  daar spesifiek weens sy ras geweld gepleeg word.<\/p>\n<p>Die VSA, Europese Unie, Australi&euml;, Rusland en ander lande sal so gou  doenlik Kanada se voorbeeld moet volg en moet erken dat blankes in  Suid-Afrika vervolg word en daarom op vlugtelingstatus in hul lande  geregtig is. Die werklikheid kan nie langer ontken word dat blankes  goedsmoeds aangeval word omdat sowel die staatsmedia as die regerende  party hulle op meer of minder subtiele maniere as die vyand van die  swart meerderheid voorhou nie. Van die TV- en radioprogramme wat  byvoorbeeld deur die SAUK uitgesaai word, hits spesifiek rassehaat aan  omdat aanbieders of deelnemers leuenagtige voorstellings van die  Suid-Afrikaanse verlede maak. Sulke bewering sluit in dat blankes  onderwys van swartes weerhou het, hulle doelbewus verarm en selfs  massamoorde of &#39;n volksmoord teen hulle gepleeg het.<\/p>\n<p>Terwyl elke blanke Suid-Afrikaner voortaan oor die reg behoort te beskik  om na die nywerheidsland van sy keuse te emigreer vanwe&euml; die toestand  van vervolging waaraan hy in sy geboorteland blootgestel word,  verteenwoordig die Kanadese bevinding ook die sterkste argument n&oacute;g ten  gunste van &#39;n Afrikanervolkstaat. Slegs &#39;n eie grondgebied waar  Afrikaners nie omring word deur haatdraende aanvallers van &#39;n ander ras-  en kultuurgroep nie, kan hulle langtermyntoekoms verseker en hul huidige  lyding en ellende verlig.<\/p>\n<p>Wanneer die geweldselement by die arsenaal anti-blanke wetgewing in  Suid-Afrika gevoeg word, is dit helder dat die Nuwe Suid-Afrika besig is  om &#39;n tweede Rwanda te word waar &#39;n spesifieke minderheidsgroep deur die  meerderheid vir aanvalle geteiken word. Plaas- en huisaanvalle is niks  minder as etniese suiwering nie en die ekstreme geweld wat met sulke  aanvalle gepaardgaan, is &#39;n bewys dat die Suid-Afrikaanse samelewing  reeds in &#39;n etniese konflik verkeer wat vorentoe net kan vererger.<\/p>\n<p>Die reaksie van ANC-woordvoerders op die Kanadese besluit, dat dit  &quot;rassisties&quot; sou wees, getuig van &#39;n soort Mugabeagtige eiegeregtigheid  by die regerende party en dat hy eintlik niks verkeerds in die huidige  situasie sien nie. Ook Mugabe kryt gereeld sy kritici as &quot;rassiste&quot; uit.  Die term &quot;rassis&quot; in Suid-Afrika is boonop besig om op sigself &#39;n vorm  van haatspraak te raak omdat dit uitsluitlik gebruik word om lede van  die blanke minderheid te stigmatiseer en as &quot;boos&quot; voor te stel.<\/p>\n<p>Rassenasionalisme maak reeds langer as &#39;n eeu deel uit van die  moderniseringsproses onder lede van die ontwortelde en vervreemde swart  middelklas in Afrika, die VSA en ander lande. Afrikaner-antropolo&euml; en  politieke denkers het reeds langer as vyftig jaar die huidige bloedbad  voorspel indien Suid-Afrikaanse blankes van alle politieke mag en  grondgebied gestroop sou word. Hul name en geskrifte mag in die  vergetelheid versink het, maar danksy die Kanadese immigrasieraad kan  ons nie langer aan die korrektheid van hul voorspellings twyfel nie. <\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/mosoblburenie.ru\/blog\">\u0441\u043a\u0432\u0430\u0436\u0438\u043d\u0430 \u043d\u0430 \u043f\u0435\u0441\u043e\u043a \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/stiel.ru\/topcargo-nadezhnyj-eksport\/\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b \u0441\u043e\u0442\u0440\u0443\u0434\u043d\u0438\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\">Die vlugtelingstatus wat die Kanadese regering so pas aan mnr. Brandon  Huntley, &#39;n blanke Suid-Afrikaner, toegestaan het, hou enorme  volkeregtelike implikasies in. Indien mnr. Huntley bloot op grond van  ideologie of godsdiens in Suid-Afrika vervolg is, kon daar geargumenteer  word dat Suid-Afrika deur die afskaffing van bepaalde wette of groter  verdraagsaamheid die situasie kon regstel. <\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50],"tags":[21107,6345,21093],"class_list":["post-5578","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","tag-c33-hoofartikels","tag-kanada-erken-etniese-suiwering-in-suid-afrika","tag-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5578","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5578"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5578\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5578"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5578"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5578"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}