{"id":5546,"date":"2009-08-30T01:59:18","date_gmt":"2009-08-30T01:59:18","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=5546"},"modified":"2009-08-30T01:59:18","modified_gmt":"2009-08-30T01:59:18","slug":"die-springbok-het-gekom-gesien-afgeslag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=5546","title":{"rendered":"Die Springbok het gekom, gesien, afgeslag"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Die Steyn-visier het die lang vlug van Durban af oorleef en die telling was 7-0.&nbsp; Minute later, met die Wallabies wat strawwe verdrukking in hulle eie gebied beleef het, het Morn&eacute; Steyn vir Jaque Fourie soos &lsquo;n voorlaaier oorgehaal en toe op die regte breukdeel van &lsquo;n moment afgevuur. Die buitesenter het die Aussie-verdediging soos &lsquo;n snoek oopgevlek en het onder die pale gaan punte maak. Dit was tog &lsquo;n deel van ontdekkings en een daarvan was dat Morn&eacute; die Metronoom tog vel en vlees is en hy skop die maklikste skop in sy Bokloopbaan skoon mis.<\/p>\n<p>Die res van die wedstryd was nie juis &lsquo;n riller nie.&nbsp; Dit was eerder &lsquo;n misterie waarin die geheimenisse van Kiwi-skeidsregter Bryce Lawrence se skrumbeslissings deur die twee kapteins, John Smit en George Smith, moes ontrafel word. Die Da Vinci Kode verskil met Lawrence se Geheim juis daarin dat daar oplossings is vir die vrae in die Kode. Die Bok-pak het egter deurgaans die verkeer s&oacute; beheer dat Lawrence se arbitr&ecirc;re interpretasies tydelike irritasies eerder as wedstrydsinkers was. Tog het die geil oes strafskoppe die Wallabies in staat gestel om asem buite hulle gebied te skep en Matt Gitau het, eenkeer met krag en eenkeer met voetvlugheid, twee drie gedruk. Maar die Springbokke se nuutgevonde terugslaanvermo&euml; in ag geneem, was dit net &lsquo;n kwessie van tyd voordat die Wallabies ernstige skade sou ly &ndash; en dit het gekom deur twee Bryan Habana drie&euml;, gesmee uit die skroot van Aussie-blapse wat deur volgehoue Bok-druk afgedwing is.<\/p>\n<p>Uiteindelik was dit &lsquo;n soort wiskunde van punte oor tyd en dit was duidelik dat die Wallabies nie die spel vinnig genoeg sou kon herwin om &lsquo;n oorwinning asof uit niks te maak nie. Die Springbokke kon ontspan, soveel so dat hulle twee Australiese drie&euml; laat in die wedstryd kon aflag. Pieter de Villiers kon sy lieflinge, vernaamlik Adrian Jacobs op die veld bring, wat net weer die gehalte van die opdrafspan onderstreep het. Die vaste vyf het die aarde laat bewe, die losvoorspelers het alles gelak wat beweeg het en die agterlyn het glad gevuur, met veral daardie voetboller, Ruan Pienaar, wat ordentlik gesweepslag het op heelagter.<\/p>\n<p>Die eindtelling van 32-25, met &lsquo;n vierdriebonuspunt, is presies deur die Bokke volgens bestelling afgelewer.<br \/>&nbsp;<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/italiasvet.ru\/novosti\/20-linejnye-svetodiodnye-svetilniki\">\u0441\u0432\u0435\u0442\u043e\u0434\u0438\u043e\u0434\u043d\u044b\u0439 asd<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/other\/2017\/10\/13\/189150.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px; width: 172px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/burger_schalk_rugbytoetsaus20090829.JPG\" width=\"172\" height=\"240\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Schalk Burger in aksie tydens gister se Drienasiestoets<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Agterna het al wat &lsquo;n naas is te s&ecirc; gehad dat die Springbokke t&oacute;g iets uit hulle oorwinning oor die Wallabies geleer het. En die stukkie opvoeding? Dat, in die Gesnorde se vlugvoetige woorde, geen span dit kan bekostig om nie vir tagtig minute nie te speel nie. Dan moet &lsquo;n mens s&ecirc;, as die Springbokke net vyftig minute nodig gehad het om die Aussies kas toe te stuur, vir watter rede op aarde sal hulle hulleself uitsit vir n&oacute;g &lsquo;n halfuur. Ruik die rose terwyl jy kan&#8230; Eintlik was die uitslag redelik voldonge na ongeveer 14 minute se speel&#8230; waarin Fourie du Preez gedoen het wat &lsquo;n skrumskakel aanges&ecirc; word om nie te doen nie &ndash; neem &lsquo;n tikskoppie al is die pale binne Morn&eacute; Steyn-reikafstand, jaag die verdedigers een kant toe op &lsquo;n knop en pluk homself anderkant toe en oor die doellyn vir &lsquo;n uiters astrante drie.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[87],"tags":[6300,6302,6301,6303,171,4881,21114,21101,4883,6304],"class_list":["post-5546","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c78-rugby","tag-die-springbok-het-gekom","tag-die-springbokke-het-afgeslag","tag-die-springbokke-het-gesien","tag-fourie-du-preez","tag-gustav-venter","tag-morn-steyn","tag-c78-rugby","tag-s25-sport","tag-springbokke","tag-wallabies"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5546","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=5546"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/5546\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=5546"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=5546"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=5546"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}