{"id":5557,"date":"2009-08-31T03:15:10","date_gmt":"2009-08-31T03:15:10","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5557"},"modified":"2009-08-31T03:15:10","modified_gmt":"2009-08-31T03:15:10","slug":"afriforum-verkla-chuene-oor-rassepolarisasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5557","title":{"rendered":"Afriforum verkla Chuene oor &#8216;rassepolarisasie&#8217;"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>AfriForum het die president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), Leonard Chuene, amptelik by die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) verkla omdat hy &ldquo;rassepolarisasie aanvuur&rdquo; deur die Caster Semenya-debakel in &#329; rassekwessie te omskep.<\/p>\n<p>Chuene is ook deur AfriForum aangekla daarvan dat hy ASA se mediakonferensie en byeenkoms met Semenya se terugkeer na Suid-Afrika, as platform laat dien het vir ANC-politici om Semenya vir politieke doeleindes te misbruik. Die ANC Jeugliga se president, Julius Malema, het onder meer tydens Semenya se terugkeer &#329; striemende aanval op wittes geloods.<\/p>\n<p>AfriForum het die IAAF ook gevra om ferm op te tree teen diegene wat verantwoordelik is vir die uitlek van die inligting wat tot die skending van Caster Semenya se privaatheid en menswaardigheid gelei het.<\/p>\n<p>Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is die IAAF in terme van Artikel 3 van sy grondwet onderworpe aan die Internasionale Olimpiese Komitee se handves, wat onder meer bepaal dat &#329; vreedsame samelewing bevorder moet word en dat enige politieke misbruik van atlete en sport teengestaan moet word.<\/p>\n<p>&ldquo;Chuene se polariserende uitsprake deur die ongelukkige gebeure rakende Caster Semenya in &#329; rassekwessie te omskep, en sy rol om &#329; platform aan rasse-ideolo&euml; soos Malema te bied om Semenya polities te misbruik, is dus &#329; growwe skending van die IAAF se grondwet en re&euml;ls,&rdquo; het Kriel ges&ecirc;.<\/p>\n<p>Kriel het daarop gewys dat Chuene verder oortree het deur die geloofwaardigheid van IAAF-toetse te ondermyn, deur te verwys na &#329; sogenaamde &ldquo;wetenskaplike van &#329; onnosel universiteit&rdquo; wat die toetse behartig.<\/p>\n<p>Klousule 3 (b) en (c) van Artikel 14 van die IAAF-grondwet bepaal dat di&eacute; beheerliggaam &#329; lidland onder meer kan berispe, indien sodanige lid of die regering van &#329; land, die IAAF se doelwitte, grondwet of re&euml;ls oortree.<\/p>\n<p>Semenya se prestasie het volgens Kriel &#329; ideale geleentheid gebied om wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe in Suid-Afrika te bevorder, maar die uitlek van die inligting oor die toetsing, asook Chuene en Suid-Afrikaanse politici se hantering van die situasie het nou eerder polarisasie meegebring. &ldquo;Dit is onverskoonbaar dat &#329; puik prestasie deur &#329; Suid-Afrikaanse atleet misbruik word vir politieke gewin en om verdeeldheid te saai,&rdquo; het Kriel bygevoeg.<\/p>\n<p>Afriforum het nie kommentaar gelewer oor die gerugte dat Semenya &#39;n hermafrodiet is nie.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/pro100casino.com\/\">casino free bet<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/www.facebook.com\/prokuraturakharkiv\/\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>AfriForum het die president van Atletiek Suid-Afrika (ASA), Leonard Chuene, amptelik by die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) verkla omdat hy &ldquo;rassepolarisasie aanvuur&rdquo; deur die Caster Semenya-debakel in &#329; rassekwessie te omskep. Chuene is ook deur AfriForum aangekla daarvan dat hy ASA se mediakonferensie en byeenkoms met Semenya se terugkeer na Suid-Afrika, as platform laat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=5557\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afriforum verkla Chuene oor &#8216;rassepolarisasie&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[6316,21089,21108],"class_list":["post-5557","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-afriforum-verkla-chuene-oor-rassepolarisasie","tag-nuus","tag-suider-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5557","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5557"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5557\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5557"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5557"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5557"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}