{"id":5553,"date":"2009-08-30T07:47:23","date_gmt":"2009-08-30T07:47:23","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5553"},"modified":"2009-08-30T07:47:23","modified_gmt":"2009-08-30T07:47:23","slug":"mandela-het-elekrisiteitskrisis-veroorsaak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5553","title":{"rendered":"Mandela het elekrisiteitskrisis veroorsaak"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p> Aangesien die smelt van aluminiumerts&nbsp;groot  hoeveelhede&nbsp;elektrisiteit verbruik, maak sulke smelters grotendeels gebruik  van &quot;gratis&quot;&nbsp;hidro-elektiese krag, of alternatiewelik&nbsp;spotgoedkoop  gaskrag in Midde-Oosterse lande. <\/p>\n<\/div>\n<p align=\"justify\"> Australi&euml; wek&nbsp;soos Suid-Afrika 90% van sy  krag&nbsp;met steenkool op, maar nogtans&nbsp;is dit vir BHP Billiton&nbsp;beter  om hulle Australiese aluminiumerts na die anderkant van die aardbol, na Hillside  en Mozal te stuur, eerder as om dit in Australi&euml; waar die erts gemyn  word,&nbsp;self te smelt. Vanaf Suid-Afrika en Mosambiek word die meeste van die  Australiese aluminium dan weer terug versend na die anderkant van die aardbol,  en&nbsp;in&nbsp;China en&nbsp;Suidoos-Asi&euml; verkoop. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"> Die rede vir bogenoemde is dat die gesofistikeerde  elektrisiteitskontrakte vir aluminiumsmelters van ingevoerde Australiese erts,  gebasseer is op kommoditeits-marksiklus-klousules, wat die  gemiddelde&nbsp;langtermynkoste van die krag goedkoper maak as  die&nbsp;produksiekoste daarvan.&nbsp;Vandag is daardie kontrakkrag selfs  goekoper as die materiaalkoste van&nbsp;steenkool uit nuwe myne,&nbsp;wat  benodig word om&nbsp;meer krag op te wek. Waarde word dus vernietig, soos  weerspie&euml;l in die onlangse R9,5 miljard-verlies deur Eskom. <\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\"> Meer krag en nuwe kragstasies is nodig om  Suid-Afrikaners se lewenstandaard te verbeter, en veel&nbsp;meer van Suid-Afrika  se eie&nbsp;inheemse&nbsp;chroom-, mangaan- en platinumertse op plaaslike  bodem&nbsp;te smelt, sodat die waardetoevoeging van ons plaaslike  prim&ecirc;re mynprodukte ter plaatse&nbsp;plaasvind. Tans word miloene  tonne Suid-Afrikaanse chroom- en mangaanerts jaarliks uitgevoer, weens &#39;n tekort  aan krag. Suid-Afrika beskik oor ongeveer 80% van die aarde se ekonomies  ontginbare chroom en mangaan,&nbsp;genoeg om aan elke Suid-Afrikaner &#39;n  permanente en formele werk te verskaf, sou&nbsp;meer waarde tot  hierdie&nbsp;plaaslike prim&ecirc;re produkte voor uitvoer bygevoeg  word.&nbsp; <\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\"> Dit was presies die&nbsp;versiende meneer Mandela  se uitgesproke bedoeling met die opening van Hillside, Mozal in Mosambiek,  en die&nbsp;omstrede komende Coega-aluminiumsmelter in die Oos-Kaap:   &quot;By using energy generated from our abundant supplies of coal to produce  aluminium, the smelter will contribute to the drive to add more value to our  primary products before export.&quot; <\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\"> Die vraag moet dus nou gevra word: is meneer  Mandela mislei? Meneer Mandela is nie &#39;n myner nie. Is hy eerlik&nbsp;ingelig  dat Suid-Afrika glad geen aluminiumerts het nie, en dat&nbsp;die miljoene der  miljoene&nbsp;tonne uitheemse aluminiumerts al die pad van ver, van die Engelse  Australi&euml; ingevoer sou word?&nbsp;Om daarna weer weggeneem te word vir  werkskepping in China en ander mededingerlande?  <\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\"> D&iacute;t terwyl Australi&euml; genoeg steenkool het om sy eie  aluminiumerts te smelt, maar dit nie doen nie, omdat Suid-Afrika se steenkool  vir die smelt van Australiese aluminium,&nbsp;benede Eskom-produksiepryse  verbrand word, sodat arm Suid-Afrikaanse verbruikers en voorheen benadeelde  belastingbetalers&nbsp;die verliese&nbsp;moet betaal. Vergelyk dit &#8211; Suid-Afrika  se armoede &#8211;&nbsp;met die mens Marius Kloppers se BHP-Billiton-salaris en ryk  Australi&euml; se Bruto Binnelandse Produk, wat danksy aluminiumsmeltery&nbsp;deels  ry op die rug van &#39;n&nbsp;arm Suid-Afrika se ontginbare hulpbronne. <\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\"> Bobby Godsell&nbsp;van Eskom gaan nou met  BHP-Billiton, Mitsubishi en die Mosambiekse regering gesels oor hulle geldige  dog&nbsp;sondige&nbsp;kragkostekontrakte. As&nbsp;vakbonde van steenkoolmyne  en Eskom beloof om Bobby by te staan met &#39;n&nbsp;nasionale&nbsp;regstellende  aksie&nbsp;indien nodig, sal die oorsese aandeelhouers van Hillside en Mozal  dadelik&nbsp;redelik wees en&nbsp;hulle hoogs&nbsp;intelligente  Londen-Metaal-Beurs-gekoppelde kontrakte&nbsp;wettig en vrywillig opskort.   <\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\"> Dis beter dat twee smelters&nbsp;verliese  maak&nbsp;of ly, as &#39;n hele land. Tans is 10% van elektrisiteitsverbruik  verantwoordelik vir 90% van Eskom en die Suid-Afrikaanse belastingbetaler-verbruiker&nbsp;se verliese. Di&eacute; mensgemaakte situasie is  wettig en regsgeldig, maar in die geheel gesien nie volhoubaar en moreel nie.  Meneer Mandela se goeie bedoelings met plaaslike prim&ecirc;re mynprodukte,&nbsp;sowel  as sy&nbsp;Mosambiekse bande, is miskien in die verlede  misbruik.&nbsp;Die&nbsp;gebore Suid-Afrikaner Marius Kloppers&nbsp;kry nou die  geleentheid om die openbare persepsie&nbsp;reg te stel, maar sonder  die&nbsp;ondersteuning van Suid-Afrikaanse vakbonde gaan hy selfs as  genie&nbsp;sukkel om&nbsp;Suid-Afrika se landsbelang bo di&eacute; van BHP-Billiton te  stel.  <\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\/tematicheskie-igrovye-nabory\/kuhni\">\u043f\u043e\u0441\u0443\u0434\u0430 \u0434\u043b\u044f \u0434\u0435\u0442\u0435\u0439<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/profil-rukovoditelya-xarkovskoj-prokuraturi-filchakova-aleksandra\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p> BHP Billiton se Hillside- en Mozal-aluminumsmelters  is van die grootste ter wereld, en wanneer op vol  kapasiteit,&nbsp;verbruik&nbsp;10% van Suid-Afrika se krag. <\/p>\n<\/div>\n<div align=\"justify\">\n<p> Meneer Mandela het die <a href=\"http:\/\/www.anc.org.za\/ancdocs\/history\/mandela\/1996\/sp0419.html\">openingstoespraak<\/a>  van die Hillside-smelter gelewer, en ook die uitvoer van goedkoop krag na die  daaropvolgende&nbsp;aluminiumsmelter in Mosambiek, sy vrou se  tuisland,&nbsp;moontlik gemaak. <\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86],"tags":[6310,21096,6309,6311,2149,6308,21093,2243,2242],"class_list":["post-5553","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c77-briewe","tag-aluminium","tag-s10-briewe","tag-jacob-mouw","tag-kragkrisis","tag-mandela","tag-mandela-het-elekrisiteitskrisis-veroorsaak","tag-s7-menings","tag-south-africa","tag-suid-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5553","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5553"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5553\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5553"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5553"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5553"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}