{"id":552,"date":"2007-06-16T00:00:00","date_gmt":"2007-06-16T00:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=552"},"modified":"2007-06-16T00:00:00","modified_gmt":"2007-06-16T00:00:00","slug":"gaping-tussen-internetgebruikers-groei","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=552","title":{"rendered":"Gaping tussen internetgebruikers groei"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Die digitale w&ecirc;reld is &#8216;n verdeelde een. Terwyl daar baie ho&euml; penetrasievlakke vir bre&euml;bandverbindings in Europa, Noord-Amerika en ho&euml;-tegnologie ekonomie&euml; soos di&eacute; van Suid-Korea is, bly Afrika, soos heelwat ontwikkelende lande, agter. Daar is dikwels in ontwikkelende lande nie eers &#8216;n telefoondiens nie, dus is internettoegang nie &#8216;n opsie nie.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Die VSA bly steeds die voorloper in bre&euml;bandgebruik met 60 miljoen intekenare vanjaar. In die tweede plek is China met 56 miljoen. &#8216;n Jaar gelede was dit egter 41 miljoen gebruikers en na wat verwag word sal hulle Amerika teen die einde van die jaar verbysteek om die grootste bre&euml;band mark ter w&ecirc;reld te word.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">China het skielik momentum gekry, s&ecirc; marknavorsers. Meer mense het in die eerste drie maande van 2007 as bre&euml;bandinternetgebruikers aangeteken as in enige ander eerste kwartaal. Die toeloop word deur ekonomiese veranderinge en nuwe regeringsriglyne verklaar.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">China se groeiende middelklas beskou &#8216;n bre&euml;bandverbinding as &#8216;n statussimbool. Die Chinese regering wil andersyds graag die platteland toerus met rekenaartoegang en is besig met grootskaalse projekte om dit te realiseer.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Natuurlik help die voorbereidings vir die Olimpiese Spele wat aanstaande jaar in Beijing gehou gaan word ook om die belangstelling gaande te hou . Die regering het intussen afgekondig dat elke huishouding in Beijing oor &#8216;n ho&euml;spoedverbinding moet beskik wanneer die Spele afskop.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Japan is nommer drie op die ranglys met 26,5 miljoen gebruikers. Daarna volg Duitsland met 16 miljoen en dan Frankryk met 15,3 miljoen. Frankryk het &#8216;n paar lande soos Suid-Korea in die bre&euml;bandresies verbygesteek met &#8216;n fenomenale 9% toename. Suid-Korea het tans 14,1 miljoen gebruikers in die vyfde plek.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">In die sesde plek is Brittanje wat danksy die hewige kompetisie tussen <em>Sky <\/em>en sogenaamde &quot;gratis&quot; bre&euml;band verskaffers soos <em>TalkTalk<\/em> &#8216;n groei van 6,4% in die mark gesien het. Wat die persentasie van huishoudings betref is daar egter net 55% wat van &#8216;n ho&euml;spoedverbinding gebruik maak en in daardie opsig is die VK besig om terug te gly na die sewentiende plek.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">In Suid-Korea is byna 90% van alle huishoudings met &#8216;n bre&euml;bandverbinding toegerus. Ook in Hong Kong, Monaco en Macau waar die bevolkingsdigtheid asook verdienste hoog is. In die VSA is dit net onder 53%, in die vier-en-twintigste plek. In China staan die persentasie op 14,35% en in Indi&euml; op 1,15%. Indi&euml; het &#8216;n geraamde 200 miljoen huishoudings.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Oos-Europa suig steeds aan die agterspeen in Europa, maar het nogtans groeipotensiaal getoon. Veral in lande wat onlangs by die EU aangesluit het was belangstelling effens groter. Kroasi&euml; het &#8216;n ongelooflike toename van 25% gewys! Ook Griekeland en Indonesi&euml; het gegroei, maar penetrasievlakke bly laag.<\/p>\n<p align=\"justify\">Heel agter in die ry staan Afrika. Net Suid-Afrika, Soedan, Senegal en Gaboen het die lys gehaal. Die meeste nie-Arabiese lande het nie eens geregistreer nie. Suid-Afrika het 215 000 huishoudelike bre&euml;bandgebruikers en Soedan het 3000. In Noord-Afrika lyk dit effens beter met Marokko wat 418 000 gebruikers geregistreer het en Egipte 240 000.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\"><\/p>\n<p>  <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/fruit-shop\/\">shop games free<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kh.depo.ua\/rus\/kh\/2016\/01\/prokuratura-rozsliduye-nezakonnu-rekonstrukciyu-pam-yatnika-arhitekturi-v-centri-harkova-20170504566196\">\u0410\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u0412\u0430\u0441\u0438\u043b\u044c\u0435\u0432\u0438\u0447<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Een uit elke vyf mense in die w&ecirc;reld het &#8216;n ho&euml;spoedinternetverbinding maar die gaping tussen diegene wat dit het en die res, groei. Internetvideo-uitsendings en maatskaplike netwerke het ook dramaties toegeneem danksy die 300 miljoen ho&euml;spoedinternetgebruikers.<\/p>\n<p>Die sukses wat <em>YouTube<\/em> behaal het is alombekend, ook in Suid-Afrika. Duisende ure se film is al op die net vasgel&ecirc; oor enige onderwerp onder die son. Al is meer as &#8216;n miljard mense aanlyn waarvan &#8216;n derde snelgroeiende toegang tot vinnige verbindings het, is dit nie &#8216;n uitgemaakte saak dat die internet die oorblywende byna ses miljard mense ook gaan bereik nie.<\/p>\n<\/p><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089],"class_list":["post-552","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/552","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=552"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/552\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=552"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=552"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=552"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}