{"id":5551,"date":"2009-08-30T06:27:49","date_gmt":"2009-08-30T06:27:49","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5551"},"modified":"2009-08-30T06:27:49","modified_gmt":"2009-08-30T06:27:49","slug":"wp-en-haaie-gaap-die-dag-om","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5551","title":{"rendered":"WP en Haaie gaap die dag om"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Ek weet daar is oningeligtes en oningelyfdes wat hulle neuse vir die Fiat sal optrek, en ja, dit was &lsquo;n nederige motor, so &lsquo;n vierkantige bedryf met dertienduim wiele onder &lsquo;n 1400 stootstaafenjin. Ek bedoel, dit was &lsquo;n baie basiese voertuig, maar dit was juis die sjarme daarvan. Die motortjie het gewerk, &aacute;ltyd gewerk en het hierdie vermo&euml; gehad om net aan te klop. Jy kan hom aan die gang kry, vroeg die oggend en hy sal heel ongesteur die hele dag rondskarrel. Hy het &lsquo;n sekere ritme gehad, so net bo 130 kpu en daarop kon jy hom maar net in &lsquo;n rigting wys en hy sal uur in en uur uit net aanhou om die pad te verslind, hetsy dit die kronkelpaadjie tussen Brakpan en Boksburg is, of daar die liniaalreguit pad tussen Beaufort-Wes en Laingsburg. Daar&rsquo;s nou vir jou &lsquo;n pad wat voel of hy nooit sal ophou nie &ndash; soos gister se wedstryd tussen die WP en die Haaie.<\/p>\n<p>Daar is weinig goeds om van die WP te rapporteer. Hulle het die spel so vieserig benader, soos &lsquo;n Chihuahua wat &lsquo;n pedikuur moet verdra. Hulle het min visie, minder passie en geen kreatiwiteit nie. Al skrams aanbeveling wat &lsquo;n mens hulle mee kan toedeel is dat hulle strate minder vrot as hulle opponente was. Die Haaie het by die wedstryd opgedaag sonder o&euml;nskynlik belangstelling, geen plan en geen ambisie nie.<\/p>\n<p>Die probleem met die Beaufort Wes-Laingsburgpad is dat daar bitter min aandagtrekkers is, baie min uitstaande eienskappe of landskapbakens. Dis alles net so dieselfde&#8230; Dis soos, soos&#8230; tel die bal op, storm in die naaste opponent vas, val om, gooi die bal uit en dan is daar &lsquo;n aanslaan. Gister was daar in Durban so baie d&aacute;&aacute;rvan, amper soveel soos wat daar vaalgroen bossies in die Karoo is. Dis asof sulke spelmakers soos Keegan Daniel, Rory Kockott en selfs die Argentyn, Hernandez, gister aan &lsquo;n kollektiewe introversie gely het, asof hulle met iets gewigtig besig was, soos om dansende engeltjies op &lsquo;n kopspelpunt te visualiseer, en nie tyd gehad het om hulle volle aandag aan iets so ligsinnig soos &lsquo;n rugbywedstryd te gee nie.<\/p>\n<p>Die geheim is om die padborde tussen Beaufort-Wes en Laingsburg te memoriseer. Ek sal toegee dat Rooi Fiat dit moeilik kon maak. Sy ewenaar het van dag een af freneties geneurie, en hoe vinniger jy ry, hoe skriller het die klank geword. Dit het enige geheueoefening moeilik gemaak. Ek onthou Kareekloof&#8230; en toe &lsquo;n swaar hoofpyn.<\/p>\n<p>Die WP het twee drie&euml; gedruk, Chavanga een en Chris Jack een. Iemand het iewers die bal oor die pale geskop. Ek dink dit was Joe Pietersen. Die Haaie het ook punte gekry. Nie baie nie. Die WP het 21 punte gekry en die Haaie 9. Nie een van die spanne het dit verdien nie. <\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/igrushki-93\">\u0456\u0433\u0440\u0443\u0448\u043a\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/otz.malibuclub.info\/object\/profil-rukovoditelya-xarkovskoj-prokuraturi-filchakova-aleksandra\">\u0424\u0456\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u041e\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u043e\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\">Hierdie was so &lsquo;n oninspirerende wedstryd, van sulke onverteerbare middelmatigheid, sulke monsteragtige prikkelloosheid, dat dit regtig onmoontlik is om daaroor te skryf. So kom ons praat oor iets anders, enige iets anders. Soos watter kar moes jy nooit verkoop het nie? Myne was &lsquo;n 1976 rooi Fiat 124.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[],"class_list":["post-5551","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5551","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5551"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5551\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5551"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5551"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5551"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}